Da Mario se gepraat…

Ek moet bieg…

June 24, 2008 · 19 Comments

Daar is sommige van my lesers wat my actually baie goed ken, en sommige van hulle sluip soms maar net so in die agtergrond rond en los nie altyd comments nie.  Wat natuurlik heeltemal fine is.  Soms weet ek nie eers hulle was hier totdat hulle iets noem oor wat ek geskryf het nie en dan is dit nogal ‘n verrassing.  Anyways, hoekom ek dit noem is omdat dit direk van toepassing is op die onderwerp waaroor ek wil bieg.
Julle sien, ek like lekker kos.  Ek en lekker kos is moerse pêlle.  Die pad na my hart loop nou wel nie deur my maag nie, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.  Anyways, lekker kos is om die een of ander rede nie altyd gesonde kos nie.  Ek like dit byvoorbeeld om lekker skaaptjoppies te braai.  Of lekker steak met so lekker stuk crispy vet aan.  Glo is beide nie juis goeie nuus vir jou cholestrol nie.  En ek like goed soos take-aways en pizza, glo glad nie goed vir jou middel se size nie, en dan like ek nog lekker biltong en cabanossi ook.  En ek het nog altyd gedink dat die beste slaai goed soos hoender en vis is.  Ek bedoel, ek het nooit werklik slaai geëet nie, vir my was “slaai” witvleis…  :roll:

Nou voel dit amper vir my asof ek moet bieg: “Forgive me Father for I have sinned.  I started to enjoy healthy food…” 

Ek het nou al so paar oggende, in plaas van pasteie en gaskoeldranke of leftovers van gisteraand se Spaghetti Bolognaise, eerder iets gesonds gehad vir ontbyt.  Okay, hier kom dit… die ding waaroor ek moet bieg….. vrugte yughurt en muesli.  (Almal trek gelyktydig hulle asems skerp in…)  :shock:
Jip… ek eet actually yoghurt en muesli.
/me laat sak sy kop in stille erkenning….

EN dis actually lekker. EN ek klim gereeld trappe. Baie van hulle, 10 vloere se trappe op ‘n slag. Dit van my 1 minuut 35,7 sekondes. Dis miskien ‘n minuut langer as die hysbak as hy nêrens stop nie. En ek like dit…
Ek het ook baie lekker muesli ontdek. “Royal Swiss” is die een, dit het ook allerhande stukkies vrugte en neute en stuff in wat heerlik is, en dan is daar “Nutty Crunch” van Nature’s Source. En dit ruik ook sommer ongelooflik lekker. So ek eet sommer vreeslik lekker en nou is dit nog gesond ook.

Oraait, so ek weet, dit pas nou nie heeltemal by die “bad-boy-gladdebek-womeniser-chaff-elke-girl image” nie, maar dis anyways nie wie ek is nie. So hey, voorheen sou ek dalk gespot het dat dit my heel gay sou laat voel om verantwoordeliker te wees. Maar ek is.

EN dis lekker!

Categories: Sommer praat...

19 responses so far ↓

  • demoerin // June 24, 2008 at 8:47 am

    :lol: , dan bieg ek ok nou maar oor die muesli/yogurt combo. Heel lekker, maar ek is deesdae op die all-in-one, Jungle Energy Bar (yogurt)…maklik en los geen skottelgoed. Bokkos is ok nou nie bo aan my favourites lys nie, tensy daar bacon en avo by is!

  • Jaco // June 24, 2008 at 10:38 am

    Hey good for you. Ek sal ook daai gesond eet ding moet begin ernstig opneem, veral in die lig gesien van onlangse gebeure.
    Besides, ek kan nou al langboompies toe nie, ek moet nog eers 6 pelle maak om my kis te help dra.

  • netjane // June 24, 2008 at 11:05 am

    Die rede is nie dalk dat jy begin dikkerig raak het en geskrik het nie? ;)

    En jy jok oor die slaai – wat van al die jong blare wat al verskynings in jou lewe gemaak het?

    /me koes…

  • Wipneus! // June 24, 2008 at 11:19 am

    he he DM ek hou ook van Nutty Crunch, ek het ook ontdek gesondheidskos is nie altyd sleg nie ;) Dit bestaan gelukkig nie net uit ‘n klomp blare en marog nie!!

  • SKIM // June 24, 2008 at 11:27 am

    DM gaan list bietjie jou rss feed by ons.

