Hoop julle gaan elkeen ‘n lekker naweek hê en darem nie net die hele tyd voor die TV vasgeplak wees vir die Olimpiese Spele nie. Of vir die Rugby nie. Of vir Motorsport nie.
Noudat ek dit geskryf het, dink ek aan iets wat ‘n vriendin my nou die dag vertel. Klaarblyklik is ek goed met projeksie. SO ek neem aan dat ek dalk bang is dat dit is wat ek onbewustelik beplan, om die hele naweek voor die TV deur te bring, en nou projekteer ek die waarskuwing op JULLE terwyl dit eintlik myself is wat ek moet waarsku…. oh well… whatever.
Geniet die naweek anyways, en baie geluk aan Louisa met haar verjaarsdag!
11 responses so far ↓
demoerin // August 8, 2008 at 9:54 am
Ek stem …whatever. Ai, ek gaan weer min slaap inkry om te probeer op hoogte van al die sportgebeure te bly. Geniet dit!
netjane // August 8, 2008 at 11:19 am
Gelukkig het julle almal actually tv’s. Myne is iewers in ‘n container tussen hier en Swede.
Da Mario // August 8, 2008 at 12:17 pm
Ek is seker daar is BAIE ouens wat hulle TV’s vir jou sal aanbied om die sport op te kyk as jy instem om hulle biltong en bier vir hulle aan te dra gedurende die tyd wat jy daar is.
….en hou sommer die bordjies met snacks ook gereeld aankom….
René // August 8, 2008 at 12:22 pm
Da Mario die slawedrywer! Nee wat Janey, kry eerder ‘n lekker leesboek en gaan lê in die son en lees, dit sal baie meer relaxing wees!
netjane // August 8, 2008 at 12:39 pm
Ja nee Rene – gee vir DM ‘n kansie dan push hy sy luck!
slons // August 8, 2008 at 1:10 pm
Da M
Verskoon die Agie maar is dit nie jy wat laas keer vir Steve in die hospitaal opgespoor het nie ,wonder maar net hoe dit met hom gaan nou dat mens nie meer hoor oor hom nie
Dellie // August 8, 2008 at 1:54 pm
Ekke en liefie gaan more die Wesbank V8 Supercars uitcheck hier op ons Phakisa renbaan. Daar is Bridgestone production cars ek dink iets soos die Engen VW cup, en bikes. Kan nie wag nie. Die ouens kom maak al vanaand so ‘n draaitjie in die “hoefie” sodat ons ‘n voorsmakie kan kry.
En dan gaan ons dans!
Geniet julle naweek!
demoerin // August 8, 2008 at 2:44 pm
Netjane….is daar nie pubs in jou area nie?
Sondag kan Dellie weer nie loop nie.
HappyTheClam // August 8, 2008 at 2:45 pm
DM, onlangs verloof en al wat jy beplan vir die naweek is TV? Is dit nou blou pilletjie tyd vir jou?
Da Mario // August 9, 2008 at 7:05 pm
Lol Happy, ek is (nog) nie verloof nie en dis DEFNITIEF nie blou pilletjie tyd vir my nie. Trust us on that one….
demoerin // August 11, 2008 at 11:15 am