Da Mario se gepraat…

Litnet Blogs.

May 18, 2008 · 14 Comments

Nou ja, ek het maar ou Soldaat se uitdaging aanvaar en toe ‘n blog gaan begin op Litnet ook.  Een kyk na die interface en een post en ek dog ek is terug op Noag se Ark.  :roll:
Anyways, as jy belangstel gaan check dit uit okay.

http://litnetblogs.24.com/ViewBlog.aspx?blogid=bb9da650-a498-4f65-b127-b3f22f42ca07

Moerse link, weet nie hoekom dit nie net doodeenvoudig korter kon wees nie…. :???:

 

Categories: Sommer praat...

14 responses so far ↓

  • Rustig // May 18, 2008 at 1:46 pm

    Ek het so bietjie gaan loer. Was maar flou en lyk nie lekker nie. Die ZIM$ 20 budget het nie ver gekom nie. Dalk kom dit nog reg.

  • netjane // May 18, 2008 at 4:28 pm

    Kry julle nie soos in ‘n blognaam by LitNet nie? En dis crap dat niks van die smiley goed werk nie en dat ek moes aansluit net om kommentaar te kan lewer.

    Maar ek lees jou daar ook! Sien, ‘n vriendin duisend. ;)

  • mykopop // May 18, 2008 at 8:16 pm

    Ek wou ook kommentaar lewer daar by jou, maar ek gaan nie op elke blogplatform op die planeet registreer om een kommentaar te kan lewer nie!

  • Da Mario // May 19, 2008 at 7:12 am

    Ek kan nie glo mens moet actually daar registreer om te kan comment nie!! :shock:

    Daai Litnet blogs vind ek geweldig frustrerend. WordPress se admin-page byvoorbeeld is STRATE beter as hulle s’n. Die comments daar werk nie so lekker nie, jy kan nie html tags gebruik nie en ook nie smilies nie.
    Nee wat, nie eers vir daai pryse wat hulle uitloof sal ek te gereeld daar gaan blog nie, selfs al is dit interessant om so paar van die blogs uit te check.

  • happytheclam // May 19, 2008 at 8:39 am

    Twee DM blogs? Beste Maandag nuus wat ek al ooit gehad het :)

  • Emil // May 19, 2008 at 9:29 am

    Hensopper. Oorloper!! :wink:

    But if you can’t beat them, join them!

    Ek sal dophou.

  • Die Gestorwe Soldaat // May 19, 2008 at 12:16 pm

    Hehehe! Ons trek lekker flak oor daai blogs! Dalk was dit ‘n tos idee… Dalk nie… Dalk kan ons vir 24.com oorreed om die WoordStoot-platform te begin gebruik. Dalk nie. Feit is dit: ek het ‘n behoefte om vir daai pretensieuse klomp LitNetters te sê hulle is nie my gewete nie, en nog minder my stem. Want dis wat hulle al te graag voorgee om te wees. Vandaar by blog daar. Ek abandon nie die WoordStoot-skip nie, dis te lekker hier, maar partymaal is dit lekker om op ‘n ander ou se grasperk te spin. Vra maar vir GertGariep. Op die ou einde gaan jy huistoe, kuier daar en drink jou biertjie daar. Maar net partymaal wil jy op ‘n ander plek gaan spin…

  • TristonJ // May 19, 2008 at 2:25 pm

    ek het gaan loer… eerlik ek is glad nie mal oor die hele opset nie…

  • Meermin // May 19, 2008 at 3:27 pm

    Baie donners stadig!! Wag nou nog vir die link om oop te maak!!! Eish!!

  • René // May 19, 2008 at 4:32 pm

    Ai Meermin - daar vat jy die woorde uit my mond!!!

    Ek het beter dinge om te doen as om te sit en kyk hoe die groen strepie onder op my skerm loop…!

    LitNet se blog is erg teleurstellend!

  • Da Mario // May 19, 2008 at 6:31 pm

    “Erg teleurstellend” is die beste wat ek oor daai klomp en veral die blog-interface kan kwytraak. Dis werklik TRAGIES!!
    Soos DGS dink ek dat ek net so rukkie daar sal bly om die “Heavies” te herinner dat hulle actually NIE namens my ook praat nie… :D

  • Johan Swarts // May 20, 2008 at 1:29 am

    ‘n mens sou sweer hulle het nog nooit van permalinks gehoor nie…

  • Jasper // May 20, 2008 at 8:21 pm

    Jinne,
    het nou gedink dit sal kewl wees om vir jou ‘n “comment” te los op jou blinknuwe litnet blog.
    Gerigistreer en als en toe vat news24 my die wereld in ver weg van jou blog af…

    nou griffel ek maar vir jou hier.

  • Corli van der Merwe // May 23, 2008 at 9:04 am

    Ek het ook maar `n bloggie daar oopgemaak (gesukkel). Ek love WordPress maar ek is groot vir die kans om nuwe vriende te maak. Maar dié is steeds my huis!

Leave a Comment