Wat as jy geweet het, beyond a shodow of doubt, dat jy môreoggend om 8:37 sou doodgaan? Wat sou jy gedoen het, gekyk het, gedink het? Met wie sou jy gesels het? Sou jy gebid het, sou jy gelag het, sou jy kwaad wees of hartseer of miskien selfs verlig? Sou daar iemand gewees het wat jou hand vanaand sou wou vashou? Sou jy met al jou vriende wou gesels, sou jy die bestes los vir laaste of sou jy hulle eerste wou afhandel of sou jy net een iemand gekies het? Hoe sou jy jou tyd spandeer het? Wat sal jou laaste dag die moeite werd maak?
…of ‘n ander scenario…
Wat as jy een wens gehad het? Waarvoor sou jy wens? Vir geld, vir roem, vir ‘n besonderse talent? Sou jy gewens het vir iets spesifieks of iets generics? Sou jy daai wens gebruik het vir jouself of vir die mensdom? Of vir jou familie, of vir iemand spesiaal? Wat sou jy doen, hoeveel dinge is werklik die moeite werd om voor te wens? Werklik nou… hoeveel kan jy werklik voor wens?
…of ‘n ander scenario…
Wat as jy werklik verandering kon teweegbring? Wat sou jy gedoen het, wat in hierdie wêreld sou jy verander het? Wat sou jou legacy wees? As wat of wie of waarvoor sou jy jou naam in geskiedenisboeke opgeteken wou gehad het? Sou jy bekend wou wees? Sou jy wou gehad het mense oor twintig eeue van nou moet jou naam ken? What is worth achieveing?
…ek dink…
Ek dink ek sou my tyd saam met een spesiale persoon wou spandeer. Saam met iemand wat ek weet ek alles mee kan deel. Ek sou wou lag oor die dinge wat my gelukkig maak, ek sou fleetingly wou praat oor die dinge wat my hartseer gemaak het en oor verlies, en ek sou haar hand wou kon vashou sodat sy weet, in haar oë kyk en weet sy verstaan hoe ek voel. Ek sou wou wens vir tyd want dit sou nie help om vir die wêreld te wens nie, is dit nie reeds ‘n lost cause nie? Tyd om ALLES te ervaar, tyd is ons kosbaarste besitting. Jy sal vandag en hierdie oomblik nooit weer ervaar nie. Jy kan dalk naby kom, maar dis nooit ooit weer dieselfde nie. En ek sou wou verstaan. Alles wou kon verstaan. Ek sou my naam gekoppel wou gehad het aan ‘n metode wat mense maak verstaan. Geen misverstande nie, geen bakleiery nie, geen afguns en haat, want almal kan verstaan. En happy wees. Imagine the possibilities!
Wat ‘n wonderlik ingewikkelde gawe is die lewe nie.
Alive with possibility but haunted by eternity.
26 responses so far ↓
netjane // May 12, 2008 at 9:12 pm
Mooi post DM. Ek dink ek sou my wens spaar. En waarvoor wil ek onthou word? Iets soos jou verstaan metode (miskien moet ons saam daaraan begin werk?)
Jasper // May 12, 2008 at 9:17 pm
Ek dink ek moet more weer die ding kom lees..
daar is heeltemaal te veel vrae hierin vir my om hierdie tyd van die aand alles in te neem
Maar ek kan jou dit se, as dit is wat jy graag wil he in die lewe gaan sy ‘n baie gelukkige meisie wees
liezl // May 12, 2008 at 9:40 pm
Ek sou onder andere weereens vir jou se dat ek jammer is oor my kommentaar. Dat ek genuine sleg voel daaroor want ja, ek het dalk soos my dinges gelees. Kan ons dit nou agter ons sit, asseblief? Mooi post.
Da Mario // May 12, 2008 at 9:51 pm
Jane…
Goeie voorstel! Word ek sommer dadelik weer herinner aan hoekom ek jou like!
Jasper…
Thanks man, en ja… gaan slaap bietjie daaroor, ek hoor graag jou opinie!
Liezl…
Dis agter ons, klaar en verby - en thanks dat jy van die post hou! 
Apology accepted!
liezl // May 12, 2008 at 10:04 pm
Dankie! Jy sal dit dalk nie glo van iemand wat so bitsig was nie (onbesonne oomblik) maar jy’t my so pas van ‘n slaappil gered, sou heelnag rondrol as jy nie my verskoning aanvaar het nie. En tussen hakies: ek hou (sommer baie) van die oorgrote meerderheid van jou posts. Lekker slaap, weet ek sal.
netjane // May 12, 2008 at 10:24 pm
Ja ou DM, ek wil eintlik met iets skerps vorendag kom, maar my ogies kyk nie meer lekker nie, sal maar moet seker maak ek slaap vanaand in die messelaai en môre weer probeer…
TristonJ // May 12, 2008 at 11:11 pm
Ek sou my laaste dag op aarde met iemand na aan my hart wil deel… maar ook met my seun, my ma en almal wat ek lief het. ek sal wil terug kyk in die goed in my lewe saam met die wat my blydskap gedeel het maar ook my pyn. My wens sal wees vir Triston om gelukkig te wees… en my stempel op die lewe, om deur my kind, kleinkinders, familie en vriende onthou te word as iemand wat gelag het, iemand wat die lewe geniet het.
