Hier is nou vir my so effe van ‘n truksvy van ‘n onderwerp, maar na so paar skuins opmerkings daaroor en so bietjie in promptu navorsing, sal ek tog maar ietsie daaroor skryf in die openbaar.
Iemand het eendag gesê dat as jy die woord “threesome” noem en jou girlfriend of vrou moer jou nie onmiddellik met ‘n swaarboompot oor die kop nie, dan moet jy weet dat sy ontvanklik is vir die voorstel. Nou binne verhoudings het ek nogal ernstige bedenkinge oor hierdie storie, maar kom ek ignoreer vir ‘n oomblik my persoonlike gevoelens.
Wat sal girls verkies? Uit my manlike oogpunt, sal ‘n threesome slegs aanvaarbaar wees indien dit ek met twee girls is. Wat de hel wil ek nou maak met een girl as daar nog ‘n ander ou ook is?? My limited navorsing het egter daarop gedui dat indien ‘n girl wel vir so iets sou gaan sy eerder sou wou gehad het dat daar twee mans is wat haar spoil, i.p.v. net ene. Meeste girls is nie juis lus om die ou te deel met ‘n ander girl in die omgewing nie…
Wat my bring by ‘n ander punt. As twee Lessies mekaar begin soen, of selfs twee girls wat bi is, dan sal ouens vinnig nader staan. Dis nogal ‘n turn-on… (hey, Lessies is hot), maar wat as twee dudes mekaar soen?? Ek sal gril tot in my tone, sal girls ook?? So hoekom vind mans dit nogal stunning as twee girls hot raak oor mekaar, maar girls nie as twee mans mekaar gryp nie? Wat is fout met ons om te dink twee girls, wat inherent dan van mekaar hou, nogal hotstuff is - want die feit dat sy ‘n ander girl soen beteken juis dat sy nie vir jou gaan val nie? Ja mans is lekker dom ek weet, maar buiten dit? Het iemand ‘n verklaring?
Maar terug na die eintlike onderwerp. Ek hoef sekerlik nie vir die dudes wat hier lees te vra nie, maar verkies jy ‘n threesome saam met twee girls, of een girl saam met jou beste pal? En vir die girls, verkies jy jou beste vriendin saam met jou en net een dude of eerder twee ouens saam met jou alleen?
En o ja, soos ekke moet jy dalk ook maar jou werklike gevoelens oor hierdie onderwerp ignoreer. Ek weet bitter min mense sal gaan vir so iets (ek dink die meeste van ons gryp na daai swaarboompot), maar indien jy nou moet kies, waarvoor sal jy eerder gaan?
Nou ja toe, geniet julle threesome-lose Woensdag… 
…..of as jy ‘n girl is en hom het, hoekom het jy my nie flippen genooi nie….
Categories: Sommer praat...
Ek gesels onlangs met ‘n vriendin, en die gesprek dwaal so tipe van na die onderwerp van die verskillende maniere hoe ouens verhoudings beëindig. Ek bedoel, daar is seker heelwat verskillende maniere hoe jy ‘n girl kan vertel dat sy nou nie meer die enetjie is onder wie se bed jy jou skoene gaan skop nie….
Een van die meer drastiese wyses is waarskynlik om te sorg dat sy jou saam met haar beste vriendin in die bed vang…. maar ernstig nou, vir julle girls, wat is die beste manier vir jou om hierdie somtyds slegte nuus te hoor?
Twee ander vriendinne vertel my dat hulle nie sommer vir ‘n ou sal vertel die verhouding is verby nie, hulle sal gereeld baie hard skimp of dinge doen soos om nie terug te bel nie of om hom net te begin ignoreer, maar klaarblyklik vang ouens nie te gereeld sulke skimpe nie. En sommiges hoor glo nie eers as hulle reguit vertel word dis verby nie. Nou ja, dis nogal twee ander girlies daai, en ek dink hulle smaak in ouens is soms effe weird, maar wie is ek nou om te oordeel?
Wil jy as girl nie maar net reguit die waarheid vertel word nie? Verkies jy dit nie eerder as ‘n ou jou vat en jou maar net op ‘n mooi manier probeer vertel dat hy dink dis verby nie, dat hy nie langer kans sien vir ‘n verhouding met jou nie? Is dit nie beter om die waarheid te hoor as wanneer hy miskien eers vir hom ‘n ander girl organise en jou dan later meedeel dat hy jou los omdat daar nou iemand anders is nie?
Die einde van verhoudings maak altyd seer en dis nooit lekker nie, maar ek dink dat mens genoeg respek vir die persoon moet hê om hulle die waarheid te vertel. Leuens is vir my, soos ‘n goeie vriendin dit onlangs stel, ‘n dealbreaker. En ek dink selfs teen die einde, wanneer jy nie meer kans sien vir daai gorgeous girl wat jy hoe lank gedate het nie, dat jy haar maar die waarheid kan vertel oor hoekom jy haar nie langer kan sien nie.
Dis nie lekker nie, en dis nie maklik nie, so vertel my… hoe verkies ‘n girl om die nuus te kry? Gee my jou opinie, of maak ‘n keuse uit die lysie wat ek hier sit.
a) Vertel haar vriendin en hoop sy dra die nuus oor.
b) Verneuk haar met haar beste vriendin en sorg dat sy uitvind.
c) Vertel haar die waarheid oor hoekom jy die verhouding beëindig.
d) Vertel haar ‘n storie wat die waarheid verbloem, maar jou loskry.
e) Vertel haar dis nie sy nie, dis jy….
f) Pick gereeld ‘n fight en wag dat sy jou dump.
g) Stel ‘n 3-some voor.
h) Jou eie keuse, so los ‘n comment!
Categories: Sommer praat...