Da Mario se gepraat…

…as requested…

June 5, 2008 · 17 Comments

Ek het vanoggend opgestaan en was om die een of ander rede glad nie in ‘n besonderse goeie bui nie. Anders as ander oggende het Jeremy en 94.7 my vanoggend oppad werk toe irreteer en ek het nie gehou van die musiek wat hulle speel nie. Daar was te veel mense te vroeg in die oggend ook oppad werk toe en hulle het na my sin hopeloos te stadig gery. Dis nie dat ek laat was vir ‘n meeting of so nie, ek wou hulle net nie in die omgewing gehad het nie. Buiten dit alles dink ek die son kom hopeloos te laat op en gaan ook hopeloos te vroeg onder. Dis nie winter-blues wat ek het nie. Ek like die winter. Ek like net nie vandag nie. Ek is sommer lus en klim terug in die bed, slaap so rukkie en klim dan met die ander voet uit die bed. Miskien werk dit….

Oraait, dan is daar seker so paar goedjies wat ek nog moet doen. Tags en sulke stuff… Ek skuld iemand iewers babafoto’s. Ek het hulle hier, sal kyk om dit te laat scan een of ander tyd en dit eendag post.
Jane het gewonder oor die girl se factsheet… hehehehe… sy is lank en volwasse, 32-26-30 en het lang hare en mooi ogies, ‘n wonderlike smile en skerp humorsin. Sy is slim, het ‘n goeie algemene kennis, deel baie van my belangstellings, mind nie dat ek voorheen getroud was nie en sy hou van kinders. Sy is ook oulik, saggeaard, mooi, sy is intelligent, sy is dierbaar en sy is gaaf, sy is mededeelsaam, sy is vriendelik en snaaks en sy is reguit en eerlik. En sy is liefdevol. Sy is sy. O ja, en sy lyk damn fine in ‘n jean… ;)
Emil het voorgestel ek kry N.P. van Wyk Louw se Wordende Naakt, ek het dit nog nooit gelees nie, maar dit klink vir my na ‘n uitstekende plan. Miskien kan ons so bietjie leeswerk doen… :twisted:
Knersis en Alta wou weet wat ek dink die belangrikste iets/iemand op aarde is. Mmmm… aaklige blêddie curve ball daai. Die belangrikste vir my is dalk eerlikheid. Met goed soos wysheid, geduld en liefde ‘n damn close second. In terme van wie… ek sou reken jou kinders is altyd daar, asook jou lewensmaat en familie en jou vriende ook in die bondel. Maar as jy daaroor dink, miskien moet jy vir jouself ook belangrik wees, anders is dit tipe van ‘n nuttelose oefening of hoe? Sonder JOUSELF teenwoordig, is daar tog nie sprake van enige iets anders nie… mmmm… wat was die? ‘n Trick question?? :lol:

Dan is daar seker nog ander goeters wat ek ook een of ander tyd by moet uitkom, maar dit moet nou maar eers so rukkie wag. My mood is nou ook sommer beter, die blogging was nou nogal terapeuties, so ek voel darem meer lus vir smile as vroeër vanoggend.

Geniet die dag vrinne…

Categories: Sommer praat...

17 responses so far ↓

  • demoerin // June 5, 2008 at 7:58 am

    Sjoe, geen wonner die skoot is so hoog deur nie! Dit klink os sy uit ‘n catalogue uitkom!

  • BB // June 5, 2008 at 8:01 am

    Jy’s so reg, DM! Blogging (of dan nou skryf) is seker van die allerbeste terapie wat daar is. Dis ‘n excellent manier om jouself uit te sort, sonder om soos ‘n idioot voor te kom wat met homself praat - but it boils down to just that, doesn’t it ;) - lekker dag vir jou ook!