Meer as dit wil ek nie he nie… die wereld kan na homself kyk…
DM stunning post, soos altyd laat jy mens dink
demoerin // May 13, 2008 at 8:06 am
Hoop nie jy begin vandag skarrel as jy more doodgaan nie, every day to the full and no regrets! If your life-movie plays before your eyes just before you die, it should be something worth looking at!
My wens en werklike verandering sou wees dat SA vry moet wees van die vlaag van geweldsmisdaad.
Jaco // May 13, 2008 at 8:14 am
Baie diep post, veral gesien in die lig dat ons almal (veral mans - ek dink dit is ‘n ego ding) van tyd tot tyd wonder oor ons nalatenskap.
Gegewe die kort kennisgewing sal ek ook eerder my laate uurtjies saam met daai een spesiale persoon wou deel. My wens, hoe selfsugtig dit ook al mag klink, sal doodeenvoudig wees dat die mense wat my ken my sal onthou as iemand wat meestal die regte dinge gedoen het en dat ek ‘n man van integriteit was.
platterfuss // May 13, 2008 at 8:46 am
Eish, nice post….
Maar nie goeie dag om my te laat ‘dink’ nie…
((((DM))))
René // May 13, 2008 at 9:51 am
Ek sal verkies om nie te weet wanneer ek doodgaan nie … daarom probeer ek elke dag leef asof dit my laaste is!
My wens…
Let the children have a world
Where there is no pain or sorrow
Where they all can live tomorrow
And they share a brighter day
Let the children have a world
Where the people can be free
Where they all can join together
And their hearts will share a dream
Wipneus! // May 13, 2008 at 10:04 am
Ek het ook al baie hieroor gedink, my laaste oomblik sal ek saam my man en kinders wil wees, ons sal lag, huil en onthou van ons lewe saam…
ek sal graag onthou wil word as gelukkig in myself en die lag en geluk wat ek in ander se lewens agter gelaat het…
Baie mooi inskrywing DM
…my grootste wens… « Woestynsand tussen my tone // May 13, 2008 at 10:05 am
[...] 13, 2008 at 10:05 am (Uncategorized) Na aanleiding van Da Mario se post vanoggend … en my kommentaar, hier is die volledige liedjie wat ek aangehaal het! Ek [...]
René // May 13, 2008 at 10:25 am
Oja, ek worry nie veel oor waar my naam in die argiewe opgeteken staan nie - as dit die argiewe ooit MOET haal!!!
Ek wil net deur mense onthou word as iemand wat baie omgee en liefde na haar medemens uitgeleef het en ten minste ‘n verskil in een persoon se lewe gemaak het!!
(Mmmm, dalk moet ek maar vir Frank Botha vergewe soos “Naaste Liefde” op DGS voorgestel het?)
Die Gestorwe Soldaat // May 13, 2008 at 11:06 am
Hel… Dis woes diep… Soos ek myself ken, sou ek daai laaste dag op my eie wou wees. Vinnig koebaai sê vir almal, en dan verkas na ‘n rots waar die branders om my breek, die son warm op my brand en ek vir oulaas met my eie kopwurms kon worstel en vrede maak. Dalk moet so dag, met die wete dat jy more nie meer daar sal wees nie, gebruik word vir ‘n bietjie ontleding. “Wat was my bydrae hier…?”
But then again - ek mag dalk net besluit om fate ‘n toffie te druk, vir oulaas op 10 000 voet uit ‘n vliegtuig te spring en vergeet hoe maak daai valskerm oop. Hel, dalk selfs sonder die valskerm spring!
Live fast, die young (in a nice pair of shorts!) - dit was nog altyd my motto!
Mooi stukkie skryfwerk, Da Mario. Jy het my lekker aan die dink gesit vanoggend…
BB // May 13, 2008 at 11:52 am
Skat, as jy daardie vraag kan beantwoord (oor wat jy sal doen as jy ‘beyond a shadow of a doubt’ weet) - dan dwing dit jou amper om dit dalk net toe te pas: NOU! Hell, why wait until you think / know that you’re on your way out??
- or might it just be that only if the other party knew ‘without a shadow of a doubt’ you’d definitely be gone within 24 hrs, that they would actually make the time to spend with you and your reminiscence??
- ek praat ook nou nie van extreme mense nie, soos reeksmoordenaars en kamikazi pilots nie - ek praat van gewone mense soos ek en jy) - ek pas net een rule toe: “Let there be a little less of me… “, dan kom jy met almal (normal people) ewe goed klaar - no much need to understand then.
