Da Mario se gepraat…

‘n 4 letter woord en jy…

Junie 16, 2008 · 31 Kommentaar

Daai 4 letter woord… LOL… mark my words… dit sal wees as ek my sin kry…. ;)
Eendag.

Genuine nou…
Dit was alles die moeite werd.  Baie dankie vir ‘n wonderlike, ongelooflike dag!  Thanks vir die saamgaan en die kuier, thanks vir die moeite.  Thanks vir die eerlikheid, thanks dat jy so wonderlik was en nie die games verstaan wat mense soms speel nie.  Dis so lekker om daai dowwe uitdrukking op jou gesiggie te sien!! (Okay, :lol: om meer akkuraat te wees, die dat ek soms dinge anders sê as wat ek bedoel…)

Dankie vir die luister, dankie vir die deel, dankie vir jou openheid, dankie vir die GESELS en VERSTAAN.  Dankie dat jy nie kwaad was omdat ek die kar tot 8000 rpm tussen robots gevat het nie selfs al hou jy nie daarvan nie, thanx dat jy nie iets gesê het toe ek vinnger as 180 gery het nie…. dankie vir die smiles en dankie vir die sexy ass wat ek kon vashou!!  :D
O ja, ek sou nie daai outjie regtig gemoer het nie!! Selfs al was hy te vriendelik, die klein twat!

En ek sal jou nog educate oor musiek… lol, dit sal nodig wees, sorry egter oor Nadine se “Hey liewe ou”…. sorry oor my beste ou vriend se musiek…. en sorry dat jy amper jou polse afgekou het…. maar ek is seker jy sal my nog educate oor so paar ander goedjies in ruil vir die kultuur wat ek in jou gaan inkry. (Of wag, dit wat ek in jou kry het mos ‘n ander naam of hoe?? :mrgreen: ) Weet nie wat dit is nie, dit wat jy my gaan leer, is nie aangesien ek reeds alles weet, maar ek sal luister na jou opinies!!! :lol:  Al is dit effe weird… :eek:

Maar op die einde, net thanks vir ‘n wonderlike en memorable dag…

Kategorië Sommer praat...

31 responses so far ↓

  • meermin // Junie 17, 2008 at 7:46 vm

    Klink of jou naweek toe heel lekker was, so bietjie wild ook lyk dit my! Nou wanneer ontmoet ons hierdie skim van ‘n girl wat jou so verlief het??

  • demoerin // Junie 17, 2008 at 8:12 vm

    Mmmm, voorgereg, hoofgereg en nagereg. ‘n Properse naweek!

  • netjane // Junie 17, 2008 at 8:24 vm

    ;)

    Ja ou DM – jy smeer weer die botter dik…

    Bly jy’t ‘n lekker naweek gehad, jou ou stoetbul, jy. ;)

  • Da Mario // Junie 17, 2008 at 8:34 vm

    Meermin…
    Die Skim hou van geheimsinnig wees. Dis nie almal wat sommer weet wie die Skim is nie… ;)

    demoerin…
    ‘n Properse naweek was dit ja! :mrgreen:

    Jane…
    Nee, ek smeer nie botter nie, vertel dinge maar net hoe dit is.
    Net nog iets. Ek was mos by die Castrol Extreme Auto show die naweek. Nou ja, daar is nie veel dinge wat eerder by my aandag kry as die klank van ‘n racing V8 wat so bietjie ge-rev word nie. Menigte girl het al my aandag heeltemal verloor as ek eers in vervoering raak. Hierdie keer was dit egter anders… :D
    (Sy kon egter nie my opgewondenheid oor ‘n cam uitstalling heeltemal verstaan nie!) :lol:

  • netjane // Junie 17, 2008 at 8:45 vm

    Ek kry weer ‘n “glazed look” as dit by karre kom. Is nogal ‘n girl en ‘n half wat na ‘n kar show toe sal gaan as sy nie juis van karre hou nie.

  • TristonJ // Junie 17, 2008 at 8:56 vm

    :roll: ek sê maar niks nie! Bly jy het dit geniet!

  • meermin // Junie 17, 2008 at 9:47 vm

    Koos se broer ook was Saterdag by die karre show!! Met sy groot lelike ou wit kar, ek kan nou nie dink watse kar dit is nie, v8 die works!! Nee man, die brul soos ‘n leeu!!

  • BB // Junie 17, 2008 at 10:59 vm

    Met waffer letter begin die 4-letter woord?? Ek ken baaaaaie 4-letter woorde…
    Hehehe DM – ‘klein twat’ is ook deel van my persoonlike woordeskat – dit sê so lekker :grin:

  • Die Gestorwe Soldaat // Junie 17, 2008 at 11:50 vm

    Die 4-letterwoord puzzle my ook… Uit daarmee, ou grote! :lol:

  • Die Gestorwe Soldaat // Junie 17, 2008 at 11:52 vm

    “Trou” is een… “Skei” ook… dan is daar nog “3sum”, “orgy”… O hel! Watse naweek het jy gehad?!

  • netjane // Junie 17, 2008 at 12:18 nm

    3sum – tipies man!

    Wat van L-O-V-E, twee, saam?

