Da Mario se gepraat…

Afdag.

July 1, 2008 · 15 Comments

Ek speel bietjie bly-by-die-huis Daddy vandag.  Jordan het gisteraand gesê hy voel nie lekker nie en vanoggend het hy glo ook nie te lekker gevoel nie, so ek vat vandag tyd af om so bietjie tyd saam met my seuntjie te spandeer.  Dit lyk darem nie dodelik nie, seker maar ‘n ernstige aanval van eksie-lus-vir-vakansieskool-nie! :D

Maar mens kan nie kanse vat met kids nie, so ons bly maar by die huis en hou die simptome dop…

Categories: Sommer praat...

15 responses so far ↓

  • Wipneus! // July 1, 2008 at 11:52 am

    Sterkte DM, ek hoop Jordan voel gou beter!

  • meermin // July 1, 2008 at 12:17 pm

    Hoop Jordan voel sommer gou gou baie beter, pasop vir verkoue. Hou hom maar warm!

  • happytheclam // July 1, 2008 at 12:22 pm

    DM, as hy enigsins na my kiddies aard is dit ‘n ‘ek soek tyd saam my Pa en niemand sal my keer nie’ dag. Geniet dit en speel BAIE playstation!

  • DGS // July 1, 2008 at 1:38 pm

    Nou wonder ek net… Werk Karin vandag? :evil:

  • Da Mario // July 1, 2008 at 1:53 pm

    DGS…
    Toevallig nie. Maar sy is siek. Genuine.

  • demoerin // July 1, 2008 at 1:58 pm

    Mmmm, DGS, eerste ding wat ek gewonner het. Hierdie klink vir my so al na stokkiesdraai!!

  • René // July 1, 2008 at 2:22 pm

    Geniet jou af daggie mater – met of sonder Karin!

    Gee grooooot hug vir daai Jordan-kind van jou! :mrgreen:

  • Ogies // July 1, 2008 at 3:37 pm

    Hahaha. Hy vat sommer net vet kanse :wink: Ek dink Pappas val net makliker daarvoor as Mammas. Maar tyd saam met hom kan julle net goed doen. Ek wonder wanneer is hy van plan om weer huistoe te kom?

  • DGS // July 1, 2008 at 3:42 pm

    Ye right! :lol:

    Kom ek raai: jy hoef nie heen en weer medisyne aan te dra nie, want sy en Jordan lê saam voor JOU TV en flieks kyk….

    ‘n Vinnige staaltjie: Ek en ‘n girl verslaap een oggend en sy mis ‘n toets by die varsity. Maak vinnig plan en organise toe maar ‘n sieksertifikaat by dokter-pêl. Girl oorhandig volgende dag sieksertifikaat sonder enige probleme. Dag daarna tref die paw-paw die fên. Dosent het so bietjie gaan huiswerk doen, en uitgevind dokter-pêl wat noodsieksertifikaat verskaf het, is ‘n plastiese chirurg! Girl score ZERO vir toets!

    Moet net nie dat ons julle ook uitvang nie! :lol:

  • Da Mario // July 2, 2008 at 1:12 am

    DGS…
    Whahaha!! :lol: Oulike storietjie daai!!
    EN nope, eks alleen. :cry:

    Ogies…
    Tape stoei op die PVR. Dalk kom Jordan dan huis toe! :lol:

  • BB // July 2, 2008 at 8:18 am

    …ken ek daai een nie – “vakansieskool is sooooooo vir baba’s Mamma!!” – en dan voel hy ‘nie lekker nie’ – tot so net na 8vm! :lol: teen 12h is ons in die fliek met ‘n moerawiese popcorn en ‘n slush puppy… is nogal amazing wat aandag vir ‘n olike gevoelentheid kan doen ;)
    Enjoy anyway! x

  • Paula // July 2, 2008 at 12:28 pm

    Hoop Jordan voel gou weer beter!

  • Pagoda32 // July 2, 2008 at 2:41 pm

    O aarde…so dit wag ook nog vir my…

  • demoerin // July 2, 2008 at 2:53 pm

    Ek vertrou glad nie die stilte nie. Hiers iets aan dei broei :lol:

  • René // July 2, 2008 at 3:52 pm

    hier kom ‘n ding…

Leave a Comment