Da Mario se gepraat…

Die 6de maand se 9de dag…

Junie 9, 2008 · 15 Kommentaar

:D

Kategorië Sommer praat...

Hoe verder?

Junie 9, 2008 · 4 Kommentaar

Om voort te brei op my vorige post…

Wat doen jy wanneer jou absolute beste net eenvoudig nie goed genoeg is nie?
Waar laat so besef jou?  Waarheen verder?  Want lets face it, dit is nie noodwendig die einde van die pad vir jou nie.  Oorwinnaars en diesulkes word mos ook geken aan die wyse waarop hulle opstaan na mislukking en nie net noodwendig aan oomblike van sukses nie.  Dan is daar nog spreekwoorde soos “draai die ander wang” en allerhande goed om jou daaraan te herinner dat jy ook nederig in sukses moet wees en dat niks oor jou pad sal kom wat jy nie kan hanteer nie, dat probleme maar eintlik uitdagings is en dat oorwinning in elke nedelaag verskuil is. 
Ja ja ja…. ons weet al hierdie dinge.  Maar dis moeilik om sielkundige met jouself te speel, jy het ‘n mate van objektiwiteit nodig.  Soms is oplossings en waarhede voor die hand liggend vir almal behalwe die betrokkenes, want jy het nodig om afstand tussen jou en whatever te kry om suksesvol op die situasie te fokus.  ‘n Buitestaander kan makliker en met groter objektiwiteit na iets kyk en ander oefenmetodes voorstel, die atleet weet reeds hoe om te hardloop, maar ‘n coach gee ander perspektief.  Managers weet waarheen om hulle maatskapy te vat, maar business coaches gee perspektief.  Mense weet waarheen om hulle lewens te vat en wat hulle soek, blogging en vriende gee perspektief.

In moeilike situasies kan jy jouself sekerlik second guess tot jy blou is in die gesig, maar dit gaan jou nie enige iets in die sak bring nie.  Sommige dinge moet jy aanvaar en verwerk, soos dat jy miskien ‘n wêreldrekord net-net misgeloop het, dat daai een ding wat jy gesoek het en wat jy gedink het binne bereik is in werklikheid nie was nie.  Daar is altyd volgende keer.  Het jy geleer uit jou foute, het jy jou tegniek verbeter, het jy moeite gedoen om jouself te verbeter?  Is jy wie jy wil wees? 

Sommige kruispaaie het die gewoonte om eintlik maar cloverleaf interchanges te wees waarvan die way af soms verskriklik ingewikkeld lyk as jy eers op die ding verdwaal het.  Om rigting te hou is belangrik, om te weet waarheen jy oppad is net so belangrik, om jouself te ken en te vertrou van kardinale belang.  En miskien kan jy afklim, maar twyfel jy oor jou vermoë om akkuraat rigting te hou.  Soms is jy op die oop see sonder ‘n sekstant.

…en dan beter jy goed genoeg wees…

Kategorië Sommer praat...