    (natuurlik toe ek nou in die rigting van 3sum en orgy beginne dink het kom ek agter daar’s baaaaaaie meer “sulke” 4 letter woorde as die boonste tipe) :evil:

  • Die Gestorwe Soldaat // Junie 17, 2008 at 1:23 nm

    O hel, ja! LOVE het my heeltemal ontglip… Seker maar omdat ek nie vreeslik vertroud met die ou woordjie is nie… ;-)

  • meermin // Junie 17, 2008 at 2:25 nm

    LIEF DING LOVE SING DOEN DINK GRAP WEET WAAR HIER WERK DINK DINK DM DAAR IS VREK BAIE VIER LETTER WOORDE AFRIKAANS EN IN ENGELS, JY HELP ONS NIE JUIS VEEL NIE, JY MAAK HIERDIE DIKKES SE BREIN HEEL DEURMEKAAR, EK VERSTAAN NIE RAAISELS EN DINGE NIE!! SIEN EVEN SKIM IS ‘N VIER LETTER WOORD DOEN JY ALLES SO IN RAAISELS, AS MENS NIE JOU PRENTJIES MOET PROBEER ONTSYFER NIE, PRAAT JY SO IN RAAISELS DAT DIT MENS ‘N JAAR VAT OM TE PROBEER UIT FIGURE WAT NOU? LEKKER MIDDAG VERDER EK LOOP DAREM AMPER, DM SIEN NET HOE BAIE 4 LETTER WOORDE IN HIERDIE COMMENT IS! SIEK MAAK NAAR RAAI WEET WIE WEET EK WEET NIE MEER WATTER KANT TOE NIE, TRISJON WEET JY IETS WAT ONS NIE WEET NIE?

  • demoerin // Junie 17, 2008 at 2:42 nm

    Daar is ‘n 3 letter woord vir my en raaisels…kak. Moenie in sirkels praat nie…uit met daai woord….hehehe LOVE was ook nou nie my eerste denke nie. Lyk my ook Triston weet meer as wat voorgegee word!

  • BB // Junie 17, 2008 at 2:58 nm

    *tsk* @ LOVE – overrated ou woordjie daai :grin:

  • TristonJ // Junie 17, 2008 at 3:50 nm

    LOL nou vir wat sal ek weet
    /me loop met engeltjie vlerkies rond

    Shoe DM jy beter begin dinge uit spel, die lot gaan my martel tot ek al jou diep donker geheime verklap…hehehe.

    DMI en Meermin ek is net so in the dark as julle, belowe!

  • Die Gestorwe Soldaat // Junie 17, 2008 at 4:07 nm

    Snaaks… Niemand het SEKS genoem nie… Seker omdat ons weet DM is ‘n geheelonthouer… ;-)

  • TristonJ // Junie 17, 2008 at 7:58 nm

    Soldaatman… :lol:

  • Emil // Junie 17, 2008 at 8:08 nm

    Teehee Soldaat. Waar ek nou sit, kan ek net aan een dink; D R I N K! Moenie! Ek weet dit is 5 letters, maar ek sit in ‘n longdrop!!

  • Die Gestorwe Soldaat // Junie 17, 2008 at 9:12 nm

    Oh goodie, Emil! :lol: Die enigste 4-letterwoord wat ek met longdrop kan assosieer is P-O-E-F!

    OK, ek jok… Ek kan actually aan meer dink. Maar dis toilethumor – nie toelaatbaar hier nie… ;-)

  • Die Gestorwe Soldaat // Junie 17, 2008 at 9:13 nm

    BTW – hoe kry jy ‘n rekenaar in die longdrop??? Klink vir my na ‘n interessante possie wat wag om vertel te word…

  • Da Mario // Junie 18, 2008 at 7:09 vm

    K…
    Kyk net hoe nuuskierig is my getroue lesers oor jou. Jy beter nou van daai opmerkings wat jy teenoor my maak begin neersit in comments… :twisted:

  • Da Mario // Junie 18, 2008 at 7:11 vm

    DGS…
    Miskien het Emil ge-comment via sy Blackberry. Die dat dit vanuit die longdrop is. Sien, ek word ORALS gelees!! Ek wonder of Frank daarmee kan spog?! :eek:

  • meermin // Junie 18, 2008 at 7:17 vm

    DM K – ek het so pas aan ‘n baie lelike woord gedink en dit is nogal ‘n 4 letter woord!! Kees, Kind, Kaal, kaas, klim!!

  • demoerin // Junie 18, 2008 at 7:22 vm

    whahaha, Emil die Doefpoef leser…hehehe. Shame, hoop hy oorleef darem daar in donker Afrika! hahaha @ meermin. Ek dink K het met die persoon se naam te doen.

  • meermin // Junie 18, 2008 at 7:29 vm

    demoerin nou watter vroue naam wat met K begin het net 4 letters, Karen maar dit is 5, Koos hie hie dit is 4 MAAR

  • meermin // Junie 18, 2008 at 7:29 vm

    nee man ek was nog besig, MAAR DIT IS ‘N MAN NAAM, SHIT DM EK HET NIE GEWEET JY IS ‘N RIOOLBOOR NIE!!

  • Da Mario // Junie 18, 2008 at 7:50 vm

    Meermin…
    K is die letter waarmee haar naam begin. Dit staan vir “Karin”. Wat het jou laat dink ek verwys na iets met 4 letters? :???:
    En wat op dees aarde sal jou laat dink ek like mans?? :roll:
    Nee girl, as ek jy was sou opgehou snuif het wat dit ookal is wat jy snuif!! :lol:

  • meermin // Junie 18, 2008 at 7:58 vm

    Ek snuif green tea! Toemaar ek sal ophou!!!

  • Emil // Junie 18, 2008 at 9:59 vm

    Yip, Blackberry en Planet Omni. Sekere plekke lees makliker as ander op die Blackberry en die konneksie vertoon beter. DM is easy :lol:

  • demoerin // Junie 18, 2008 at 1:53 nm

    wê wê wê wê wê @ meermin. Sien! DM, Jy is skelm…ek hou jou dop! Ek issie altyd gesuip nie! hahaha

Lewer Kommentaar