…en nou sit jy met haar opgeskeep op ‘n moer vervelige date. Jy is doodseker sy sal vir IEMAND ‘n baie nice vrou wees, maar defnitief nie vir jou nie. En soos dinge vir jou lyk is sy mentally besig om die strooimeisies se rokke te beplan. Face dit, dis soms nogal moeilik om van ‘n girl ontslae te raak never mind dat dit half onaangenaam is. So hoe doen jy dit??
Well, never fear when Da Mario is near, daar is dinge wat jy altyd op kan vertrou om haar te vertel wat sy nie gaan like nie, so hier is my public service announcement vir die week:
Hoe om ‘n girl gracefully die hasepad te laat kies, oortuig dat sy haarself ‘n guns gedoen het….
- Ek het afslag gekry toe ek die tweede keer in rehab was. Maar ekis nou 6 weke skoon en ek is seker dit sal nie weer gebeur nie…
- Ek is nogal geworry oor my vorige girl. Sy het nogal siek geword na die geboorte van die tweeling…. ek wonder of ek haar genoeg onderhoud betaal??
- Ek is nogal senuweeagtig vanaand. Dis my eerste date na die hofsaak klaar is, maar ek sweer ek was nie skuldig nie. In elkgeval het die doos gesoek daarvoor….
- As daai blonde pop daar anderkant oorkom en vra wie jy is, sê net hierdie is ‘n besigheids-ete.
- Ek lewe vir my 3 Rottweilers en my Harley. In daai volgorde.
- Ek trek nogal gereeld rond, op daai manier is dit baie moeiliker vir die krediteure om my op te spoor. By the way, sal jy mind om hiervoor te betaal as my kredietkaart nie wil deurgaan nie?
- My Ma is absoluut desperaat dat ek nou moet begin trou. Sy soek 6 kleinkinders.
- My familie kan nie wag om jou te ontmoet nie. Dis letterlik jare sedert ek laas ‘n girl huis toe gevat het.
- My Ma was nogal uitgefreak toe sy al die Hustlers en die boeie in my kamer ontdek.
- My Ma sê sy kan nie wag dat ek eventually ‘n girlfriend kry nie, sy sê sy is nou al nogal gatvol om my wasgoed te doen…
- Ek like stripshows kwaai. Ek vind hulle ‘n moerse turn-on vandat ek 13 was!
- Ek dink mense bad en was hulle lakens hopeloos te gereeld.
- Ek kan net nie my blyplek netjies hou nie, maak nie saak hoe hard ek probeer nie.
Hehehehe… so daar is hy! Noudat jy alreeds so paar corny pic-up line memoriseer het, memoriseer nou sommer so paar let-down lines ook. Jy weet nooit wanneer jy dit dalk mag nodig kry nie….
En sommer vir fun, los hier in die comments gerus nog so paar idees oor wat julle girls baie vinnig sal laat besluit om maar eerder nie weer met ‘n ou op ‘n date te gaan nie!
18 responses so far ↓
BB // April 29, 2008 at 7:22 am
Let-down lines is vir little men, DM…
Da Mario // April 29, 2008 at 7:27 am
BB…
Dis hoekom dit ‘n “public service anouncement” genoem word!!
Jy weet mos hulle is orals (ons ken mos ten minste een “little man” met ‘n groot blog), en miskien kan ek iemand help wat eendag so iets nodig het…
Ve’staan djy??
BB // April 29, 2008 at 7:51 am
Ek sê mos: ”
” x
platterfuss // April 29, 2008 at 9:04 am
Eish…..
Wipneus! // April 29, 2008 at 9:51 am
whaahaaha DM briljant, ek gaan dadelik vir my 2 seuns die link stuur, hulle vra altyd die vraag vir my!! Ag, blogging maak my lewe so maklik, sorteer sommer my huislike probleme ook uit
netjane // April 29, 2008 at 9:51 am
‘n Hele paar van hierdie sinne sal my erg laat kriewel… Laat my aan die fliek “How to lose a guy in 10 days” dink.
Johan Swarts // April 29, 2008 at 9:54 am
Wag, hoe kan die een werk: “- My Ma is absoluut desperaat dat ek nou moet begin trou. Sy soek 6 kleinkinders” as jy dit gesê het: “Jy is doodseker sy sal vir IEMAND ‘n baie nice vrou wees, maar defnitief nie vir jou nie. En soos dinge vir jou lyk is sy mentally besig om die strooimeisies se rokke te beplan.”
Jasper // April 29, 2008 at 9:54 am
Ek moet vanaand my troetel pofadder se tande loop knip. Hy’t gisteraand die bure se kat dood gebyt….
Da Mario // April 29, 2008 at 11:01 am
Johan…
Ek sien jou punt. Daai sal dalk nie die beste ding wees om haar te vertel nie, netnou aanvaar sy die aanbod!!
TristonJ // April 29, 2008 at 11:14 am
“Ek kan nie wag vir jou om my vrou te ontmoed… sy soek al so lank iemand wat met die huis en kids kan uit help!”
Meermin // April 29, 2008 at 11:36 am
Hie hie Triston!!
duskant // April 29, 2008 at 1:49 pm
Ek verneem dit sal ‘n meisies nogal uitfreak as jy vir haar sê dat sy jou aan jou ma herinner…gepraat van, die eerste en laaste keer wat ek ‘n meisie actually rerig afgesit gekry het was met die opmerking: “ek het noudiedag ‘n baie insiggewende insetsel op TV gesien oor tieners wat nog geborsvoed word…”
Rustig // April 29, 2008 at 5:08 pm
Jy is my eerste “date” na my “sex change”!
TristonJ // April 29, 2008 at 6:28 pm
Whahaha… ek wil sien hoe my ex daai een handteer!
kaalvoetinireen // April 30, 2008 at 3:08 am
Whahaha! Ek sal ver weghol vir meeste van die bogenoemde…Wat van”die plek se kos is 10 keer beter as die “big house” s’n” OF enige iets anders related to jailtime…
Eben // April 30, 2008 at 6:35 am
Geen comments, ek dink net daardie arme girl se oe?? Die absolute verbasing as daar van die ‘gesegstes’ moet uitkom!!
demoerin // April 30, 2008 at 8:54 am
Uitstekend. Is daar ‘n “printer friendly version”?haha. Wat van: Kan ek vanaand van jou onderklere leen? Ek doen elke week so ‘n showtjie.
kaalvoetinireen // April 30, 2008 at 11:43 am
ROFL!!!!!
Leave a Comment