Ek het vanoggend opgestaan en was om die een of ander rede glad nie in ‘n besonderse goeie bui nie. Anders as ander oggende het Jeremy en 94.7 my vanoggend oppad werk toe irreteer en ek het nie gehou van die musiek wat hulle speel nie. Daar was te veel mense te vroeg in die oggend ook oppad werk toe en hulle het na my sin hopeloos te stadig gery. Dis nie dat ek laat was vir ‘n meeting of so nie, ek wou hulle net nie in die omgewing gehad het nie. Buiten dit alles dink ek die son kom hopeloos te laat op en gaan ook hopeloos te vroeg onder. Dis nie winter-blues wat ek het nie. Ek like die winter. Ek like net nie vandag nie. Ek is sommer lus en klim terug in die bed, slaap so rukkie en klim dan met die ander voet uit die bed. Miskien werk dit….
Oraait, dan is daar seker so paar goedjies wat ek nog moet doen. Tags en sulke stuff… Ek skuld iemand iewers babafoto’s. Ek het hulle hier, sal kyk om dit te laat scan een of ander tyd en dit eendag post.
Jane het gewonder oor die girl se factsheet… hehehehe… sy is lank en volwasse, 32-26-30 en het lang hare en mooi ogies, ‘n wonderlike smile en skerp humorsin. Sy is slim, het ‘n goeie algemene kennis, deel baie van my belangstellings, mind nie dat ek voorheen getroud was nie en sy hou van kinders. Sy is ook oulik, saggeaard, mooi, sy is intelligent, sy is dierbaar en sy is gaaf, sy is mededeelsaam, sy is vriendelik en snaaks en sy is reguit en eerlik. En sy is liefdevol. Sy is sy. O ja, en sy lyk damn fine in ‘n jean… ![]()
Emil het voorgestel ek kry N.P. van Wyk Louw se Wordende Naakt, ek het dit nog nooit gelees nie, maar dit klink vir my na ‘n uitstekende plan. Miskien kan ons so bietjie leeswerk doen… ![]()
Knersis en Alta wou weet wat ek dink die belangrikste iets/iemand op aarde is. Mmmm… aaklige blêddie curve ball daai. Die belangrikste vir my is dalk eerlikheid. Met goed soos wysheid, geduld en liefde ‘n damn close second. In terme van wie… ek sou reken jou kinders is altyd daar, asook jou lewensmaat en familie en jou vriende ook in die bondel. Maar as jy daaroor dink, miskien moet jy vir jouself ook belangrik wees, anders is dit tipe van ‘n nuttelose oefening of hoe? Sonder JOUSELF teenwoordig, is daar tog nie sprake van enige iets anders nie… mmmm… wat was die? ‘n Trick question??
Dan is daar seker nog ander goeters wat ek ook een of ander tyd by moet uitkom, maar dit moet nou maar eers so rukkie wag. My mood is nou ook sommer beter, die blogging was nou nogal terapeuties, so ek voel darem meer lus vir smile as vroeër vanoggend.
Geniet die dag vrinne…