Da Mario se gepraat…

Entries from Julie 2008

Die Abecedarian Projek.

Julie 30, 2008 · 2 Kommentaar

Gedurende die laat ’60’s was Amerika in oproer omdat baie swart Amerikaners uit die politieke bestel gesluit gevoel het en oproer was aan die orde van die dag.  Die politici van die dag het die probleem probeer oplos deur baie geld te pomp in opvoeding en welsyn, maar die resultate was nie juis na wens nie.

In die middel ’70’s is hierdie projek toe geloods om die potensieële voordele van vroeë onderwys op kinders te toets.
Die gekose kinders het uit arm gebiede gekom waar daar nie verwag is dat hulle ‘n besonderse goeie opvoeding sou ontvang nie, 98% was swart en vordering is deurlopend gemonitor tot op die ouderdom van 21. Waar meeste kinders eers vanaf hulle tweede jaar aan onderwys blootgestel word, is hierdie kinders reeds vanaf so vroeg as 6 weke blootgestel aan onderwys. Die gemiddelde ouderdom van deelnemers was 4 maande toe hulle begin het. Die redenasie was dat ‘n mens se brein in sy eerste lewensjaar ongelooflik baie konneksies maak en dat slegs die goeies gehou word. Op 3 jarige ouderdom het ‘n kindjie se brein dubbel die hoeveelheid konneksies wat ‘n volwassene se brein het, en die brein funksioneer op die beginsel van “use it or loose it”. Slegs goeie konneksies word dus gehou, en hoe beter die is wat gehou word, hoe “slimmer” die persoon. Goeie kwaliteit onderwys, deur te praat met jou kinders vanaf geboorte reeds en sulke oefeninge is van kardinale belang.

Sommige betekenisvolle waarnemings wat die eksperiment gewys het:
Hoë kognitiewe toets punte as gevolg van beter taalvaardigheid, beter akademiese prestasie in beide wiskunde en leesvaardigheid, beter kans om naskoolse onderrig te ontvang, en hulle het die geneigdheid gehad om later in die lewe kinders te kry.
Alhoewel hoër IK punte nooit die doel van die eksperiment was nie, is baie duidelik gewys dat vroeë stimulering van die brein onvervangbaar is en dat daar nie iets soos te vroeg is nie. Belangriker egter, hierdie voordeel word gewoonlik eers duidelik teen 3 jarige ouderdom waarna hierdie kinders nooit weer ‘n agterstand het nie.

En dan iets anders:
Hierdie moet seker een van die mooiste plekke op aarde wees.
Yosemite Nationale Park in Kalifornië.

Kategorië Sommer praat...

In my arms…

Julie 29, 2008 · 8 Kommentaar

Vandag se post word opgedra aan al ons kindertjies, want niemand is meer spesiaal as hulle nie. As jy kinders het sal jy weet waarvan ek praat, jy sal altyd daai eerste oomblik wat jy hulle die eerste keer vasgehou het altyd onthou. As jy nie kids het nie kan jy dalk imagine waarvan ek praat, maar jy sal WEET die dag as jy hulle die eerste keer in die hospitaal vashou.  Pasgebore, hulpeloos, perfek en so ongelooflik mooi.  Die onvoorwaardelike liefde wat jy kry by kids… daar is werklik NIKS soos dit nie.

Aan elkeen van ons se kindertjies….

In my arms – Plumb

Kategorië Sommer praat...

Ek’s hier!

Julie 29, 2008 · 6 Kommentaar

Die werk hou my bietjie besig!
Geniet solank die video!

Kategorië Sommer praat...

You might think…

Julie 27, 2008 · 5 Kommentaar

Ek bel Sondagaand my sexy engeltjie en ons is in ooreenstemming:  As ons nie soveel dringende werk gehad het om af te handel nie, dan het ons Maandag afgevat en by die huis gebly.
En ek dink toe aan hierdie liedjie wat ek verskriklik lanklaas gehoor het. Ek dink eerstens omdat ek haar verskriklik baie mis en ook omdat ek dink sy is dalk effe mallerig om my so kwaai te like! Ook sommer omdat ek die song eintlik nog altyd like en al amper van hom vergeet het. Soms spring goed mos maar net in ‘n ou se gedagtes in! Anyways, hy kom hier uit 1984/85, die van julle wat in die omgewing van my ouderdom is sal hom dalk nog herken. En dis nogal ‘n baie oulike musiekvideo op die koop toe….

The Cars – You might think

Nou ja, geniet die week wat voorlê!

Kategorië Sommer praat...

What powers the Northern Lights?

Julie 25, 2008 · 6 Kommentaar

GREENBELT, Md. — Researchers using a fleet of five NASA satellites have discovered that explosions of magnetic energy a third of the way to the moon power substorms that cause sudden brightenings and rapid movements of the aurora borealis, called the Northern Lights.