Ek het beslis nie al die antwoorde nie, maar ek wonder partykeer hoekom dit vir ons so ‘n groot issue is om mense te ‘verstaan’ - at the best of times verstaan ek myself nie aldag nie - (en ek praat nou nie van pms en being female
En as ek regtig belangstel om jou te verstaan, kan ek jou mos altyd vra?!
What is worth achieving? - as ek net een ding kan kies dan’s dit hierdie: as ek die beste ma is wat ek kan wees, dan achieve ek daardeur dat ek van 3 kinders uiteindelik 3 verantwoordelike, respectable, joyful volwassenes help maak het wat die legacy weer aan hulle nasate oordra…
Nice post! x
Meermin // May 13, 2008 at 1:04 pm
DM as ek maar net nou meer tyd gehad het om te dink, jy weet soos ek hier sit, werk nie een enkele brein sel nie. Laat ek maar probeer: Ek sou saam my kinders wou wees, want hulle twee is die twee mense op hierdie aarde vir wie ek baie baie lief is!
Baie mooi en baie diep post!
Ongelukkig moet ek nou hol, my lunch is amper verby en ons is toe onder die werk!
Celéste // May 13, 2008 at 1:29 pm
Ek sou almal se geheime waarvan ek weet aan elkeen wat wil luister verkondig en dan sal ek ‘n ieder en ‘n elk vertel wat ek nou regtig van hom/haar dink - no holding back.
Da Mario // May 13, 2008 at 2:15 pm
Hehehehe!!
Ja Celéste…
Celéste // May 13, 2008 at 3:15 pm
oopkop // May 13, 2008 at 3:18 pm
Ek dink ek sou alleen wou wees as ek dit moes weet. Dit klink seker vreemd.
Parenthesis // May 13, 2008 at 3:39 pm
My philosophy has always been “live every day as if it were your last - and someday, you’ll be right”
but yes, this set me to thinking - perhaps I’ll formulate and post a reply when I’ve got it fully digested. Hou so aan!
Jasper // May 13, 2008 at 8:17 pm
Ek het belowe om terug te kom na hierdie possie…
en hier is dit nou..
As my tydjie om is wil ek graag iewers in die berge saam met my gesinnetjie die laaste deel deurbring (Sonder pyn mind you). Mens leef so dikwels by mekaar verby en dit is seker nie moontlik om ‘n ewigheid se saamwees in ‘n paar uur in te pas nie, maar ek sal defnitief probeer….
Vir die wens ou ek seker my familie op die voor sit. Iets soos ‘n wens dat my familie en gesin onotnbeerd, gelukkig en finansieel onafhanklik deur die lewe kan gaan. (Dit is debateerbaar seker as 3 wense in een
)
Vir die derde scenario dink ek dit sou my meer pas om iets te begin waar my nasate die “legacy” positief oor tyd sou kon voortbou. Op die manier is dit oneindig…
sonkind // May 13, 2008 at 10:12 pm
Ek sou my laaste ure saam met my Liefie wou deurbring, maar ek sou net eers vir my kinders ‘n brief geskryf het om hulle te vertel hoe lief ek hulle het en dat hulle nie moet huil oor my nie.
Ek sou wens vir wysheid, want met wysheid sal die res vanself kom.
Ek sou in die geskiedenisboeke wou opgeteken staan as iemand wat kidners se lewens beter gemaak het, wat geveg het vir mishandelde en verwaarloosde kinders.
En ek is bly Liezl het vir jou verskoning gevra. Ek wou haar vanaand kom vertel het jy is eintlik ‘n marshmallow en baie “sweet”, en ek dink jy steek die regte, marshmallow jy soms net baie goed weg
Verskoon maar die bietjie “pop psychology” DM
Eternal questions …. « Random Burblings // May 14, 2008 at 2:57 pm
[...] Da Mario’s post yesterday picks this debate up from a slightly different angle. His post yesterday, also dealt with the eternal [80 million years give or take a day or two]. He approached from the here and now though. If you knew beyond a shadow of a doubt that you would be dead by this time tomorrow, how would you spend your last day on earth? With who, doing what? What legacy would you hope to leave behind? And if you could change one thing before you died, had one cosmic wish, what would it be? [...]
HappyTheClam // May 16, 2008 at 8:56 am
DM, nice post. My reply daarop sou ‘n 70’s lovesong wat oorspronkilik ‘n poem was wees: Liedjie se naam is ‘If’ en dis deur Bread gesing.
En ek sou saam met my kiddies wou wees vir elke sekonde van daai laaste oomblike en ure, net naby hulle, al is dit net om te sit en kyk hoe hulle speel en miskien, vir ‘n paar sekondes, weer die lewe te kan sien soos hulle dit sien: maak nie saak wat ek doen nie, daar is altyd mense wat lief is vir my. Dink nogal dis die geheim van die borrelende lag wat hulle het.
Leave a Comment