Da Mario se gepraat…

Ek en so bietjie rooi…

May 19, 2008 · 20 Comments

Dis soms lekker om so tydjie te spandeer voor ‘n kaggel.  Met ietsie rooi en lekker in die hand onder ‘n duvet.  Saam met iemand spesiaal, in stilte…. net saam…. wat is lekkerder as om tyd te spandeer saam met iemand vir wie jy werklik omgee?  Iemand waarmee jy connect op ‘n diep en besonderse vlak sonder om werklik te probeer.  Dis nie altyd maklik nie en dis nie altyd moontlik nie, maar ons kan droom. Dis nie altyd voor ‘n kaggel nie, dis nie altyd onder ‘n duvet nie en dis nie altyd by een of ander romantiese setting by ‘n peperduur lodge se roosblaar bestrooide honeymoon suite nie.  Soms is dit in die naaste NewsCafé oor ‘n Liquid Coccaine en Savanna Light, soms is dit in ‘n kantoor, soms is dit in een of ander coffee shop om die hoek.  Dis daai tyd wanneer die ure omvlieg soos minute, wanneer jy kan chat en kuier en as jy weer sien is dit nie 15 minute wat verby is nie, dis 2 ure… dis dan wat jy besef jy het nie eers die oppervlak gekrap nie, never mind iemand diep geraak. 

Om ‘n enigma te wees is nie om NIE te deel nie, dis nie om doelbewus geheimsinnig te wees nie, dis om te deel sonder dat dit wat gedeel word ooit opraak.  Dis twee mense saam, gebind iewers dieper as die oppervlak, dis net ek en jy wat deel en kyk waarheen dit gaan.  No pressure.  Want ons weet van beter…

Want jy sien, net miskien…. net miskien…. ja, net miskien is fairytale love werklik waar.  En sal jy dit ooit wil mis as dit is?

Categories: Sommer praat...

20 responses so far ↓

  • netjane // May 19, 2008 at 9:36 pm

    “…dis om te deel sonder dat dit wat gedeel word ooit opraak.”
    Hoe mooi sê jy dit DM…

  • TristonJ // May 19, 2008 at 10:08 pm

    Ai dit klink sommer vrek lekker! hoop jy het die deel baie geniet! Jy is heeltemal reg, dit hoef nie in so vrek romantiese plek plaas te vind… as mens eers aan die gesels raak vergeet mans tog van die setting, of hoe? :wink:

  • TristonJ // May 19, 2008 at 10:09 pm

    ooops… daai “mans” moes “mens” wees… :oops:

  • kaalvoetinireen // May 20, 2008 at 3:10 am

    it’s not about where you are, but who you’re with that matters…

  • happytheclam // May 20, 2008 at 7:29 am

    Altyd die pessimis en stem van verdoeming, dis nou ek, ne?
    Is dit nie maar in die begin altyd so nie? Daar is nie genoeg ure in die dag om oor alles te praat wat jy wil nie, die uitsien na elke oomblik (ai, as die kinders tog net kan gaan slaap… ;) saam.

    Ek moet herken, eerste keer in my lewe voel ek nou nog so oor iemand. The novelty didn’t wear off en dis die beste ding wat nog ooit met my gebeur het.
    En laastens, wanneer jy op die punt kom wat tot die stilte tussen julle gemaklik voel soos daai ou trui wat jy al van skooldae af het wat net reg pas, en die gesteelde soene oor die kinders se koppe meer beteken as die rooiwyn, DIS nou vir my waar die magic is.

  • demoerin // May 20, 2008 at 8:58 am

    As ek nou die kat so uit die boom kyk, is DM verlief. Elk geval, happytheclam stel dit so mooi, the novelty did not wear off. En daar is mense vir wie dit tel vir 25 en 50, selfs 70 jaar. Eendag hopelik weer vir my beskore!

  • Meermin // May 20, 2008 at 9:42 am

    DM - demoerin ek stem saam wonder wie is die girl?? Iemand het die skoot hooooooog deur!! DM dit is so mooi gestel, mens het nie geld nodig of net die beste om regtig verlief en gelukkig te wees nie!! ;n Gewone ou kaggel vuurtjie met ‘n sweet rosè en ‘n lekker warm man - vrou en duvet wat meer wil mens hè?? Hoop dinge werk uit vir julle twee, en dat daar genoeg ure in hierdie dag en die dae en nagte wat volg gaan wees vir julle twee!!

  • Wipneus! // May 20, 2008 at 9:50 am

    Ek glo in “fairy tale love” …is jy dalkies verlief DM?

  • platterfuss // May 20, 2008 at 9:56 am

    *sug*

    Jy weer (hehe) verlief DM???

    /me dink aan die ou uitdrukking… pergasie deur ‘n lee maag….. (aka DM en girls)!!!

  • Dellie // May 20, 2008 at 10:24 am

    Ja Platty, ek wou dieselfde ding vra - al weer? :wink:

    Baie romanties, nietemin…

  • TristonJ // May 20, 2008 at 11:24 am

    Kom nou girls… dis darm nie elke week nie… net elke 2de week :razz:
    Dit bly mos lekker, daai inlove feeling! :wink:

  • Gutterisms …. « Random Burblings // May 20, 2008 at 11:36 am

    [...] ‘n bobs, Random) Is it just me, or do you too find the first sentence in Da Mario’s latest post heavily laden with, er, should we call [...]

  • Emil // May 20, 2008 at 11:39 am

    DM nou wil ek dadelik huis toe gaan, die kaggel aansteek en ‘n bottel rooiwyn oopmaak, die piekniek komberse voor die vuur oopgooi, en met my vrou en my kind net daar sit - en dis nou eers 11:38 !!

    Hoe laat jy my nou verlang na ver, afgeleë plekke.

    “om te deel sonder dat dit wat gedeel word ooit opraak”. Damn, dis mooi!

  • Parenthesis // May 20, 2008 at 11:41 am

    Gutterisms aside, lovely post. This is what most of us spend our whole lives searching for - and only a few are lucky enough to find. Who’s the lucky girl? :)

  • demoerin // May 20, 2008 at 12:08 pm

    Nee man meermin, yik, sweet rose? Ek soek regte rooi, nie pienk nie!

  • BB // May 20, 2008 at 12:56 pm

    Al ‘n bubblebath probeer DM?? Dit werk netso mooi met ‘n iemand (wat die warm water kan op-top) en ‘n glasie rooi…

  • demoerin // May 20, 2008 at 1:47 pm

    Neeee meermin, regte rooi, nie pienk rose nie!

  • Da Mario // May 20, 2008 at 3:07 pm

    TristonJ…
    Elke twee weke ‘n ander girl?? :roll:
    Dit vat girls normaalweg 3.7 weke om vol genoeg nonsens te raak dat ek hulle los…. :twisted:

    BB…
    Top die girls nie gewoonlik die warm water op nie?? :P

  • TristonJ // May 20, 2008 at 4:17 pm

    whahahaha… Ai DM lyk my my horlosie het gaan staan!! :razz:

  • Uil // May 21, 2008 at 12:58 pm

    Haai, was lanklaas hier…
    Dit was flippen mooi DM.
    So waar. Why not be in love with the feeling of being in love??? Flip wat kan beter wees.

    Ek’s HIGH on life… en laat een fliksem dit nou van my af wegvat.

    Wat sê hulle: Ignorance is bliss….

    And…. why not.

    Mooi bly!

Leave a Comment