Da Mario se gepraat…

Afskeep possie. (…sorry…)

May 21, 2008 · 19 Comments

So bietjie update:

EK het vir baie lank nie vreeslik baie op Facebook gekuier nie.  Toe herontdek ek egter weer daai “Owned!” application wat hulle daar het, en nou speel ek al so paar dae vreeslik lekker daarmee. 

Die werk wil nie juis minder word nie, so ek post bietjie ongereëld, sorry daaroor.  Dis hoekom hierdie net ‘n vinnige update post is, om te sê ek lewe nog.

Ek skuld vir Jane ‘n foto van my Matriekafskeid.  Uhmm… hulle is missing iewers by my Ma.  Ek het egter ander ou foto’s gaan soek, en die beste wat ek kan doen is toe ek so 19 jaar oud was.  Dit was net na die Army, ek sal hulle iewers try scan en later opsit.  Sorry Jane, dis die beste wat ek vir nou kan doen!!

Weens effe onvoorsiene omstandighede sal ek nie vanaand kan gaan Kareoke nie.  En dis nie asof ek ‘n ander date het nie.  Grrr… :mad:

Danksy so ander oulike girl wat ek ken, het ek nogal gewonder oor hierdie foto… lees daai sign op die hek en try dit uit figure!! :???:

….oraait, en dis eers dit.  Meer nuus en ‘n ordentlike post volg later…. of môre…

Lekker dag julle!

Categories: Sommer praat...

19 responses so far ↓

  • demoerin // May 21, 2008 at 7:55 am

    Gelukkig is die afskeep nie te make met Litnet nie! Dank jou sterre daarvoor. Ek sal maar weer later inloer rakende die girls en die hek, kyk wat seg die ander, miskien is daar dan idees wat my brein uit die gutter uit sal haal! hahaha

  • TristonJ // May 21, 2008 at 8:20 am

    Eish maar daai is nou vir jou n blonde foto! lol

  • Wipneus! // May 21, 2008 at 9:10 am

    Please close gate: Jy smokkel vandag met my kop!
    Ek sien ‘n hek wat toe gemaak moet word, groen weivelde, groen gras, wilgerboom… Daar in Potchefstroom groei ‘n mooi ou wilgerboom….

  • TristonJ // May 21, 2008 at 9:16 am

    lol… kyk langs die hek… daar is geen heining nie! En tog is die pad deur die hek plat geloop en nie langs die hek verby nie…

  • happytheclam // May 21, 2008 at 9:37 am

    Mmmmm, oor die foto kwessie… ek kan vir jo ‘n paar foto’s inscan van 1995 as jy wil Mnr Best Man. Eish, daai hare! ! !

  • netjane // May 21, 2008 at 10:05 am

    We have a winner! Happy, ek gee nie om of hy ja sê of nie, jy doen dit net… :evil:

    P.S Jy’s so besig op Facebook en ek kry nie eens ‘n “poke” nie? Gmf!

  • Wipneus! // May 21, 2008 at 10:51 am

    Triston ek sien ook nou die ding van die hek. Daar is ‘n pad ook…????

  • happytheclam // May 21, 2008 at 11:10 am

    Jane, ek vermoed hy gaan my HARD slaat, maar gaan nota maak op my hand (dis al hoe ek goed onthou) en dan vir julle dit op my blog publish.

    Ek doen dit teen my beterwete, want wat maak ek nou as hy my ontmasker :o

  • johannes coetzee // May 21, 2008 at 11:29 am

    Die hek het my aan die volgende teksvers laat dink…

    (Joh 10:1) Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.

    Lyk my die rower het sommer die heining ook gesteel. Dan is daar nog baie skapies wat dink hulle is nog veilig agter die “hek” wat gesluit is…?

  • René // May 21, 2008 at 12:04 pm

    Da, hou op skimp en noem name! Ek sien ‘n boodskap in daai prentjie - maar ek sal dit later met jou bespreek…! :mrgreen:

  • Meermin // May 21, 2008 at 12:41 pm

    DM ek is blond maar nog nie so blond nie!!

  • BB // May 21, 2008 at 12:42 pm

    Blonde that I am I would probably walk through the gate and close it again!! - (iets sal my laat huiwer om óm te loop… ;) :lol:

  • Da Mario // May 21, 2008 at 12:46 pm

    HappyTheClam…
    Jy sal dit nie waag nie…. :shock:

  • René // May 21, 2008 at 2:06 pm

    HappyTheClam - ek “dare” jou!!! :evil:

  • demoerin // May 21, 2008 at 2:44 pm

    Ek weetie wat die dare is nie, maar hoekom nie…ek dare jou. Ek hou van speletjies. Gaan ons nou een of ander tyd die regte storie agter die prentjie kry. My gedagtes draai nog steeds in die gutter rond, en ek wil dit nie so hê nie!

  • Emil // May 21, 2008 at 5:51 pm

    Damn, dan kan jy maar ‘n uitnodiging stuur vir friendship as jy weer FB. Ek dare jou :lol:

  • happytheclam // May 22, 2008 at 7:57 am

    DM, ek sal dit waag, ag toe, net ene??

    Considering dat jy so up to date is met proks en regsaksie (dankie Frank), sal ek wag tot ek toestemming het en tot ek onthou om die friggen foto’s te bring :)

  • Da Mario // May 22, 2008 at 9:27 am

    HappyTheClam…
    Mmmm… ja jong okay! :lol:
    Ek het daai tyd seker nog lang hare gehad so ek kan jou seker nie eers vra om ten minste een te kies waar ek darem redelik oraait lyk nie!! :???:

    Emil…
    Ek maak so! ;)

  • happytheclam // May 22, 2008 at 11:56 am

    DM pragtige mullet wat jy gehad het, kan nie wag om dit te scan en publish nie!

Leave a Comment