Ek gesels onlangs met ‘n vriendin, en die gesprek dwaal so tipe van na die onderwerp van die verskillende maniere hoe ouens verhoudings beëindig. Ek bedoel, daar is seker heelwat verskillende maniere hoe jy ‘n girl kan vertel dat sy nou nie meer die enetjie is onder wie se bed jy jou skoene gaan skop nie….
Een van die meer drastiese wyses is waarskynlik om te sorg dat sy jou saam met haar beste vriendin in die bed vang…. maar ernstig nou, vir julle girls, wat is die beste manier vir jou om hierdie somtyds slegte nuus te hoor?
Twee ander vriendinne vertel my dat hulle nie sommer vir ‘n ou sal vertel die verhouding is verby nie, hulle sal gereeld baie hard skimp of dinge doen soos om nie terug te bel nie of om hom net te begin ignoreer, maar klaarblyklik vang ouens nie te gereeld sulke skimpe nie. En sommiges hoor glo nie eers as hulle reguit vertel word dis verby nie. Nou ja, dis nogal twee ander girlies daai, en ek dink hulle smaak in ouens is soms effe weird, maar wie is ek nou om te oordeel?
Wil jy as girl nie maar net reguit die waarheid vertel word nie? Verkies jy dit nie eerder as ‘n ou jou vat en jou maar net op ‘n mooi manier probeer vertel dat hy dink dis verby nie, dat hy nie langer kans sien vir ‘n verhouding met jou nie? Is dit nie beter om die waarheid te hoor as wanneer hy miskien eers vir hom ‘n ander girl organise en jou dan later meedeel dat hy jou los omdat daar nou iemand anders is nie?
Die einde van verhoudings maak altyd seer en dis nooit lekker nie, maar ek dink dat mens genoeg respek vir die persoon moet hê om hulle die waarheid te vertel. Leuens is vir my, soos ‘n goeie vriendin dit onlangs stel, ‘n dealbreaker. En ek dink selfs teen die einde, wanneer jy nie meer kans sien vir daai gorgeous girl wat jy hoe lank gedate het nie, dat jy haar maar die waarheid kan vertel oor hoekom jy haar nie langer kan sien nie.
Dis nie lekker nie, en dis nie maklik nie, so vertel my… hoe verkies ‘n girl om die nuus te kry? Gee my jou opinie, of maak ‘n keuse uit die lysie wat ek hier sit.
a) Vertel haar vriendin en hoop sy dra die nuus oor.
b) Verneuk haar met haar beste vriendin en sorg dat sy uitvind.
c) Vertel haar die waarheid oor hoekom jy die verhouding beëindig.
d) Vertel haar ‘n storie wat die waarheid verbloem, maar jou loskry.
e) Vertel haar dis nie sy nie, dis jy….
f) Pick gereeld ‘n fight en wag dat sy jou dump.
g) Stel ‘n 3-some voor.
h) Jou eie keuse, so los ‘n comment!
20 responses so far ↓
René // May 6, 2008 at 2:17 pm
Ek is nou maar eenmaal iemand wat graag die waarheid wil hoor - maak nie saak HOE seer dit maak nie!!
Die verskoning’tjies oor hoe goed ek eintlik is en hoe sleg hy is en hy my nie verdien nie en ek sal weer iemand anders kry wat my gelukkiger sal maak ens ens ens blah blah blah - het my al ordentlik verniel!! Dis CRAP CRAP CRAP!!!
Sien, die waarheid het ALTYD ‘n manier om uit te kom- en dan wanneer ek uitvind daardie persoon het net ‘n easy way uit ‘n moeilike situasie gesoek - slaan dit baie harder en dieper as wat die waarheid sou slaan, en is my vertroue totaal en al daarmee heen!
En ek dink nie dit geld net vir verhoudings nie Da, dit geld ook in vriendskappe!!
Celéste // May 6, 2008 at 2:25 pm
Alhoewel dit nie altyd so lekker is nie, is die waarheid maar die beste en dan kan jy sommer aan dié rede werk met ‘n volgende verhouding en nie weer dieselfde foute maak nie.
