Vanaand is ek by Deur die mikke op Loftus. Saam met my “It’s complicated”-girlfriend. (Sorry, jy moet op Facebook wees om daai joke te vang…)
Gisteraand was ek in Hatfield vir my kareoke fix. So ek is nie vanaand by O’Hagens nie. Ek is by Loftus. Klink ek al opgewonde?? En dan kom ek natuurlik huis toe.
Check julle daai kant… en lekker lang naweek okay!
22 responses so far ↓
netjane // April 30, 2008 at 1:48 pm
Lekker naweek hou - hoop nie dis te complicated nie, of is dit hoe jy daarvan hou?
demoerin // April 30, 2008 at 2:54 pm
Eintlik is complicated mos lekker. Hou dinge interessant?
kaalvoetinireen // April 30, 2008 at 3:08 pm
Complicated en deurie mikke se jy…mmmm…
geniet dit!
Wipneus! // April 30, 2008 at 4:48 pm
Complicated? Daar moet complicated vrouens ook wees
TristonJ // April 30, 2008 at 6:39 pm
Geniet die lang naweek en die show sommer baie! My kans om te gaan het deur die mat geval so ek is skoon jaloers!
Emil // April 30, 2008 at 8:56 pm
Geniet dit en die lang naweek. Ek’s seker o’Hagans gaan nie weg nie. Hel, ek moet ‘n slag opvlieg en kom aansluit!
TristonJ // May 1, 2008 at 11:58 pm
mykopop // May 2, 2008 at 12:38 pm
Ek wil nou nie my nek hier uitsteek nie, maar kry ‘n mens vroumense wat…
uhum, complicated is?
Geniet jou langnaweek, klink of jy gaan!
Meermin // May 4, 2008 at 6:44 pm
Vir my was die show heerlik het die regtig geniet, ek en Koos het omtrent heel voor op die field standing gestaan!!
René // May 5, 2008 at 4:12 pm
Nee man mater - is jy nogsteeds “deur die mikke”?
Sterkte vir die week!!
TristonJ // May 5, 2008 at 7:38 pm
DM as ek nie binnekort my daaglikse doses van jou geklets in kry gaan ek van my kop af gaan
netjane // May 5, 2008 at 7:49 pm
Hy speel seker hard to get met ons TJ!
Wipneus! // May 5, 2008 at 8:10 pm
Nou wat nou? Hou jy nog steeds naweek DM ?
Jasper // May 5, 2008 at 10:44 pm
DM is occupied…
en sy is mooi
kang4roo // May 6, 2008 at 3:43 am
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
IF YOU NEED A BLOG, DONT FORGET TO SEE WEBSITE “Leoxa.com”
(The Themes Is Very-very Beautiful & Also Able To Place Adsense)
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
happytheclam // May 6, 2008 at 8:47 am
DM hoe was die mikke ding toe? Shaim ne, nou’s arme Steve in die hospitaal ek is seker dit het iets te doen met die feit dat jy by die konsert was
Jenny // May 6, 2008 at 10:10 am
Sies happy, dis ‘n ernstige ding wat Steve makeer, dis nie nice om te spot nie!
mmm… ja nee Jasper, ons het niks anders verwag nie… LOL…
DM, waaaaar’s jy? Jy moet nou en dan opkom vir asem jong!
René // May 6, 2008 at 12:50 pm
Nee hel pel, start daai parafien laptop van jou op dat ons weer ‘n slag ‘n post kan kry!!!
meermin // May 6, 2008 at 12:51 pm
DM jy kan seker nie nou nog by Loftus wees nie, ek het jou nie gesien nie, maar by the way - waar is jy??? HALLLLLO ANYBODY HOME!!!
platterfuss // May 6, 2008 at 2:31 pm
ek wag en wag en wag…. En ons sien niks!
Da Mario // May 6, 2008 at 3:04 pm
Jong, wat wil jy sien?? Ek gaan nie ‘n foto van my die “it’s complicated”-girlfriend plaas nie, Jasper weet hoe sy lyk, glo maar sy comment hierbo!!
happytheclam // May 6, 2008 at 3:31 pm
Jenny, dis die siek ding van ons hier in SA, geneig om te spot oor al wat ‘n tragedie is. Merk my woorde, die ‘wat het met Steve gebeur’ grappies gaan binnekort die rondte begin doen. Hulle het al klaar op Jakaranda vanoggend begin . . .
Leave a Comment