Da Mario se gepraat…

The other girl…

August 11, 2008 · 7 Comments

Mans is soms seker soos tieners.  Wel oraait, net in sommige opsigte.  En net sommige ouens in sommige opsigte, darem nie almal nie.  En soms laaik sommige ouens in sommige opsigte miskien bietjie te veel van grootpraat oor sommige goeters, maar veral oor girls en girls se bates in baie gevalle. 

En nou dat ek alles so veralgemeen het dat ek nie meer oor enige man spesifiek praat nie, kan ek aangaan met my storie. Julle sien, girls is soms amper soos iets om te verower en as jy nou al baie suksesvol was in veroweringe en so dan is dit soms nogal iets om oor te praat by die kroeg of agter die paviljoen of iewers tussen jou tjommas as die testosteroon hoog is en die proviand vloei, dis dalk amper ‘n geval van “Ek het meer boobies as jy gesien, so ek is die wenner” tipe van geval.  Baie tieneragtig en so aan ja, maar ek los die veroordeling aan die sielkundiges en die ge-oë-rollery vir die preutses.

Ek praat op ‘n stadium met twee ouens en soos dinge maar gaan dwaal die gesprek langsamerhand na girls. Toe begin ek wonder oor hulle praatjies en die manier waarop hulle die chick-ies uit check, want ek dink nie enige girl wat in wedywering “oorwin” kan word is juis besonders baie die moeite werd nie. As sy haarself beskou as ‘n prys dan wonder mens nogals op watter stadium sy haarself uit die game sal haal, sal sy getrou bly of sal sy ontvanklik wees vir wat sy beskou as beter opportunities?
Dit geld seker maar net vir daai tye wat jy ernstig is oor die girl, ander kere is dit dalk ‘n tipe van mutual understanding. Dis net tydelik. So why worry….

Toe ek wegstap kon ek net smile. Ek is bly ek is klaar met kompetisie. Ek het nie meer nodig om te praat oor ander girls nie, en dis nogal lekker.

Categories: Sommer praat...

7 responses so far ↓

  • demoerin // August 11, 2008 at 2:32 pm

    Hmmmf….tienerjariges. Nee jong, ek sal nou nie die prys-girl vertrou nie. Of sy voel aangetrokke tot EEN van die twee ouens, of nie. Jy kyk darem sekerlik nog na die menu…enige volley ball die naweek gesien? :lol:

  • Da Mario // August 11, 2008 at 8:03 pm

    Lol… nope, niks volleyball gekyk nie, maar die girls wat deelgeneem het aan die fietsry was glad nie te sleg nie…. :D
    ….ek verkies egter nogsteeds vir K bo enige een van hulle…. en ek sê dit nie net omdat sy hier lees nie…. :lol:

  • demoerin // August 12, 2008 at 7:01 am

    :lol: Dit gaan meer oor die beach volley ball outfits….eishhh.

  • OakTree // August 12, 2008 at 11:14 am

    jou laaste sin maak die meeste sens… dis wanneer jy n vrou het waarmee jy tevrede is wat jy uit die game klim… en dit is nogal lekker! ;)

  • René // August 12, 2008 at 2:20 pm

    Skuus tog as ek bietjie eerlik is hieroor – maar daar is sekerlik NIKS so simpel as mans wat vrouens – en veral hul anatomie bespreek nie! Imagine ons klomp vrouens staan en gesels nou oor mans se … ag nee toema, ek wil nie eers die prentjie imagine nie!!!

    Sorry vir die tone wat ek op trap, maar regtig ouens … het julle wragtig NIKS beter om oor te praat nie??

  • demoerin // August 12, 2008 at 2:39 pm

    :lol: A nee a Rene, net nou die dag het die meeste dames op ‘n ander blog erken hulle doen dit wel. Kostuums is mos nie deel van anatomie nie? En mooi bly mooi, wees eerder bly ons bespreek nie mans nie. :lol:

  • Celéste // August 12, 2008 at 2:46 pm

    Sjoe, René, maar jy is kwaai vanmiddag – ek ken jou nie so nie.

Leave a Comment