Da Mario se gepraat…

Vryheidsdag!

May 9, 2008 · 24 Comments

Dis dalk effe tong in die kies, maar vandag is my herdenking van Vryheidsdag!

Ek bedoel, my eie persoonlike Vryheidsdag, my onafhanklikheidsviering, my ek is alleen-dag.  Ek sal teen so net na 11 vanoggend vir presies 365 dae single wees want ek is laasjaar op hierdie dag geskei.  Ek gaan delf vroeër in hierdie blog se argiewe rond en lees die post wat ek laasjaar geskryf het, so baie dinge het intussen verander…
Dis ‘n weird gevoel actually, daar is nie meer sprake van enige groot gevoel van verlies nie en dit is ook nou nie eintlik enige iets om besonders opgewonde oor te wees nie.  Ek dink dis maar eintlik net ‘n herinnering, een wat my op ‘n pad gebring het waar ek die afgelope jaar baie wonderlike mense leer ken het, en waar ek baie oor myself geleer het - weer van voor af. 
Dit voel wel asof ek ‘n besonderse vriendin bietjie te min sien, maar so loop die lewe soms met mens snaakse draaie.  Vir my persoonlik sou dit lekker gewees het om jou vandag te kon stick vir ‘n lekker lunch iewers, as ek ‘n paar smiles met jou sou kon deel oor ‘n koeldrank. 

So hey, gooi vanmiddag ‘n dop op my of knak ‘n biertjie of twee op my saam met jou braai en vier maar saam met my Vryheidsdag!  En weet ek kan onthou met ‘n smile….

Categories: Sommer praat...

24 responses so far ↓

  • Wipneus! // May 9, 2008 at 8:03 am

    Cheers op Vryheidsdag! :lol:

  • René // May 9, 2008 at 8:25 am

    Oi, kom daar nou baie memories van moeilike dae terug!! Ek het hierdie pad saam met jou gestap Da en ek weet waardeur jy is!! En ek wil dit nie sê nie maar ek kan net nie anders nie…

    I TOLD YOU SO!!!

    Op die ou end is jy toe heel OK en het jy ‘n beter/sterker mens aan die anderkant uitgekom!!!! Ek sal vanaand weer ‘n Kaapse rooiwyntjie op jou klink!! Tjorts! :mrgreen:

  • Meermin // May 9, 2008 at 8:32 am

    Op Vryheidsdag!! Sal vanaand ‘n Sweet Rosè Wyntjie op jou vryheid gaan sluk!

  • demoerin // May 9, 2008 at 8:57 am

    Op Vryheisdag! ‘n Bewys dit kan gedoen word! Sal later ‘n goeie botteltjie rooi oopmaak!

  • Jenny // May 9, 2008 at 9:03 am

    Op vryheidsdag, DM, Cheers! enige verskoning om ‘n goeie botteltjie rooi te knak ;)!
    Moet sê, as ek terugdink aan die possies wat jy verlede jaar om en by hierdie tyd geskrywe het, het jy ‘n ver pad gekom, en dit alleen is werd om gevier te word!
    Bly om te kan byvoeg, jy klink of jy beter voel as gister.
    Geniet jou dag!

  • Emil // May 9, 2008 at 9:35 am

    Prost! Sal vanaand as die Pinot se prop pop vir ‘n flietende sekonde aan jou dink voordat ek van alles vergeet! En dan ‘n bietjie dink oor Marcus Aurelius: “Loss is nothing else but change, and change is Nature’s delight!”

    Rene, kaapse rooiwyn is die beste!

  • netjane // May 9, 2008 at 9:52 am

    Skål! Jy’s daardeur en jy gaan aan - good 0n you!

  • TristonJ // May 9, 2008 at 9:55 am

    DM op jou vreiheid!

    ps let jy op dat elke siel hierbo rooi drinkers is :lol:

  • Da Mario // May 9, 2008 at 9:56 am

    Thanks julle! :D

    Emil…
    En net nou die dag nog het ek ‘n stuk geskryf oor Marcus Aurelius en nou quote jy hom. Sulke toeval is altyd vir my die weirdste stuff!

  • kaalvoetinireen // May 9, 2008 at 10:03 am

    Hier in Korea sal dit ‘n Argentynse rooi wees (het die keer die SA wyn gemis op die rak)… Laat hy val waar hy wil, net nie op die grond nie ens!

    Heel toevallig is dit vandag “9 May” hehehe! ;-)

  • platterfuss // May 9, 2008 at 10:09 am

    Salute!!!!!!!

