Daar is niks, maar net mooi niks, wat my so eindeloos frustreer soos tegnologie wat nie wil werk nie.
Werklik waar, ek wil slange vang. Of nee wag, dis ‘n serious understatement. Ek raak balistic. ‘n Minuteman se moer.
Stadige internet konneksies? Jy wil my nie sien nie. ‘n DVD-speler wat skielik nie CD’s wil lees nie? Hahahaha…. Jy wil nie in die omtrek wees nie. Ek sal goeters seermaak. Ek sal begin lag, en as ek begin lag vir masjiene dan moet hulle weet die oomblik wat rook by hulle gaan uitkom is nie ver weg nie.
Ek sal my laptop vat en hom seermaak, seriously seermaak. Ek sal vir wie ever ek van MTN in die hande kan kry mortal injury veroorsaak oor die verskil tussen ‘n 3G HSDPA en GPRS konneksie. Ek sal CD’s breek en DVD-spelers gooi dat jy transistors sien trek, ek wens net ek kon die elektronika se pyn sien, sy bloed sien, sy marteling geniet.
Want sowaar die f** weet, as elektonika verstaan het was ek vyand nommer 1. Most wanted. Ek sou verantwoording moes doen vir moord met ‘n graaf, koelbloedig, no remorse. None whatsoever. As daar ‘n Elektroniese toerusting Waarheids-en-versoenings kommisie was sou hulle gesnak het na hulle asems oor die kleurvolle aanmerkings wat ek oor hulle elektroniese broers gemaak het en die leed wat ek hulle al toegewens het. En as dit my nie soveel geld sou kos om hulle te vervang nie, dan sou hulle gereeld gevlieg het. Eersteklas. Teen die naaste f***en baksteenmuur vas. Ek sou ‘n lekker groot hamer gebruik het, ek sou hulle groot vriend Water gebruik het, ek sou hulle braai met 5000V in plaas van ‘n besadigde 220V.
En wag dat ek webpage designers in die hande kry. Waarom moet 5879 advertensies laai voor die inliging waarna ek op soek is? Castlemedia se moer. Ek click nie hulle common advertensies nie. Ek click veral niemand se advertensies wat laai voordat die inligting wat ek soek gelaai het nie. Julle adverteer verniet boys. Julle irreteer my net.
EN nou moet ek eers asemhaal voor ek my halstarigge DVD speler dik bliksem.
14 responses so far ↓
netjane // Junie 10, 2008 at 3:33 nm
lag ek nou vir jou – seker nie die regte ding om te doen nie.
Baie snaakse inskrywing DM. Sterkte!
Nefri // Junie 10, 2008 at 3:33 nm
Dis nou hier waar mens jou doodstil moet uitlos tot jou moer gesak het.
Jaco // Junie 10, 2008 at 3:41 nm
Jy sal nie alleen voor die Elektonika WFK wees nie. As die ding nie wil werk wanneer ek wil hê hy moet werk nie, sal ek seker maak hy werk nooit weer nie.
Eendag gaan die belastinggaarder nog vir my vrae hoe ‘n eenmansaak deur soveel elektronika in ‘n jaar kan werk.
Da Mario // Junie 10, 2008 at 4:04 nm
Jaco…
Amen. Die goed verdien nie om ooit te werk as hy nie wil werk die presiese oomblik wat ek verwag dat hy moet werk nie…
Jane…
Ja nee, moet eerder nie lag nie!!
Gert Gariep // Junie 10, 2008 at 5:35 nm
LOL! En met al die kak wat van Sjina af instroom rev jou moermeter seker nog erger in die rooi in.
TristonJ // Junie 10, 2008 at 7:33 nm
lol… thanks daai prentjie het my nou goed aan die giggel gehad
liezl // Junie 10, 2008 at 8:14 nm
alta // Junie 11, 2008 at 6:25 vm
Weet julle wat verstreur my!
As jy n splinter nuwe ding koop, kom by die huis en na 2 dae werk hy nie meer nie, neem hom terug en dan sê hulle hy moet nou ingestuur word om reg gemaak te word!!!Frok tog ek het nie n tweede handse ding gekoop nie!! Dan wil ek ok iemand se goed breek!Ek wil n NUWE een hê!
René // Junie 11, 2008 at 8:34 vm
Ek weet ek mag nie lag nie … maar….
Whahahahahahaha – hehehehehe – giegiegiegie-whahahahahahahahahaaa!!!
ROFLM(S)AO!!!
demoerin // Junie 11, 2008 at 8:45 vm
Sjoe, eina…hoop die moermeter het so bietjie gesak teen nou, hahaha. Dit bly frustrerend!
Emil // Junie 11, 2008 at 10:05 vm
Tyd vir ‘n upgrade?
Dellie // Junie 11, 2008 at 2:06 nm
DVD spelers ref my ook gereeld tot in die rooi.
Louisa // Junie 11, 2008 at 11:47 nm
Da Mario,
jy weet seker dat dit die rook is wat die goed aan die gang hou?
As jy hom eers gemoer het laat die rook uitkom, dan werk hy nooit weer nie!
Da Mario // Junie 12, 2008 at 8:31 nm
Ja, die moeilikste deel is om daai rook terug te kry….