En raai… nee… hierdie keer praat ek nie van boobies nie!
Ek praat van die IPL krieket. En waarna ek spesifiek verwys is vanaand se game wat plaasgevind het in Eden Gardens, sekerlik een van die bekendste krieketvelde op hierdie planeet. En selfs meer spesifiek Shaoib Akhtar se toetrede tot vanaand se game, en veral sy opening spell van 3 overs waarin hy 4 paaltjies gevat het vir 11 lopies. En as jy opgelet het - en wat my veral impress het, is hoe Saurav Ganguly vir Shaoib gelukwens na daai paaltjies, en hoe mal die crowd gegaan het. En Saurav is van Indië… en die stadion is in Kulkatta, en Shaoib is van Pakistan…. you get the picture!
Wat ‘n fantastiese konsep is hierdie nie? Agt spanne, gelaai met ervare internasionale spelers uit verskillende lande, almal opgemix. Vanaand het A.B. de Villiers onder andere keeper gespeel vir Glenn McGrath. Wie sou so iets ooit kon imagine?? Ja… miskien gaan die liga oor geldmaak soos bossies, want alles vandag gaan maar eintlik daaroor, maar die konsep is wonderlik. Vyande gemix in ‘n nuwe span, tradisionele grense word gebreek in hierdie games, jy kan SIEN waaroor sport eintlik gaan. Die kompitisie, die trots, die jou-deel-doen vir die span. En in vandag se professionele era is dit amper te goed om te glo. Maar dit gebeur…
Imagine alle verskillende uitgangspunte (soos spelers vanuit verskillende lande) kon so maklik bygelê word. Wat ‘n wonderlike wêreld sou dit nie wees nie! Wat ‘n wonderlike plek sou ons nie nalaat vir ons kinders nie? En al wat ons kort is ‘n gemene deler. Daai spelers het krieket.
Kan ons nie net maar doodgewone menslikheid gebruik nie?
6 responses so far ↓
netjane // May 13, 2008 at 9:30 pm
Ek hoor jou Da! (Mis ek nou om bietjie krieket te kyk!)
Verskille is soms so maklik om te oorbrug, iemand moet net bereid wees om die eerste tree te gee.
Johan Swarts // May 14, 2008 at 1:52 am
damn, net toe my ander brein dink hier’s boobies. toe fnuik jy my :p
demoerin // May 14, 2008 at 7:42 am
sug…nou ja somtyds moet goed seker meer ernstig ook wees. haha
Elk geval, geniet daai IPL series ongelooflik, en ja, dit is wonderlik dat aardsvyande in dieselfde spanne opeindig. Menslikheid ja, en soos Emil gister uitgewys het, verdraagsaamheid.
meermin // May 14, 2008 at 12:28 pm
Lanklaas tv gekyk baie lanklaas krieket gekyk!
kaalvoetinireen // May 14, 2008 at 2:10 pm
wat is krieket? Kan ek dit op ‘n broodjie smeer??? Neewat, hier in Korea sit ek net agter my rekenaartjie geanker in die aand en ek weet nie eers of my tv nog werk nie so lanklaas het ek hom aangesit.
Emil // May 14, 2008 at 11:18 pm
Dis jammer - boobies is amper lekkerder as krieket. Sjoe, blasphemy!!
Die beste ding vir krieket in jare. Die beste ding vir sport in jare. Ek sien daar is sprake een of ryk Texan wil dit na Amerika uitbrei en iets soos die 7’s toernooie wêreldoor doen.
Leave a Comment