Da Mario se gepraat…

Maandag!

Junie 2, 2008 · 14 Kommentaar

Jippieee!!  Die begin van ‘n kraakvars splinternuwe week! 

Ek was laasweek bietjie siek, en die rekenaar het toe om die een of ander rede op ‘n stadium besluit om skielik nie meer die password te aanvaar van my blog nie.  En aangesien ek nie lekker gevoel het nie was ek glad nie in die bui om te sukkel om passwords te reset en sulke dinge nie, maar vanoggend het ek dit toe gou gedoen. 

So ek kan weer post!

Nie dat dit veel beteken nie, want ek het niks aardskuddends om kwyt te raak op die oomblik nie.  Oraait, die pessimiste onder julle sal seker reken dat ek anyways nooit iets aardskuddends kwytraak nie en julle sal seker ‘n punt hê. So wat van ‘n opsomming…

Buiten dat ek siek was gedurende die week en Jordan die naweek weer lekker by my gekuier het, buiten vir Saterdagmiddag en aand toe hy na Cris toe is, was dit Saterdag Cris se verjaarsdag.  Hulle het nogal ‘n groot paartie gehou (het ek die Sondagoggend opgelet aan die oorgeblewe bewysstukke) maar ek was nie daar nie.  Het hom net gaan oplaai en weer gewaai.  Wat kan beter wees as dit?  Nie veel nie, veral nie as die res van my weekend highlights behels het om hoofsaaklik domestiv te wees nie.  En die res… wel die res is nie vir openbare insae nie.  :lol:

Nou ja, geniet julle week, ek is damn besig hier by die werk soos ek seker julle ook is!  Check ya all later!

 

Kategorië Sommer praat...