Da Mario se gepraat…

Naas V-Tec…

May 16, 2008 · 22 Comments

Vir die manne… en die cool girls!  ;)  

Loer hier, 0-100 in so 5,5 sekondes en 0-200 in so 18 sekondes. Daai Honda V-Tec rev darem maar lekker, 9000rpm is mos nie te versmaai nie!! :D

…en dan sommer nog ‘n lekker vinnige bike ook! 0-200 in so 6 sekondes, en dan ry hy tot so 300+….

Categories: Sommer praat...

22 responses so far ↓

  • TristonJ // May 16, 2008 at 8:40 am

    Lekker… ek sal nie mind om daai honda op die oop pad te toets nie :smile:

  • netjane // May 16, 2008 at 9:23 am

    Karre doen niks vir my nie - sê jy nou vir my ek is nie cool nie? ;)

  • Da Mario // May 16, 2008 at 9:27 am

    As karre niks vir jou doen nie… uhmmm… jip! :D

  • netjane // May 16, 2008 at 9:35 am

    :shock:

    /me gaan staan in die hoekie vir uncool mense

  • oopkop // May 16, 2008 at 9:41 am

    Jy’t my al probeer verduidelik van die V-Tec goeters. Ek verstaan nogsteeds niks. Jy’s nie alleen nie netjane.

  • Celéste // May 16, 2008 at 10:20 am

    Ek join netjane en oopkop in die hoekie. Karre en motorfietse doen dit net nie vir my nie.

  • netjane // May 16, 2008 at 10:26 am

    Lekker Oopkop & Celéste!

    Haha DM, jy verstoot al die girls! :mrgreen:

  • Da Mario // May 16, 2008 at 10:40 am

    Lol… :lol:
    Kyk net hoe vinnig klin daai speedo en waardeer ten minste dit. As vergelyking, kyk hoe stadig klim jou eie kar s’n volgende keer as jy iewers heen ry. Dis maar net lekker om te sien hoe baie krag daai goed maak! :D
    Oor die algemeen is julle nie te sleg nie, maar lyk my TJ is die enigste cool girl op die oomblik! ;)
    Anyways, Anja jok, sy het al net so lekker saam met my rondgery! :P

  • demoerin // May 16, 2008 at 10:56 am

    Ongelukkig kan my eie ou karretjie nou nie sulke lekker goete doen nie. Maar ai, het annerdag vriend se Audi 3.0TDi getestdrive. Daar is darem maar nie ‘n lekkerder gevoel as jy al 100 ry en jy dink jy trek nog weg nie!!

  • Celéste // May 16, 2008 at 11:08 am

    Slaan net ‘n lekker ou pothole met daai krag en spoed van jou dan kyk ons wie is nog so cool.

  • kaalvoetinireen // May 16, 2008 at 12:07 pm

    Ek love karre en veral bikes! Ek het ‘n ding vir spoed…die adrenalien wat deur jou are pomp as jy so vinnig om ‘n draai gaan is fantasties!!! Hier in Korea moet ek maar rollercoasters ry :-)
    Ek was so ruk terug by ‘n motorskou hier en dit was gr8!!!!

  • Da Mario // May 16, 2008 at 12:18 pm

    LEKKER!
    Nog ‘n cool girl! :mrgreen:

  • René // May 16, 2008 at 12:23 pm

    Ek is ook cool!! Maar ek is eerder ‘n Harley meisie - is nie REGTIG veel geworry oor die V-watse engins nie! Ek weet net my V6 Pajero-engin het lekker onder die boude gedreun as jy hom bietjie gas gegee het!! Die krag van daai ding is amazing! Hoedervleis tye!! Bygones natuurlik met die petrolpryse… :(

  • netjane // May 16, 2008 at 12:24 pm

    Ag nee man, hier’s nou veels te veel mense wat hulleself “girls” noem wat nou eweskielik van karre hou…

  • kaalvoetinireen // May 16, 2008 at 12:40 pm

    Wat sal ek se Jane? Ek is maar ‘n tomboy at heart al weet ek hoe om my soos ‘n girl te gedra ;-)

  • oopkop // May 16, 2008 at 12:52 pm

    Het al saam met jou gery ja, maar ek verstaan nog steeds nie die verskil tussen ‘n V8 en ‘n V-Tec nie, en julle mans lag as ek probeer verstaan wat die verskil is. ;)

  • Da Mario // May 16, 2008 at 1:50 pm

    Whahaha!! Ja ou Anja… :D
    Ek gaan nie weer try verduidelik nie… :P

  • Jenny // May 16, 2008 at 2:02 pm

    Janey, moenie alleen voel nie ;)!

  • demoerin // May 16, 2008 at 2:56 pm

    Daar praat Rene nou, daai geluid van ‘n Harley is darem maar enig in sy soort!

  • Wipneus! // May 16, 2008 at 3:49 pm

    Ek hou van ‘n ding wat vinnig kan ry!! :lol:

    Sorry Netjane maar hierdie girl is ge-issue met so “vinnige kar streep” wat my al baie duur te staan gekom het ;)

  • kaalvoetinireen // May 16, 2008 at 4:10 pm

    Wip, wat praat jy…ek het ‘n hele versameling boetes op ‘n stadium gehad en ek het so hard probeer om stadiger te ry! Die blerri bose geeste en hul apparaatjies is ook orals :evil:

  • Johan Swarts // May 17, 2008 at 2:11 am

    hmm…ek wonder of dit toast kan maak. ek sal honda toast nogal geniet teen 200kmph

Leave a Comment