Da Mario se gepraat…

Mission.

May 17, 2008 · 19 Comments

Ek is op ‘n mission.  Ek dink ek gaan 10 dvd’s koop.  Dis hulle hierdie:

1.) Sleepless in Seattle
2.) City of Angels
3.) Sweet November
4.) Notting Hill
5.) Four weddings and a funeral
6.) Great expectations
7.) Don Juan de Marco
8.) Armageddon
9.) Autumn in New York
10.) Meet Joe Black

Ek sien toevallig vanaand op Movie Magic 2 weer die fliek Notting Hill. Met Hugh Grant en Julia Roberts. En op ‘n stadium stap hulle in die straat af en hulle sien ‘n parkie wat toegesluit is. ‘n “Private Garden”. En hy sukkel om oor die heining te klim nadat sy voorstel dat hulle gaan kyk hoe dit lyk en na ‘n gesukkel is hulle eventually binne. En hy is effe geirreteerd en wonder hardop wat binne hierdie tuin kan moontlik al die moeite werd wees… en toe draai sy om en soen hom. En onmiddellik weet hy wat die moeite werd is.

Beautiful stukkie daai….
 

Categories: Sommer praat...

19 responses so far ↓

  • kaalvoetinireen // May 17, 2008 at 5:57 am

    Nice lysie flieks daai….Sweet November was vir my moerse sad! Sal dit nie gou weer kyk nie. Notting hill is ‘n wenner fliek en City of Angels, wel ek hoef niks by te se nie. Beautiful!!!!

  • Pikkelik // May 17, 2008 at 8:35 am

    City of Angels is my gunsteling. Vir ‘n soen in ‘n Private Garden sal ek ook wragtig oor die heining klim - oepsie daisy and all - As dit die regte man is bygesê…

  • TristonJ // May 17, 2008 at 9:24 am

    Mal oor elke liewe een van hulle! Lekker DVD’s jag!

  • netjane // May 17, 2008 at 11:46 am

    Nice lysie! Ek stem met KVIR oor Sweet November - te hartseer! Mal oor Notting Hill. As ek Love, actually sien sal ek dit ook koop!

    Ek het eergister ‘n baie goeie aankoop gemaak in die 2 vir 99 deal wat hier in Swede aan die gang is: Forrest Gump & Shawshank Redemption. Dis amper so goed soos my vorige poging wat Pretty Woman & Dirty Dancing as ‘n combo opgelewer het.

    So kan al die girls by jou kom dvd kyk DM? (Of was dit van die begin af jou plan?)

  • Die Gestorwe Soldaat // May 17, 2008 at 12:13 pm

    Oi, Da Mario… Ek het daai selfde fliek gisteraand gekyk… Daai inskripsie op die bankie in die park… Iets soos “For June, who loved to sit here. From (?), who loved to sit with her…” (of so iets… ;)

    Diep…

    En dan “I’m just a girl, standing in front of a boy, asking him to love her.”

    Party dae suck dit om single te wees! ;-)

  • feetjieland // May 17, 2008 at 2:27 pm

    Almal my gunstelinge…maar City of Angels - my gunsteling gunsteling…..where does tears come from? Your emotions get to intense and then your body just weeps… en natuurlik die gedeelte waar sy vriend vir hom vra of hy nogsteeds mens sou word as hy geweet het sy gaan sterf..waar hy se : I would rather have had one smell of het hair, one touch of her lips that staying an eternity without it…..wow..

  • Wipneus! // May 17, 2008 at 3:52 pm

    Dm jy is ‘n romantiese ou nê? :lol:
    Geniet jou mission en rugby.

  • Da Mario // May 17, 2008 at 5:08 pm

    Jane…
    Ek organise solank ‘n pajama party…. ;)

    Soldaat…
    Dis twee beautiful quotes daai ja! Al wat meer suck as single wees, is indien jy actually ‘n girl het met wie jy tyd wil spandeer maar weens omstandighede nie kan nie. :???:

  • Parenthesis // May 17, 2008 at 6:37 pm

    Oh you big sop. I know you said you were a romantic at heart, but sjoe, a straight guy who likes chick flicks - I’m truly amazed :)

  • Emil // May 17, 2008 at 8:18 pm

    Is jy in ‘n sentimentele bui?

