Da Mario se gepraat…

Entries from May 2008

Ek’s siek…

May 28, 2008 · 25 Comments

Ek’s afgeboek tot Vrydag.  Ek voel soos ‘n hond, ek’s lekker siek.  En die meds hou my nie juis wakker nie, en ek voel nie vreeslik slim nie.  So ek het nie slimmighede om kwyt te raak nie.  Ek gaan net slapies…

Catch ya all later!

Categories: Sommer praat...

Polities gesproke…

May 27, 2008 · 11 Comments

Politiek is ‘n ding waarmee ek nou nie juis myself ophou nie.  Die redes is baie, maar die mees belangrikste vir my is seker my totale gebrek aan respek vir politici.

 

Either way, ek lees soms dinge wat my laat wonder.

Soos byvoorbeeld die uitsprake van die Agbare Minister van Landbou tydens haar begrotingsrede in die Parlement om ‘n goeie voorbeeld te noem.  Terwyl ek baie simpatiek staan teenoor die politieke redes vir die herverdeling van landbougrond in Suid-Afrika is dit tog ‘n kwessie waarin die ANC ongelukkig liederlik gefaal het.  En na 14 jaar faal hulle steeds om praktiese en daadwerklike oplossings te vind vir ‘n bestaande probleem.  Hulle pogings tot dusver was beswaarlik suksesvol en nou spring die Minister op die ou wa en… blameer Apartheid. 

Volgens haar eie erkenning is dit nie swart boere se skuld dat hulle misluk nie, maar Apartheid se skuld.  Jinne liewe Minister, jou regering het al ‘n hele generasie skoliere gelewer!  Hoe lank wil jy mense iets leer voor hulle iets weet, hoe lank wil jy “skills transfer” voordat jou onbeholpe boere verstaan plante groei met water en dat jy sekere tye plant en sekere tye oes? Almal van hulle wat hulleself “boere” noem het ‘n lappie mielies voor sy hut gehad in die Transkei, hy het geploeg met ‘n donkie en water aangedra vanaf die rivier of gewag vir die rëen.  Hulle kan boer.  Die probleem is hulle wil nie kommersiëel boer nie.  Want dan kan jy nie 75% van die dag op jou gat sit en kakpraat nie.  Jy moet werk.  Komaan Minister, daar is kinders op skool wat meer weet van boer as jy!  En onthou nou, volgens die Minister is dit nie hulle skuld dat hulle nie kon skoolgaan en leer lees en skryf en wat nog alles nie.  Dit was Apartheid se skuld.  (Ignoreer maar vir eers die feit dat dit jou nie help om skole af te brand as jy iets wil leer nie.)  Maar wat stel die Minister voor?  Dat 80% van vrugbare landbougrond in onbekwame hande (haar eie erkenning) geplaas word?  En wat gaan dan gebeur?  Gaan ons kos en produkte invoer vanaf die buiteland?  Wie gaan daarvoor betaal met watter geld?  Wie gaan die onbekwame boere bekwaam maak?  Wat gaan gebeur met voedselpryse as ons skielik 80% minder produseer? 

 

Kan die Minister vir een oomblik effe Noord kyk en vir die mense verduidelik hoekom Zimbabwe se grondhervormingsplan nie gewerk het nie?  Of verteenwoordig dit wat in Zim gebeur vir haar sukses?  Dit verteenwoordig welliswaar politieke sukses op die kort termyn want jy bereik jou onmiddellike doelwit, maar dit vernietig ‘n nasie en sy ekonomie en lei tot die val van die politieke hoofde.  Gaan vra maar vir Bob.  Hy kan net die mag hou as hy genoeg gewere het.  En ook dit is ‘n kort termyn oplossing.  Hy het lank gelede reeds sy gat gesien, die werklikheid begin nou eers net al harder praat.  Of maak dit nie veel saak as Suid-Afrika ook so uitdraai nie omdat jy wat Minister is dan reeds jou oorsese bankrekeninge gevul het met die nodige hoeveelheid Dollars sodat wanneer die popo die fan stike jy op ‘n vliegtuig kan hop en kan gaan “adviseur” in ‘n ander (selfs dommer) Afrika land?  Dink jy dat jy iewers welkom gaan wees?  Behalwe miskien in Haiti….

 

Mens kan seker ook maar sê dat dit nie haar skuld is dat sy so onbekwame minister is nie, dis Apartheid se skuld.  So wil iemand nie maar ‘n Minister aanstel wat NIE skole afgebrand het nie….

 

Categories: Sommer praat...

Jy is OWNED boetie!

May 26, 2008 · 20 Comments

So hier’s dit Maandag. 