OF
Stel ‘n three-some voor met haar aartsvyand as partner.
kaalvoetinireen // May 6, 2008 at 2:59 pm
Ek stem 100% saam met Rene op die ene! So seer as wat die waarheid kan maak, si dit in my boekie nog steeds “the way to go” Al daai ander verskonings is CRAP soos Rene se en dit maak op die ou einde soveel seerder as jy daarna die waarheid hoor. Dit isnie altyd maklik om die waarheid te verklap nie, maar vir my is dit die beste en enigste manier.
Jy kan natuurlik net altyd die SKIM op jouself trek en verdwyn…
neykie // May 6, 2008 at 3:20 pm
c.
vertel my die waarheid en ek sal aangaan met my lewe moet net nooit die verskoning gebruik dis nie jy nie dis ek…. dis net plein weg laag.
happytheclam // May 6, 2008 at 3:20 pm
Waarheid is ‘n relatiewe term. Wat vir jou waar is, is waarskynlik nie vir die ander persoon ‘n reality nie. Maar om jou kant skoon te hou, sou ek sê maak soos die katoelieke, bieg, kry jou gewete skoon en gaap lang gape as sy haar kant van die storie vertel.
Persoonlik wil ek net weet wat ek gedoen het om dit op te bogger sodat ek nie weer dieselfde fout in die volgende verhouding maak nie.
3 some? Passop daarvoor, dis dalk net waarvoor sy gewag het
René // May 6, 2008 at 3:31 pm
By the way Da - hoekom moet jy haar juis met haar beste vriendin verneuk … hoekom nie sommer net iemand wat sy glad nie eers ken nie!? Dit sal seker dieselfde effek hê? Seer is seer!!
Jy kan natuurlik nie iemand as jou beste vriendin sien as sy bereid is om met jou boyfriend te pangelang nie? Né?
Jenny // May 6, 2008 at 3:45 pm
Wat van Vertel haar hoe jy voel (jou interpretasie van die waarheid, as jy dit so wil noem)
Daai 3-some ding is gevaarlik, sê nou net sy wou dit lankal voorstel maar was bang jy sou weghardloop
Beslis nie cheat met haar beste vriendin nie! Ekt my beste vriendin op daai presiese manier verloor… dis slegter as om die boyfriend te verloor!
Wipneus! // May 6, 2008 at 4:19 pm
Die waarheid sal doen.
sabrina // May 6, 2008 at 5:07 pm
Da Mario Briljante onderwerp!
kaalvoetinireen, weet jy wat gebeur met die ‘gedumpte’ persoon as jy ‘skim’ trek? Dit verneder daardie persoon wat jy probeer vermy tot in sy of haar diepste wese. Die ergste is; daardie persoon kan nie verstaan wat aangaan nie en sal aanhoudend terugkeer totdat sy of hy te laat besef dat die melk vir jou suur geword het. Very uglies! Very destructive! Very, very painful!
Neem eerder medeverantwoordelikheid vir die situasie waarin julle verkeer en speel oop kaarte; Jy kan die woorde gebruik; Ek moet getrou bly aan myself en ‘ons’ werk nie meer vir my nie, dus verkies ek om alle kontak te verbreek of …….
Dankie DM dit het eenkeer met my gebeur en my arme hart het dit skaars oorleef!
netjane // May 6, 2008 at 5:09 pm
Die waarheid, maar meeste mans (hoe veralgemeen ek nou!) is goed met daai nommer d…
En moet dit tog net nie oor die foon doen nie!
Maar bogenoemde is blote spekulasie, geen man sal my mos ooit wil los nie
Da Mario // May 6, 2008 at 7:16 pm
Netjane…
Hehehehe, ja nee kyk, wie sal so gorgeous girl soos jy ooit wil los??
Ek is ook maar ‘n voorstander van eerlikheid. Dis soms MOER onaangenaam om daai gesprekkie te hê, maar Sabrina soos jy sê, mens moet getrou bly aan jouself, en as dinge nie meer werk nie dan werk dit nie. Dit maak dit egter nie minder seer nie, want jy ervaar dit tog altyd as verlies en mislukking.