The culprit turns out to be magnetic reconnection, a common process that occurs throughout the universe when stressed magnetic field lines suddenly snap to a new shape, like a rubber band that’s been stretched too far. “We discovered what makes the Northern Lights dance,” said Dr. Vassilis Angelopoulos of the University of California, Los Angeles. Angelopoulos is the principal investigator for the Time History of Events and Macroscale Interactions during Substorms mission, or THEMIS.

Substorms produce dynamic changes in the auroral displays seen near Earth’s northern and southern magnetic poles, causing a burst of light and movement in the Northern and Southern Lights. Substorms often accompany intense space storms that can disrupt radio communications and global positioning system signals and cause power outages. Solving the mystery of where, when, and how substorms occur will allow scientists to construct more realistic substorm models and better predict a magnetic storm’s intensity and effects.

“As they capture and store energy from the solar wind, the Earth’s magnetic field lines stretch far out into space. Magnetic reconnection releases the energy stored within these stretched magnetic field lines, flinging charged particles back toward the Earth’s atmosphere,” said David Sibeck, THEMIS project scientist at NASA’s Goddard Space Flight Center in Greenbelt, Md. “They create halos of shimmering aurora circling the northern and southern poles.” Scientists directly observe the beginning of substorms using five THEMIS satellites and a network of 20 ground observatories located throughout Canada and Alaska. Launched in February 2007, the five identical satellites line up once every four days along the equator and take observations synchronized with the ground observatories. Each ground station uses a magnetometer and a camera pointed upward to determine where and when an auroral substorm will begin.

Instruments measure the auroral light from particles flowing along Earth’s magnetic field and the electrical currents these particles generate. During each alignment, the satellites capture data that allow scientists to precisely pinpoint where, when, and how substorms measured on the ground develop in space. On Feb. 26, 2008, during one such THEMIS lineup, the satellites observed an isolated substorm begin in space, while the ground-based observatories recorded the intense auroral brightening and space currents over North America. These observations confirm for the first time that magnetic reconnection triggers the onset of substorms. The discovery supports the reconnection model of substorms, which asserts a substorm starting to occur follows a particular pattern. This pattern consists of a period of reconnection, followed by rapid auroral brightening and rapid expansion of the aurora toward the poles. This culminates in a redistribution of the electrical currents flowing in space around Earth.

THEMIS is the fifth medium-class mission under NASA’s Explorer Program. The program, managed by the Explorers Program Office at Goddard provides frequent flight opportunities for world-class space investigations in heliophysics and astrophysics. The University of California, Berkeley’s Space Sciences Laboratory in Berkeley, Calif., managed the project development and is currently operating the THEMIS mission. ATK Space (formerly Swales Aerospace) of Beltsville, Md., built the THEMIS satellites.

The THEMIS team’s findings will appear online July 24 in Science Express and Aug. 14 in the journal science. For more information about the THEMIS mission, visit:

 

 

http://www.nasa.gov/themis

Kategorië Space & Science

Die geboorte van onafhanklikheid.

Julie 23, 2008 · 8 Kommentaar

Ek like hierdie eerste song van Rammstein nogal baie, terwyl die tweede een van Dido so verskriklik mooi is.  (Om van haar nie eers te praat nie!)

Anyways, gisteraand terwyl ek so deur YouTube speel en die songs download, toe is Jordan so bietjie op sy eie aangewese. Ek het vroeër vir hom WWE Specials getape en hy was besig om dit te kyk. Toe ek weer sien toe het hy vir homself ‘n bedjie voor die TV gemaak. Hy het ‘n kombersie gevat en dit op die grond voor die TV oopgegooi, kussings van die bank afgehaal en een reggesit vir sy kop en twee ander rondom hom. Hy het handdoeke uit die badkamer gevat en dit rondom die kombersie gevat en toe ‘n groot kombers gevat en dit bo-oor hom gegooi. Daar lê hy toe en stoei kyk. Toe ek dit sien kon ek nie help om te smile nie en het by hom gaan sit, die dat ek die post eers vanoggend opsit en nie gisteraand al nie, en saam met hom TV gekyk. En hom toe probeer oortuig om eerder in sy eie bedjie te gaan slaap. Hy vertel my toe “…dat maar Daddy, hierdie is nie so ver van die kamer af nie, ek sal okay wees hierso…” met ‘n baie ernstige gesiggie.
Eventually het hy ingestem om sy bedjie in die kamer te gaan maak. En toe ons gaan slaap en die ligte is af toe vertel hy my “ek is lief vir jou die hele kamer vol” en sê “Love you lots like jellytots”. Ek sê toe hy moet ook lekker slaap en dat ek baie lief is vir hom en toe so rukkie later toe sê hy, “Nee, ek is lief vir jou die hele huis vol!”