    Lekker blog, thanks

  • Ogies // June 24, 2008 at 11:31 am

    Wie’s jy en wat het jy met Da Mario gemaak??
    :wink:

  • Die Gestorwe Soldaat // June 24, 2008 at 11:34 am

    “…maar dis anyways nie wie ek is nie.”

    Ye right! :lol:

  • Pikkelik // June 24, 2008 at 12:07 pm

    NB!!! Eet jy tuis of by die werk???

  • Blixer // June 24, 2008 at 1:24 pm

    Ek eet net aandete- maar dit moet lekker kookkos wees.

  • BB // June 24, 2008 at 1:39 pm

    Müsli maak vet :evil: (lees jy ooit die nutritional info agterop pakke, skat??) Maar solank dit lekker is (12 keer ‘lekker’ in een bloginskywing DM?! – dis ‘n nuwe rekord!! – and all that just over food :lol:

  • Da Mario // June 24, 2008 at 2:25 pm

    BB…
    Daai comment van jou, ek ken ‘n girl wat omtrent presies dieselfde vir my sou sê! En sy is ook oulik! ;)
    By the way, jy is nie heeltemal lekker in jou kop om te getel het dat ek die woord “lekker” 12 keer gebruik het nie is jy? :eek: Nou gaan jy veroorsaak dat ek volgende keer voor ek post tel hoeveel keer het ek watter woorde gebruik! :???:

    Jaco…
    Ek is seker jy het 6 pêlle wat jou kis sal help dra, maar eet in elk geval eerder gesond ja!

    DGS…
    Genuine ou maat, jy is nou die enigste oorblywende stoetbul in bloggers-land!! :D

    Jane…
    Gmff!! Tel jou woorde!! ;) Sies… ek het g’n “dikkerig” geraak nie!! :lol:

    SKIM…
    Gaan list my rss feed by julle?? Ek het nie ‘n idee waarvan jy praat of hoe om dit te doen nie… :shock:

    Ogies…
    Hehehe… ek sê jou!

  • René // June 24, 2008 at 3:07 pm

    OH MY GAAAAAWWWD :roll:

    Nou sê ek NIKS meer nie!!!!!!!!

    (En dit het niks met jou eet gewoontes te doen nie … Soldier se opmerking en jou antwoord daarop is dalk ‘n skimp in die regte rigting!!)

    Ek stem saam met Ogies – wie is jy en wat de hel het jy met Da Mario gemaak!!!

    (/me gaan loer in Kamer 14 of die regte Da nie dalk daar wegkruip nie!!!)

  • demoerin // June 24, 2008 at 3:38 pm

    Die probleem is net dat as jy dalk nie so gesond eet nie, jy dalk meer as 6 draers nodig gaan hê. :lol:

  • Sonkind // June 24, 2008 at 9:02 pm

    DM, ek dink hulle mis die punt. Jy is juis besig om gesond te eet om jou sexy body te behou vir al die girls wat jy nog steeds met jou “bad-boy-gladdebek-womeniser-chaff-elke-girl image” gaan vang :lol: :lol: :lol:

  • Gert Gariep // June 24, 2008 at 10:19 pm

    Te veel Muesli kan ook nie gesond wees nie. Onthou om af en toe Koedoebiltong te eet en bier te drink.

  • demoerin // June 25, 2008 at 7:34 am

    Stem, biltong en bier is twee baie belangrike voedselgroepe! Alhoewel met genoeg budgy-saad in jou muesli, mag dit dalk ook net jou sangloopbaan ‘n hupstoot gee. :lol:

  • meermin // June 25, 2008 at 8:01 am

    Muesli en yoghurt lekker!! Ek eet nie ontbyt nie, maar as ek sou honger word sal ek dit eet!! My pa het altyd gesè hy gaan nie wag voordat ek eendag sè NOU IS EK HOONGER NIE, want dit gaan ‘n moerse lang wag wees!! EK IS TE DOM OM HONGER TE WORD!!

  • meermin // June 25, 2008 at 8:02 am

    O daar vergeet ek!!?? Gister toe ek by Nortpark in Bruger straat draai was daar ‘n wit kar agter my en die ou het nogal gelyk soos jy!!

  • johannes coetzee // June 25, 2008 at 9:27 am

    Vrugte, vrugtesap en groente…!!!
    Adam en Eva kon nie verkeerd gewees het nie, hulle sou immers vir ewig geleef het as hulle nie gesondig het nie.

    Maar ‘n ou lamstjoppie orri kole op sy tyd …!

Leave a Comment