Ek was op ‘n manier seker maar nog altyd okay daarmee gewees om alleen te wees en soms het ek sulke tye baie nodig gehad. Op die tye wat jou kant van die bed soggens egter nogsteeds opgemaak is dan weet ek dat die dae soos jare gaan voel omdat jy nie by my is nie. En wanneer jy huis toe gaan en my alleen los dan wil ek die treë tel wat jy gee weg van my af en ek wonder of jy kan sien hoe teësinnig dit is wat ek jou toelaat om te gaan?
Daar is so baie dinge wat ek doen wat my herinner aan jou. Daar is so baie oomblikke wat jy in my gedagtes langs my staan en ek met jou gesels of jou opinie vra. Ek mis die woorde op jou tong en die wysheid en liefde waarmee dit na my kom en die manier wat dit het om my deur ‘n dag te kry.
Wanneer jy weg is mis die stukkies van my hart jou. Ek mis jou…
22 responses so far ↓
liezl // July 2, 2008 at 10:00 pm
Mooi post. Sy lyk na ‘n stunning, saggeaarde girl. Beste wense vir jul albei.
DGS // July 3, 2008 at 6:34 am
Stof af julle trouklere en dansskoene, mense.Ek sien ‘n bruilof op ‘n myl, en hierdie een is aansienlik nader.
/me wonder of Teazers op kort kennisgewing vermaak kan oorstuur vir die rampartytjie…
Da Mario // July 3, 2008 at 8:15 am
DGS…
Op ‘n myl?
Skoenlapr // July 3, 2008 at 8:43 am
/me maak keel skoon om genotice te word …
goeie more good morning!
dis erg lekker om jou happy te sien mater!
BB // July 3, 2008 at 8:58 am
You’ve got such a wonderful way with words…
meermin // July 3, 2008 at 9:59 am
DM dit is nou so mooi gestel! Ek ruik liefde in die lug! Myl nee ek dink 1 kilometer!
Wipneus! // July 3, 2008 at 11:10 am
Ek sien dit ook DGS!!
Ek stem saam Biebs jy skryf mooi DM!!
neykie // July 3, 2008 at 11:59 am
Dis woorde van die hart die. Ek glo nie dis ooit maklik om iemand te groet al is dit net vir ‘n rukkie nie.
alta // July 3, 2008 at 12:56 pm
Mooi woorde.
boerinballingskap // July 3, 2008 at 3:11 pm
mooi geskryf
Wit perd // July 3, 2008 at 4:36 pm
Dit maak my sommer hartseer. Dus Pragtig!!
netjane // July 3, 2008 at 9:37 pm
Bly om te sien die verliefdheid het nog nie verander nie!
DGS // July 3, 2008 at 9:44 pm
‘n Versie vir julle twee duifies…
Stukkie vir stukkie
steel
jy my hart
Stukkie vir stukkie
heel
jy my smart
Stukkie vir stukkie
jy – hartedief
Stukkie vir stukkie
kry ek jou lief…
» Die stukkies van my hart // July 3, 2008 at 9:53 pm
[...] het ek so vinnig vir Da Mario en Karen opgemaak, na aanleiding van ‘n possie van hom met dieselfde [...]
Karin // July 3, 2008 at 10:36 pm
Dis so nice, DGS. Dankie.
Da Mario // July 4, 2008 at 7:48 am
DGS…
Heng dis mooi… thanks man!
Celéste // July 4, 2008 at 8:21 am
Daar het julle nou sommer ‘n seremoniemeester ook gekry (in DGS)
Da Mario // July 4, 2008 at 12:03 pm
Hello Lapr….
….lekker om jou weer te sien!!
happytheclam // July 7, 2008 at 8:53 am
Sjoe, ek is sprakeloos en dit vra om gedoen te wees DM. Post tog vir ons foto’s van die troue.
demoerin // July 7, 2008 at 1:44 pm
Carina // July 7, 2008 at 4:01 pm
Oe maar dis mooi! Ek hoop jy se dit vir haar…
René // July 8, 2008 at 8:04 am
Waaaaaaaa is jy????