  • Dellie // May 9, 2008 at 10:27 am

    Op jou vryheids dag! Ek sal ‘n biertjie knak op jou.

    Hoor nou die dag hierdie ene:

    “Ek lei nou ‘n eenvoudiger lewe. Vrou gelos, hond gehou - tel nou net eenmaal ‘n week k@k op…” :wink:

    Lekker naweek, hoop jy voel al beter?

  • Die Gestorwe Soldaat // May 9, 2008 at 10:46 am

    Jislaaik! Julle klomp wyndrinkende pissies! ;-)

    Da, ek sal ‘n bottel Jack ernstig aanspreek! Ek glo GertGariep sal ‘n paar biere op jou knak. Oukei, dalk meer as net ‘n paar… En ek sal vir al die myners hier rond vra om hulle brannas-en-Coke glase hoog te lig op jou.

    Met al die wyn wat gaan vloei, moet iemand balans bring, anders gaan jy more ‘n helse kopseer hê… :lol:

  • Jenny // May 9, 2008 at 12:56 pm

    DGS, dis nie goed om jou drank te meng nie ;)!
    DM, hoop nie jy kry more al die drinkers se hoofpyn nie! Sal solank vir jou ‘n paar Aspro’s e-mail…

  • Emil // May 9, 2008 at 3:47 pm

    Nee wat DGS - sukkel erg om die whiskey-smaak baas te raak! Ek is gewoond aan druiwe. Kan nie strooi drink nie :lol:

    Watter post, DM? Ek soek en soek en soek. Kyk, daai Romeintjie was nie verniet Die Wyse Een genoem nie. Stuur my die post se link, asb.

    LOL Jenny, ek drink gereeld twee glase water en twee panado’s voor ek gaan slaap. Dit help met daai erg kopseer!

  • Nem // May 9, 2008 at 4:18 pm

    Hi sorry om van jou sorrow te hoor … was self daar 20jaar terug… daarna ….weer gesoek …..eers toe ek ophou soek toe bekruip die “dief” my een nag …. dis daai nuwe “dief” wat jy voor katvoet moet wees…. hulle is kwaai… moet net nooit vir die nuwe “dief” alles vertel nie…. hulle onthou alles… en gebruik dit later teen jou …. sterkte….

    ps. ek laaik my nuwe “dief” kwaai

  • Jo-Ann Schou // May 9, 2008 at 4:32 pm

    En toe was dit ‘n berg voor jou… Vier mens dit of rou mens ook ‘n stukkie? Hang seker af hoe graag jy wou vry wees en of jy so bietjie spyt is oor die jare wat verspeel is. Anyway, knak hom en geniet hom - ek gaan ook so maak. Ek vier hierdie maand 23 jaar van “verlossing”. (nou is dit verseker bevestig dat ek die ou tannie hier rond is :-) )

  • Da Mario // May 9, 2008 at 6:45 pm

    Emil…
    Hier is die link…
    http://dmario.wordpress.com/2008/03/11/last-of-the-pax-romana/

  • Tigerlily // May 9, 2008 at 7:33 pm

    Geluk met Vryheidsdag!
    Is dit ook nou ‘n vakansiedag?

  • Louisa // May 10, 2008 at 3:51 pm

    :-)

  • Melanie du Toit // May 11, 2008 at 1:11 pm

    Wow!! Dit was mooi! my ma&pa is op die dag geskei wat ek my lisensie gekry het.. (so 2jaar terug(en ek love bestuur!).so, nie eintlik ‘n dag wat ek wil onthou/vergeet nie..
    So, ek het gou eenkeer om die blok gaan ry vir jou, my pa en my ma (wat by the way, weer vandag trou met ‘n ander man…)

  • corlivandermerwe // May 11, 2008 at 2:06 pm

    Perspektief kom met die tyd saam het ek geleer. Eventually gaan die seer weg, al dink mens nie dit sal nie. Sterkte!

  • liezl // May 11, 2008 at 8:49 pm

    Sterkte. Jy’s op die regte pad as jy kan “onthou met ‘n smile”. ‘n Baie wyse iemand het die volgende woorde met my gedeel, jare terug - “I was fine before I met you, I’ll get along without you now”. Dink daaroor, herhaal dit baie, vir my het dit al die verskil in die wereld gemaak.

  • demoerin // May 12, 2008 at 7:51 am

    DM, hoop jy het toe die vieringe geniet, en nie met die somtotaal van ons babelasse gesit Saterdag nie! hahaha

Leave a Comment