Hehehehe… dit is lekker om so te gaan slaap…. :grin:

Anyways, hier is daai twee liedjies….

Rammstein – Du Hast

Dido – Sand in my shoes (is sy nie net beautiful nie??)

Kategorië Sommer praat...

D I L L I G A F

Julie 21, 2008 · 15 Kommentaar

Hierdie is ‘n nuwe hoogs tegniese term wat ek die laaste ruk geleer het. 

Dis ‘n term wat mens kan gebruik om jou gevoel op ‘n baie akkurate wyse oor te dra aan mense soos jou Baas by die werk, aan Frank se prokurower of selfs jou vrou as sy moan dat die tuin aandag kort en die swembad ‘n skoonmaak terwyl jy eintlik net wil rugby kyk en miskien sommer ook jou bankbestuurder as hy begin stres oor die gebrekkige saldo in jou rekening.

Die verduideliking volg in Kevin “Bloody” Wilson se video hier onder.  (Vir ‘n verandering ‘n Australianer wat ek actually kan like…)  :lol:

(meer…)

Kategorië Sommer praat...

Girls in ‘n box.

Julie 16, 2008 · 28 Kommentaar

Ek staan onlangs en dink dat mens darem ‘n wye verskeidenheid vrouens kry, genoeg om van te kies en te keur.  Ek katagoriseer hulle graag en deel vandag die resultate met julle.  Vertel my gerus wie is jy, of skep jou eie katagorie.  Enjoy!

Die Kunstige tipe:  Jy herken hulle maklik aan hulle kleredrag.  Sy dra gewoonlik verskeie lae materiaal, in herfskleure, wat lyk asof dit los om haar gedrapeer is, gewoonlik gepaardgaande met ‘n serp of so.  Sy hou nie besonders baie van grimering nie en het gewoonlik so vae kyk in haar oë, asof die alledaagse heeltemal by haar verby gaan.  Jy sien haar nie sommer in swemklere nie en sy is gewoonlik iemand met ‘n ligte vel wat skrik vir die son.  Sy is down to earth en wat jy sien is wat jy kry.  O ja, sy is weird.  Sy het die vreemdeste gewoontes en weet nie dat daar Saterdae sport op TV is nie.

Goth-girl:  Ook herkenbaar aan haar kleredrag.  Dis swart.  Alles is swart.  En as dit nie swart is nie word dit swart gemaak.  Haar gemoed is ook swart.  Sy het egter ‘n hart van goud, gaan soek net daarvoor en ignoreer die uiterlike.  Sy weet nie van sonbrand en bikini’s nie en die strand is nie een van haar kuierplekke nie.  Sy is ook weird en drink waarskynlik graag Black Label.

Die ernstige tipe: Hierdie enetjie like power-pakkies en hoë hakskoene.  Sy is slim en kan dit nie verdra as mans haar takseer op haar looks nie, selfs al is sy mooi, sy het mos ‘n brein dammit!  Voer intelligente gesprekke met haar en moenie vir haar vertel sy lyk sexy in haar bikini nie.  Sy sal jou sue vir sexual harassment.  Hang aan haar lippe as sy haar wysheid deel en sorg dat jy op hoogte is met die nuutste wêreld gebeure.  O ja, moenie vergeet om haar te komplimenteer op haar slimmigheid nie.

Die Sexy girl:  Sy floreer op aandag, wees gereed om haar toe te gooi daarmee.  Sy trek altyd mooi aan en lyk stunning.  Sy weet waar al die beste haarkappers en spa’s is.  Sy is modieus en pronk graag in ‘n bikini en hou van komplimente oor haar looks of as ouens haar in die verkeer chaff.  Sy is mooi en trots daarop en gebruik dit tot haar voordeel.  Wees BAIE versigtig want jy gaan jou vingers verbrand, moenie verlief raak op daai stunning smile en perfekte wit tande nie.  Sy is ‘n expert in die span van spinnerakke en wanneer sy jou kry gaan sy jou opvreet.  Hoop sy bly lank genoeg in jou geintreseerd en jy sal ‘n wonderlike tydjie hê. 

Die Mamma tipe:  Sy is ‘n Ma en het nie tyd vir die simpelhede van mans nie.  Sy gaan kafee toe in ‘n sweetbroek en t-shirt en maak haar hare haastig vas in ‘n ponytail en dra waarskynlik vir junior op haar heup.  Sy het kort naels want dis prakties.  Sy dra nie grimering nie want daar is nie tyd om dit aan te sit nie.  Sy is gereeld te siene by skool byeenkomste en as jy haar kan rustig kry is sy ‘n wonderlike mens wat lekker kan gesels.  Like haar kids en sy like jou.  Moenie te kwaai wees met hulle nie, jy gaan in die bollie wees.  Koop vir haar blomme, sy het dit waarskynlik ‘n dekade laas ontvang.  O ja, sy kan lekker kosmaak. 