En dis nooit lekker nie…
Wat my egter tref, was die opmerkings oor threesomes. Ek dink dis waaroor my volgende post sal gaan…
Wipneus! // May 6, 2008 at 8:41 pm
Da Mario
TristonJ // May 6, 2008 at 8:58 pm
OK ek gaan hier met Happy saam… wees eerlik maar vertel darm vir die girl waar sy skeef geloop het, daar is niks erger as daai self twyfel veral as jy gedink het jy doen dan als reg…
kaalvoetinireen // May 7, 2008 at 5:41 am
Sabrina, ek WEET wat gebeur as iemand in ‘n skim verander! Ek het die stelling half tong-in-die-kies gelaat.
Ek sal meer die bliksem in wees vir my beste vriendin as vir die ou wat my met haar verneuk het! Dis mos nou waar ek nie kwaad sal gaan slaap nie maar sal wakker bly om my revenge planne te beraam
Sabrina // May 7, 2008 at 6:21 am
Voetjies-wat-die-aarde-soen; solank mens liggies trap en kneus; word die groei nie versteur nie.
Die band wat my aan hom gebind het was Liefde; nadat ek uiteindelik die boodskap gekry het, het ek hom met daardie gesindheid vrygelaat, want in my hart is daar nie plek vir wraak of wrok nie.
I did not attack; merely expressed what I experienced.
meermin // May 7, 2008 at 7:12 am
DM Angie het met ‘n ou uitgegaan nou onlangs nog, en die Werner het haar uitmekaar gevloek, hy bel haar sy moet soos in nou by Wonderpark by die flieks kry, ek vat haar toe, en raai wat, daar staan hy en ‘n ander girl en vry!! In die openbaar! Dit het Angie gebreek, toe ons loop, skreeu hy vir haar sy is ‘n p*%s gesig bitch! DM kyk maar ek draai daar om, ek het hom storm geloop en baie lelike goed vir hom terug gegil!! My juf’tjie is tans stukkend oor die d()()s!
Da Mario // May 7, 2008 at 7:26 am
Mmmm… dis extremely sad as ouens sulke varke uitdraai Meermin. Wat ‘n regte klein idioot was hy nie gewees nie, want ek dink jy het ‘n pragtige dogter. Dat jy hom nie te lyf gegaan het nie… ek dink dis nou een van daardie tye wat ek actually die laaitie baie hard sou moer. En nie gaan sleg voel daaroor nie…
duskant // May 7, 2008 at 8:59 am
Klink seker cliche maar ek glo nogals dat oop kommunikasie tot die einde belangrik is, ook met die oog op die “herstelproses”. Ek traai maar altyd om net eerlik te wees met die meisie…en met eerlik bedoel ek reguit en duidelik maar nie lelik nie. Wat ek bedoel is dat meisies en ouens soms nodig het om te hoor “dis verby, vir altyd, daar is geen kans dat ons weer bymekaar sal kom nie”…die seerste wat ek al gekry het was waar dit absoluut verby was maar tog is ek hoop gegee…
Parenthesis // May 7, 2008 at 10:04 am
The answer to this question depends on whether you are a man, or a mouse. If you’re a man, be honest - even if it means she hates you forever, and labels you as the biggest, most unfeeling bastard she has ever met and hates you from that day forward. At least you both know where you stand. If you’re a mouse [read coward], then e, f and g apply.
Honey // May 7, 2008 at 12:06 pm
Ek dink ook dis beter as jy net reguit vir my die waarheid vertel. Dis altd moer seer en ek sien nie die punt in om dit nog seerder en meer embarrasing te maak met ‘n verneukery nie. As jy wel iemand anders ontmoet en oop is vir ontwikkeling dan is jy mos nie meer lus vir die verhouding waarin jy is nie.
Ek se ook altyd sodra die gevoel jou kry dat ek nie meer die een vir jou is nie moet jy my maar liewer reguit se en ons kan met reskek vir mekaar uitmekaar gaan.
Maar bewaar sy siel as hy rondle…..ek trek a bobbit op myself hoor. Vir sy eie veiligheid maar…….
Leave a Comment