En vanaand is die slot episode van Grey’s Anatomy.  Ek voel sommer hoe die trane besig is om so stadig maar seker op te wel… maar vanaand sit ek my selfoon af, gryp ‘n pak chips en bak pop-corn en ‘n liter koeldrank of so en gaan absoluut net mooi flippen nêrens heen nie.  Behalwe saam met my snacks snoesig onder ‘n kombers in.  Ek wil/gaan die laaste episode van die reeks nie mis vir enige iets nie! So as jy ‘n super-sexy girl is, moenie eers daaraan dink om sonder klere by my huis op-pitch nie want jy sal dink ek is gay en jy sal voel jy het moontlik al jou sex-appeal verloor.  (Oraait, nou nie dat hierdie juis ‘n algemene gebeurtenis is nie…. :roll: ) Maar none the less… vanaand is dit ek en my TV.  Ons het ‘n date.  ‘n Serious date.  Ek en die TV en snacks.  En Grey’s.  En ek voel nie eers ‘n bietjie skuldig nie.  Okay? Okay.

Nou ja, die naweek was toe heel rustig terwyl ek dit ALLEEN saam met die kids spandeer het, geen groot gebeurtenisse om oor te rapporteer nie, ons het lekker gekuier en gespeel en Jordan is so slim soos die houtjie van die galg en (verbeel hy hom) ‘n meester op die gebied van pogings tot emosionele manipulasie.  Sondae saam met my seuns behels baie gereeld ook TV en WWE so ek begin nou al actually agterkom wie is Triple-H en wie is Edge, ek ken nou vir John Cena en die Undertaker baie goed en ek weet Randy Orton en Batisda is gebou soos min, spierpaleise om mee rekening te hou.  Verder is niemand amper swanger nie en die kids was happy en het al hulle kossies mooi geëet.  Ek lei aan MSB en het sommer ook nog ‘n simpel verkoue iewers gekry en die huis lyk alweer asof ‘n orkaan die plek getref het, maar aangesien dit vanaand Grey’s is sal ek maar vir eers dit ignoreer en myself waarskynlik môreaand verwens.  EK wou nie gisteraand te veel opruim nie want ek was eers besig met OWNED! op Facebook.  O ja, as jy dalk wonder, ja ek het soms die geneigdheid om obsessive compulsive te wees oor goeters.  Dit behels meestal ‘n girl in my lewe en haar besonderse kurwes, maar met die huidige omstandighede wat hulle is, (nee… moenie eers vra nie), is my obsessie op die oomblik om ‘n multi-miljoenêr op OWNED te raak.  Mind you, ek is seker reeds een, maar soos die meeste ander dinge in die lewe is te veel van ‘n goeie ding absoluut briljant.  Ek sê julle, as dit nie vir daardie application was nie het ek seker bittermin ooit op FB gekom. So die van julle wat hier lees en nie saam speel nie, jy is square okay.  Hoop jy voel nou skuldig en kom join my…

Nou ja, hoop julle elkeen het een wonderlike week… wanneer is die volgende lang naweek nou weer?

Categories: Sommer praat...

Hot or not?

May 24, 2008 · 10 Comments

For the girls.  And women.

 

…is hierdie nou oulik?

Categories: Sommer praat...

Nog Army stuff…

May 23, 2008 · 5 Comments

Danksy Soldaat en Gert het ek op my eie ook so trippie down memory lane geneem. 

Ek het oorspronklik ingeklaar by 4 SAI op Middelburg.  ‘n Meg Infantry eenheid.  En so 2 weke later is ek gekeur vir JL-opleiding en is ek toe Infanterie Skool toe, op Oudtsoorn.  (Vir die volgende 10 jaar of so het ek moeite gedoen om NIE weer naby Oudtsoorn te kom nie…)  Anyways, na my tydjie daar is ek uitgeplaas na 3 SAI op Kimberley en dit het ook tydjies ingesluit wat ek en die peleton Pietermaritzburg toe is om daar diens te doen in die mini-burgeroorloggie wat daardie tyd geheers het tussen Inkhata en die ANC in die KZN Townships.