  • liezl // May 18, 2008 at 6:30 pm

    Gawe lysie… wat van Serendipity, Addicted to love (Meg Ryan op haar heel beste) en Wicker Park. Notting Hill bly maar ‘n algehele wenner!

  • liezl // May 18, 2008 at 6:32 pm

    Gawe lysie… wat van Serendipity, Addicted to love (Meg Ryan op haar heel beste) en Wicker Park. Notting Hill bly maar ‘n algehele wenner!

  • happytheclam // May 19, 2008 at 8:30 am

    DM, jy’s nie die dude wat ek gedink het jy is nie. En om te dink, al die jare het gedink dat jy obviously moet wees soos die company wat jy so ‘n hele paar jaar terug gehou het.

    Nie ‘n MCP soos ek gedink het nie, maar ‘n softie. Mens is nooit te oud om te leer nie en hier leer ek nou sowaar iets oor jou wat ek nooit kon imagine nie.

    Liezl, Serendipity is fantasties, stem saam oor daai een. Enige iemand al Princess Bride gekyk? My all time fav’!

  • demoerin // May 19, 2008 at 12:41 pm

    DM, watter slinkse planne beraam jy agter die lysie? Lyk of dit werk! hahahaha. Enige girls daar buite wat hou van skop, skiet, boomklim en bloed?

  • René // May 19, 2008 at 4:43 pm

    Jy het duidelik nog nie PS I Love You gekyk nie!!! Ek het dit nou al 5 keer gekyk - manlief het vir my die DVD gekoop en elke keer is dit net vir my WOW!! Dit leer jou jou lewensmaat op ‘n heel ander manier waardeer!

    Dis so mooi - in sy laaste brief aan sy vrou Holly probeer hy haar oorreed dat dit nou tyd is om aan te beweeg, sy het genoeg tyd gehad om oor sy dood te kom, en dat sy weer iemand moet liefhê! Hy sê toe vir haar in die brief - “You were my whole life, I was just a chapter in yours!” Ai, toe draai die kraantjies in my ogies darem weer wyd oop! *sug*

    Message in a bottle en City of Angel is volgende op my lysie - daarvandaan stem ek saam met jou lysie! Ek is ‘n sucker vir “chick”-flieks!

  • René // May 19, 2008 at 4:45 pm

    demoerin - as ek self die skop, skiet en boomklim kan doen … is ek in! Ek het baie opgehoopte frustrasies wat ek uit my sisteem moet uitbliksem!! Hehehe :mrgreen:

  • Da Mario // May 19, 2008 at 6:25 pm

    René’kie…
    Jip, “Message in a bottle” is net so brilliant!! Ek is ook mal oor daai movie….
    En daai lyntjie oor “You were my whole life, I was just a chapter in yours…” …. WOW… ek dink ek kan hom actually gebruik…. :sad:

    HappyTheClam…
    Jip… ek’s nie ‘n MCP nie!! :lol: Was ek ooit??
    En ek dink dis tyd dat ons weer ‘n kuiertjie het!! Ek’s dalk effe anders as wat jy nog onthou…. ;)
    Wat? Dis nou al 6 of 7 jaar?? :???:

  • happytheclam // May 20, 2008 at 7:21 am

    DM, ek verkies om nie te sê hoe lank is dit nie, ek dink ons gaan net altwee oud voel ;)

    Alhoewel ons daai dae baie saam gekuier het, het ek nie regtig jou leer ken nie. Jy was deel van ‘n package deal en ek het jou net aanvaar soos jy was, in daai dae. . . dom, jonk, dronk en vol st*nd :D

  • machiel // May 20, 2008 at 12:39 pm

    Sulke lysies flieks sê darem maar baie van ‘n mens…

Leave a Comment