Die Party-girl:  Sy is net daarop uit om ‘n goeie tydjie te hê, met enige een wat die dop koop.  Sy is oppervlakkig en onvolwasse, sy weet wat is sensueel en verleidelik en gebruik haar wapens oordeelkundig.  Sy is ‘n kort termyn opsie en waarskynlik nie vreeslik intelligent nie, sy maak staat op haar looks en fladderende ooglede.  As jy kies om daarvoor te val gaan sy jou hope geld kos en waarskynlik oor ‘n maand of so jou broer of beste vriend date.  Dis jou eie skuld, jy wou mos.

Die Atletiese tipe:  Sy is verslaaf aan oefening en jy kan hulle easy ontmoet by ‘n gym.  Sorg dat jy goed lyk en ‘n hele rak vol haarprodukte by die huis het sodat jy ook goed kan lyk.  Moenie dink jy gaan Saterdae voor die TV lê en rugby kyk nie want jy gaan waarskynlik iewers besig wees om 20km te draf of op ‘n bergfiets verdwaal in een of ander bos of berg.  Sy is damn sexy en al die ander ouens gaan vir haar fluit, sorg dus dat jy ten minste ‘n 7de Dan in Karate is.  O ja, en sorg dat jy nie ‘n hartaanval kry op 30 nie.

Die Buitelug tipe:  Sy dra langbroeke en hemde en boots.  Sy hou van hike en is ‘n praktiese girl.  Sy kan ‘n 4×4 bakkie beter bestuur as jy, sy kan ook daai bakkie reverse met ‘n karavaan aan en sy weet hoe om vuur te maak sonder Blitz.  Sy kan ‘n kompas lees en stap maklik ‘n dag lank met ‘n 30kg rugsak.  Sy weet van gewere en kan bokke slag.  Sy ruil self haar kar se tire om as sy ‘n papwiel kry en gaan vir jou lag as jy nie veel weet van camping trips nie.  Sy swem gemaklik in rivierpoele en is nie vreeslik huislik nie.  Jy gaan die natuur ervaar soos nooit tevore.

Undisclosed: Die “ek-isi-so-vlakie” tipe wat weier om te glo dat hulle in ‘n katagorie pas.  Waarskynlik feministies van aard of ‘n lesbian.  Sy het waarskynlik nie ‘n humorsin nie en gaan almal waarsku om my blog onmiddellik te boikot.  Sy like vir ouens soos Frank en stamp haar voete hard as iemand nie met haar saamstem nie.  Maar ek glo nie daar is sulke girls nie!

Kategorië Sommer praat...

Pa en seuns…

Julie 15, 2008 · 15 Kommentaar

Toe Sunnyside nog die tipe van plek was waar ‘n ou kon kuier sonder dat die skuim van die aarde jou oorval het, was daar in Sunnypark Sentrum, op dieselfde vlak as Fingers, ‘n tipe van Restaurant/kroeg gewees, die naam waarvan ek nou vergeet het.  Dit was hier in die vroeë negentigs gewees en ek het dikwels daar gaan “pool” speel en musiek luister.  Mens het deur die restaurant-deel gestap en dan deur sulke deure na ‘n agterste vertrek gegaan waar die kroeg aan die regterkant was, ‘n stage waar musikante kon speel agter teen die muur en ‘n jukebox by die ingang.  Een van die liedjies wat ek daar leer ken het, vandag nog van hou en gereeld na geluister het was “Cats in the Cradle” van Ugly Kid Joe.
Ek dink dis ‘n baie mooi Pa-en-seun liedjie…

(meer…)

Kategorië Sommer praat...

Girls.

Julie 14, 2008 · 14 Kommentaar

Ek het 3 wonderlike seuns, maar geen dogters nie.  Nie dat daar juis fout met 3 seuns is nie, maar dis nie waaroor ek wil skryf nie.  Ek wil sommer net skryf oor dogters, of dan my gebrek aan dogters, want ek wonder soms of elke Pa nie dalk ‘n dogter ook kort nie.  Ek het ‘n vermoede dis net baie anders, selfs al het nie eers die girlfriends wat al in my lewe was enige dogters gehad nie. 

In elk geval, hierdie twee liedjies is vir my so mooi.  Miskien juis omdat ek nie dogters het nie, miskien ook omdat ek weet ek dit eendag sal mis om saam met my dogter in ‘n Kerk af te stap wanneer sy trou.  That’s just me…

(meer…)

Kategorië Sommer praat...