  • Da Mario // June 5, 2008 at 8:10 am

    demoerin…
    Sy sal my waarskynlik streng aanspreek oor hierdie beskrywing wat ek van haar gee, want sy is nog nederig ook. Maar ek glo sy sal verstaan… ;)

    BB’kie…
    LOL, ja om te blog is seker amper soos om met jouself te praat, maar gelukkig kry ‘n ou darem so paar comments, so dit maak dat ek darem nie geheel en al mal voel nie!! :lol:

  • René // June 5, 2008 at 8:11 am

    32-26-30 - is jy nie seker oor haar ouderdom nie - of is dit haar mates? :lol:

    Ek dink jy het SS!! :shock:

  • Da Mario // June 5, 2008 at 8:14 am

    Whahaha… ja René… :lol:

  • meermin // June 5, 2008 at 9:08 am

    32-26-30 wie op hierdie aarde is so klein? ‘n 30 is ‘n 6 eina dit is bitterlik klein!! Is sy dan ‘n anorexio lyer?? 32 bra size shame man dan sit sy met tamatie pitte vir tt’s ‘n middel van 26 nee hel jy sy beter net nooit haar arms oplig nie, want dan val sy deur haar hele holletjie (wat seker nie groter as hierdie . “punt” is nie)!! Lekker dag vir jou!! Toemaar jy ek voel ook nie vandag lekker nie!!

  • netjane // June 5, 2008 at 9:08 am

    Dankie DM, dis ‘n begin. Maar jy behoort te weet hoe nuuskierig ek is! Miskien kan jy “The girl - behind the scenes” ‘n weeklikse inskrywing maak. ;)

    Volgende week fokus jy op hoe julle ontmoet het.

    :lol: @ René ouderdom/mates. haha

  • TristonJ // June 5, 2008 at 9:09 am

    Bly jy voel beter na die skrywe! Sy klink perfek, ek hoop te harte dit werk uit vir julle!! Nou moet jy haar net hier kry dat ons girls haar goed kan uit check en die ander mans saam met jou kan drool! :wink:

  • Da Mario // June 5, 2008 at 9:42 am

    Meermin…
    Die mates raai ek so bietjie, het nog nie daar gaan staan met ‘n tape nie… en nee, sy is nie ‘n anorexic geval nie. :???:

    Jane…
    ‘n Weeklikse inskrywing?? :D

  • Dalean // June 5, 2008 at 11:15 am

    Klink vir my na ‘n goed gebalanseerde figuur! Klein maar getrain! ;)

  • Pienk Zuit // June 5, 2008 at 12:28 pm

    Die Man met die Pienk Zuit weet nog steeds alles.

  • alta // June 5, 2008 at 1:39 pm

    Sy klink amper so groot soos ek.LOL!

  • Wipneus! // June 5, 2008 at 4:10 pm

    DM hie hie soos Demoerin sê jy het wraggies die skoot hoog deur.

    Jy is reg, ‘n mens moet jouself baie belangrik ag in die lewe, as jyself bv nie gelukkig is nie, kan jy nie ander gelukkig maak nie.

    Hoop jou dag het toe lekker uitgedraai.

  • Emil // June 5, 2008 at 4:40 pm

    Ja nee, die skoot is hoog deur - sit en wonder ek toe nou na die oorsprong van daardie gesegde.

    DM, NP van Wyk Louw, kaggelvuur, geen ligte behalwe ‘n fyn kersie vir lees, twee groot balonglase, ‘n paar repies biltong en (as ek die dame se fynheid in agneem seker nie ‘n moerse swaar wyn nie, …) ‘n jong Merlot, of Pinotage-versnit, ‘n wolkombers en ‘n heserige, sag stem as jy lees - whala!! :razz:

    Good luck :wink:

  • TristonJ // June 5, 2008 at 10:14 pm

    Emil… jy sal al ons girls laat sug! dit klink hemels!!

  • Da Mario // June 5, 2008 at 10:34 pm

    Emil…
    Die stem het ek darem reeds en ek kan darem lees… aan die res sal ek maar werk!! ;)

  • Johan Swarts // June 10, 2008 at 1:51 am

    Wordende naak is awesome.

Leave a Comment