Ek is nogal moeg vanoggend. Gister was vir ons ‘n luilekker Pizza en dvd aand, want ek was te lui om kos te maak en pizza gaan tog lekker saam met movies. Ek dink ek sal bietjie later weer my slag agter die potte beoefen, maar as mens pizza of so kry is daar ook sommer minder skottelgoed en elke ding. Ek was ook glad nie lus om te gaan sing nie, vanaand sal ek dalk gou so paar liedjies gaan doen, maar ek dink ek sal maar vroeg huis toe gaan. Ek wil so bietjie slaap inhaal.
Maar dit was vreeslik lekker. Die movie was ‘n classic en ‘n gunsteling vir ons beide. Ek like dit om soms sommer net weer ‘n ou gunsteling te kyk, iets wat jou herinner aan hoekom dit spesiaal is, aan wat dit is waarvan jy werklik hou. En dit te deel.
Dalk moet ek nou nog net probeer om op te hou smile….
23 responses so far ↓
boerinballingskap // June 25, 2008 at 2:41 pm
En ek dog jy eet nou gesondheidskosse?
René // June 25, 2008 at 2:56 pm
Ai Boer ek wou nou dieselfde vra….!
Jy confuse ons Da!
BB // June 25, 2008 at 3:35 pm
Müsli is vir voëls!!!
(al daai pitte – het jy al gesien hoe lyk voëlbollie?? thát can;t be good for a grown-up man!!!) – smiling on the other hand, is good for a man
(ever seen a bird smile?? is al daai pitte!!
René // June 25, 2008 at 4:57 pm
Hei Da!!!!!
Moenie worry nie mater – ek is nogsteeds net so lief vir jou hoor … of jy nou gesond eet of pizza eet of breed smile of g’n niks smile nie!
((((((((DA))))))))
demoerin // June 25, 2008 at 4:58 pm
Nee man, daai muesli met die voëlsaad in gaan sy sangloopbaan help!
En die movie was?
Karin // June 25, 2008 at 5:35 pm
Jy’s nie die enigste een wat sukkel om op te hou glimlag nie!
Wipneus! // June 25, 2008 at 7:31 pm
Ek sien julle breë smiles tot hier
Die Gestorwe Soldaat // June 26, 2008 at 12:19 am
Julle twee duifies wat so glimlag – was dit ‘n comedy wat julle gekyk het? Of smile julle omdat julle nie veel van die DVD gesien het nie?
alta // June 26, 2008 at 1:31 am
Ja nee ek sal ok net smile
Da Mario // June 26, 2008 at 8:21 am
DGS…

Jy lees darem mooi tussen die lyne nê?
Die movie was, believe it or not, “Don Juan deMarco”. ‘n Baie oulike fliek, mooi, romanties en baie snaaks op plekke!
En dit was actually ‘n video, nie ‘n dvd nie, wat ek jare gelede by ‘n secondhand shop gekoop het. Toevallig vir ons beide ‘n absolute gunsteling!
Karin…
Da Mario // June 26, 2008 at 8:24 am
René en BiB…
Ek eet gesonder, ek eet nie ALTYD gesond nie!!
Plus hoe sal movies en muesli nou saamgaan!?Hehehehe!!
René // June 26, 2008 at 8:48 am
mmmmm, natuurlik ‘n voordeel van ‘n video is jy kan rewind en weer kyk wat jy dalk in ‘n oomblik van aandag afleibaarheid gemis het!
Da Mario // June 26, 2008 at 8:58 am
mmmmm, die dvd’s hier in Gauteng het chapters wat mens ook mee kan terug gaan vir die aandag afleibaarheids-oomblike, werk die dvd’s daar in die Kaap nie ook so nie?
Celéste // June 26, 2008 at 9:05 am
René, as ek hom weer sien sal ek hom ‘n klap teen die agterkop gee namens jou!
Da Mario // June 26, 2008 at 9:09 am
Liefste sussie, jy kan nie eers by my agterkop bykom nie. Gaan jy op ‘n leer staan of iets??
En dalk is daai Kapenaartjie net bietjie tegnologies-motories gestrem…
Celéste // June 26, 2008 at 9:22 am
Ek wag tot jy sit.
“Daai Kapenaartjie” gaan jou looi, boetie.
René // June 26, 2008 at 10:19 am
Ons “Kapenaartjies” het iets wat hul DSTV noem – ons hoef dus nie geld te spandeer om VIDEO’S te koop of te huur nie! Whahahahaha!!! Frok!
Anyhow – jy kan natuurlik ‘n moerse klomp geld spend en vir jou ‘n PVR dekodeerder koop vir die aandag afleibare oomblikke – maar ek twyfel of die Vaalpensies gaan weet hoe om die handleiding te lees…!
As die “Kapenaartjies” ‘n lekker vry wil vang, steek ons die kaggelvuur aan, maak ‘n lekker bottel rooiwyn oop en sit nie eers die TV, DSTV, DVD, Video en what have you aan nie! Ons het nie ‘n “verskoning” nodig vir ‘n goeie vry nie!
/me koes solank!
(PS. dankie Celesté – dis lekker om ‘n kopklap-backup te hê!)
Die Gestorwe Soldaat // June 26, 2008 at 11:16 am
Hier in die Kalahari het ons nie een van daai “props” nodig nie – ons vry sommer net omdat vry vry is. Anyway – as ons eers kaggelvure in die somer aan die brand moet kry, gaan die girl dink jy wil haar braai, en nie… vry nie.
René // June 26, 2008 at 11:46 am
Whahahahaha Soldier – ek sal dink die kaggelvuur werk net in die winter silly!
Duh!
Da Mario // June 26, 2008 at 12:00 pm
Ek issie meer i stoetbullie.
Nou wil ons videos kyk omdat ons videos wil kyk, en DAN …. uhmmm… vry ons!
Die aandag afleibaarheids oomblikke is egter nog ‘n challenge…
demoerin // June 26, 2008 at 1:19 pm
Nee Rene, dink julle kapenaartjies se DSTV is bietjie agter as hy nog sulke classics wys.
Moet sê Pizza, Rooiwyn en boobies…ag ekskuus movies klink nou na ‘n goeie idee. Weet net nie of SAW IV so ‘n groot turn-on sal wees nie?
Hier in Jozi is ons DSTV classic movies die wat 2 maande terug op die circuit gerelease is.
Emil // June 26, 2008 at 1:35 pm
Ophou bieg of ophou brag?
Da Mario // June 26, 2008 at 1:42 pm
Ek wil nou nie met die witbrood onder die arm kla nie Emil, maar ek dink julle getroude manne het dit beter.
Dan is sy immers altyd daar. So dis seker deels bieg en deels net happiness, ek bedoel darem nie om te brag nie!!