Dit was tydens een van hierdie ontplooiings dat ons vroeg die oggend uit Kimberley weg is en aangesien die wapenstoor nog gesluit was, het ek die haelgeweer wat aan my uitgereik was in my kas toegesluit in my kamer.  Anyways, in Pietermaritzburg was ons deel van die Reaksiemag wat vinnig moes ontplooi in noodtoestande.  Op een so Sondagoggend is ons toe haastig met die Buffels in Township toe en in die proses stop die drywer in die voorste Buffel by ‘n rooi verkeerslig.  En ek dink by myself “Wat’s sy fokken probleem?” Ons is die Reaksiemag, ons moet ontplooi en klaarkry, dis ‘n Sondagoggend en daar is skaars verkeer in die strate en hy staan en mors tyd deur by verkeersligte te stop.  Ek klim toe maar op die radio en kak die Korporaal uit en toe hy nou nog wil hanna-hanna toe staan ek maar op in die Buffel en skree vir hom hy beter vir sy drywer vertel om te ry voor ek van my Buffel afklim en hulle altwee kom donner.

So gesê en so gedaan.  Die ontplooiing verloop goed en ons maak sakke en sakke vol dagga en tradisionele wapens en guns bymekaar.  Die Polisie konstabel wat saam met ons loop wil omtrent ‘n hartaanval kry elke keer as ons in ‘n huis instap en die plek deursoek sonder ‘n lasbrief en was nogal heel vocal daaroor, tot ek hom herinner het dat ek actually ‘n offisier in die Weermag is en dat hy dalk maar eerder moet stilbly of eenkant moet staan as sy gewete hom so erg pla.  Ek dink die moer was ‘n ANC outjie want somehow het hy net gemoan as ons wapens konfiskeer in die ANC deel, hy was opmerklik stil as ons die Hostels binne gevaar het…  Maar hey, ons is suksesvol en die operasie verloop goed en ek ignoreer sy klagtes.

So 3 dae later laat weet hulle my die Kolonel soek my in die TB.  Daar aangekom en hy kak my uit vanaf ‘n kant omdat ek die Staande Orders geignoreer het.  Watse staande orders wonder ek toe effe te hardop.  Oi… fire and brimstone…. toe verwys hy al die tyd na die drywer wat oor die rooi lig gery het! Klaarblyklik het een of ander lugafweer Brigadier of something ons gesien terwyl hy oppad was Kerk toe die Sondagoggend, en by ons eenheidsbevelvoerder gaan kla.  En in hierdie preses toe wen ek amper vir myself ‘n goeie opfok…

Seker so week later en die Kolonel laat my weer kom, die keer na sy kantoor in die Eenheid.  Hy wil weet of een of ander nommer vir my iets beteken.  Ek sê nee hel, dit klink nie bekend nie, wil hy my nie asseblief ‘n tip gee nie.  Hy noem die woord “haelgeweer” en dat ‘n baie spesifieke gun missing in action is.  Die ene wat aan my uitgereik is.  Daar was ‘n oorname by 3 SAI en ‘n nuwe Majoor neem oor en nou is daar ‘n gun missing en waar is die ding?  Nee verduidelik ek heeltemal verniet, hy is in my kamer toegesluit in my kas, patrone en al.  Ek het net my R4 hier by my, daar was nie nog tyd vir guns inhandig toe ons uit Kimberley is nie en buitendien was die Staf van die wapenstoor nie beskikbaar nie en toe het ek die ding maar self toegesluit.  Ag hemel, ek dog die Kolonel kry ‘n beroerte net daar agter sy lessenaar….

Nou ja, baie goedjies het maar altyd hier en daar in die Army gebeur, maar eventually het ek besluit dis nie heeltemal vir my nie, die wyse waarop hulle die reëls toepas en hulle alewige onbeholpenheid en burokrasie was bietjie te veel vir my.  Maar andersins was dit nie ‘n slegte tydjie nie.  Anyways, dis beter om daaraan te dink as om actually daar te wees op ‘n permanente basis. 

Maar ek is bly ek was darem daar. 

Categories: Sommer praat...

…no words…

May 22, 2008 · 17 Comments

Way back in the early 1980’s a song called “Words” by F.R. David was a huge hit.  The first time I sang this song was in 1985 and it was in a library, for a girl I liked.  She had to ask me, way back then I wasn’t as confident with girls as I am these days, so I humoured her.  Anyways, getting to the immediate point, sometimes words actually ain’t enough.  Sometimes things are best left unsaid. Sometimes less is more, or so I’ve heard.  Therefor, without making any speeches, I’ll just post a song and some pictures and leave it at that. 

(more…)

Categories: Sommer praat...

Afskeep possie. (…sorry…)

May 21, 2008 · 19 Comments

So bietjie update:

EK het vir baie lank nie vreeslik baie op Facebook gekuier nie.  Toe herontdek ek egter weer daai “Owned!” application wat hulle daar het, en nou speel ek al so paar dae vreeslik lekker daarmee. 

Die werk wil nie juis minder word nie, so ek post bietjie ongereëld, sorry daaroor.  Dis hoekom hierdie net ‘n vinnige update post is, om te sê ek lewe nog.

