Ek dink dit het nou net eers begin. Ek dink jy het nou eers opgedaag. Ek dink jy is uiteindelik hier en ek dink ek is nie bang nie. Ek dink jou hand is op die deur. Ek dink jy is dapper genoeg om in te kom. Ek dink dis mooi, ek dink ek is rustig en ek dink ek is gereed. Ek dink jy is spesiaal, ek dink ons moet probeer, ek dink ek kan dit nodig hê, hierdie ding in my lewe. Ek dink ek is bang ek dink te veel maar ek dink dis iets waaraan ek dink ek iets kan doen.
Welkom hier…
21 responses so far ↓
meermin // June 3, 2008 at 8:05 am
DM ek dink dit het tyd geword dat ons haar ontmoet! Ek dink jy moet jou dag geniet! Ek dink ek dink - ek dink terug vandag 16 jaar terug! Ek dink ek gaan haar vanaand lekker bederf omdat sy so spesiale kind is! Ek dink aan wat kon gewees het! Lekker dag vir jou!
demoerin // June 3, 2008 at 8:54 am
Ek dink ons het almal die probleem van te veel dink…partykeer is iets wit of swart en hoef jy nie die grys te gaan soek nie!
Da Mario // June 3, 2008 at 9:09 am
…kan julle glo…
Sy wil nie comment nie…
Ek dink ek verloor my touch ouens, bel die polisie, bel die brandweer, kry die paramedics…
/me knak sy vingers….
….time to get serious….
TristonJ // June 3, 2008 at 9:19 am
lol… DM jy dink versteveel… just enjoy it!
Parenthesis // June 3, 2008 at 9:39 am
Poignant …
neykie // June 3, 2008 at 9:41 am
ek dink dis baie mooi
BB // June 3, 2008 at 11:14 am
“I think I think too much…” - ook in lyrics uit ‘n Maria Mena song: “Fragile” - ‘- haar stem en die musiek kan vir sommige mense dalk bietjie te depressive wees, maar dis awesome!
soos Parenthesis seg: Poignant…
Jenny // June 3, 2008 at 11:15 am
Ek dink jy skryf baie mooi, en ek hoop sy dink soos jy dink.
Geniet jou dag!
Koeksuster // June 3, 2008 at 12:19 pm
right D, ek sal vir jou die details laat kry so laat more-middag se kant.
Bring haar saam!!
R
Wipneus! // June 3, 2008 at 12:53 pm
Sjoe DM maar jy dink vandag baie. Verander jou taktiek….moenie meer dink nie, storm haar…..
TristonJ // June 3, 2008 at 1:03 pm
Ek is saam met jou Wipneus… tekkel haar… dink bring net gedagtes! maak n realityd!
happytheclam // June 3, 2008 at 1:45 pm
Dink en enige mans persoon in dieselfde sin is ‘n joke, ne?
DM, speel net, maar wipneus is reg, storm haar. Jy is mos ‘n blou bul, ram haar!!
René // June 3, 2008 at 2:00 pm
Hoe het Jacques Reinhardt in Balade vir ‘n Enkeling gesê - MOENIE DINK NIE - DOEN NET!
Ek stem nie altyd heeltemal saam met hom nie - maar ek dink in dié geval het jy nou al genoeg gedink en weet jy wat jy het en wat jy wil hê!
Gaan vir GOUD mater!
Dellie // June 3, 2008 at 2:13 pm
Ek dink jy weet wat jy moet doen…
meermin // June 3, 2008 at 3:15 pm
Ek dink almal hier bo is reg, ek dink ook jy moet haar duik! Boul haar uit vir ‘n ses!!! MOENIE DINK NIE DOEN NET, ek onthou daai woorde so goed van daai program, want dit is baie waar woorde!! HOU OP DINK, DUIK HAAR!! MAAR moenie nou te hard gaan staan en duik en haar seer maak nie, onthou dames is BREEKBAAR!! Sterke ou maat!
liezl // June 3, 2008 at 3:45 pm
Bly vir jou
Puik stukkie…
knersis // June 3, 2008 at 4:19 pm
As jy klaar gevry het vertel gou hoe dt was en moenie vergeet nie, jy’s getag!
Wat skiem jy is die belangrikste dieng/iets/iemand in die wereld.
Mooi bly (vry), ou Grote.
alta // June 3, 2008 at 9:49 pm
DM, jy is Getag!
Da Mario // June 3, 2008 at 9:54 pm
Hey ouens, ek check daai tags bietjie later, sal julle nie teleurstel nie!!
platkuif // June 6, 2008 at 2:21 pm
hou op dink…doen
Emil // June 7, 2008 at 9:46 am
moet net nie ophou drink nie
Leave a Comment