Ek skuld vir Jane ‘n foto van my Matriekafskeid.  Uhmm… hulle is missing iewers by my Ma.  Ek het egter ander ou foto’s gaan soek, en die beste wat ek kan doen is toe ek so 19 jaar oud was.  Dit was net na die Army, ek sal hulle iewers try scan en later opsit.  Sorry Jane, dis die beste wat ek vir nou kan doen!!

Weens effe onvoorsiene omstandighede sal ek nie vanaand kan gaan Kareoke nie.  En dis nie asof ek ‘n ander date het nie.  Grrr… :mad:

Danksy so ander oulike girl wat ek ken, het ek nogal gewonder oor hierdie foto… lees daai sign op die hek en try dit uit figure!! :???:

….oraait, en dis eers dit.  Meer nuus en ‘n ordentlike post volg later…. of môre…

Lekker dag julle!

Categories: Sommer praat...

Ek en so bietjie rooi…

May 19, 2008 · 20 Comments

Dis soms lekker om so tydjie te spandeer voor ‘n kaggel.  Met ietsie rooi en lekker in die hand onder ‘n duvet.  Saam met iemand spesiaal, in stilte…. net saam…. wat is lekkerder as om tyd te spandeer saam met iemand vir wie jy werklik omgee?  Iemand waarmee jy connect op ‘n diep en besonderse vlak sonder om werklik te probeer.  Dis nie altyd maklik nie en dis nie altyd moontlik nie, maar ons kan droom. Dis nie altyd voor ‘n kaggel nie, dis nie altyd onder ‘n duvet nie en dis nie altyd by een of ander romantiese setting by ‘n peperduur lodge se roosblaar bestrooide honeymoon suite nie.  Soms is dit in die naaste NewsCafé oor ‘n Liquid Coccaine en Savanna Light, soms is dit in ‘n kantoor, soms is dit in een of ander coffee shop om die hoek.  Dis daai tyd wanneer die ure omvlieg soos minute, wanneer jy kan chat en kuier en as jy weer sien is dit nie 15 minute wat verby is nie, dis 2 ure… dis dan wat jy besef jy het nie eers die oppervlak gekrap nie, never mind iemand diep geraak. 

Om ‘n enigma te wees is nie om NIE te deel nie, dis nie om doelbewus geheimsinnig te wees nie, dis om te deel sonder dat dit wat gedeel word ooit opraak.  Dis twee mense saam, gebind iewers dieper as die oppervlak, dis net ek en jy wat deel en kyk waarheen dit gaan.  No pressure.  Want ons weet van beter…

Want jy sien, net miskien…. net miskien…. ja, net miskien is fairytale love werklik waar.  En sal jy dit ooit wil mis as dit is?

Categories: Sommer praat...

Litnet Blogs.

May 18, 2008 · 14 Comments

Nou ja, ek het maar ou Soldaat se uitdaging aanvaar en toe ‘n blog gaan begin op Litnet ook.  Een kyk na die interface en een post en ek dog ek is terug op Noag se Ark.  :roll:
Anyways, as jy belangstel gaan check dit uit okay.

http://litnetblogs.24.com/ViewBlog.aspx?blogid=bb9da650-a498-4f65-b127-b3f22f42ca07

Moerse link, weet nie hoekom dit nie net doodeenvoudig korter kon wees nie…. :???:

 

Categories: Sommer praat...

Mission.

May 17, 2008 · 19 Comments

Ek is op ‘n mission.  Ek dink ek gaan 10 dvd’s koop.  Dis hulle hierdie:

1.) Sleepless in Seattle
2.) City of Angels
3.) Sweet November
4.) Notting Hill
5.) Four weddings and a funeral
6.) Great expectations
7.) Don Juan de Marco
8.) Armageddon
9.) Autumn in New York
10.) Meet Joe Black

Ek sien toevallig vanaand op Movie Magic 2 weer die fliek Notting Hill. Met Hugh Grant en Julia Roberts. En op ‘n stadium stap hulle in die straat af en hulle sien ‘n parkie wat toegesluit is. ‘n “Private Garden”. En hy sukkel om oor die heining te klim nadat sy voorstel dat hulle gaan kyk hoe dit lyk en na ‘n gesukkel is hulle eventually binne. En hy is effe geirreteerd en wonder hardop wat binne hierdie tuin kan moontlik al die moeite werd wees… en toe draai sy om en soen hom. En onmiddellik weet hy wat die moeite werd is.

Beautiful stukkie daai….
 

Categories: Sommer praat...