Jy’t gesê ons liefde, sal bly staan
al tuimel al die berge in die oseaan…
Doen vir my ‘n gunsie, voor jy gaan,
gooi vir my ‘n klippie, ‘n klippie in die oseaan…
Wie sal ooit die liefde, kan verstaan?
Nader as ‘n hartklop, verder as die maan….
Daar’s ‘n tyd van kom en ‘n tyd van gaan,
dit het ek gelees maar, hoe sal ek dit ooit verstaan?
En kyk hoe sak, die sekelmaan
in die stille oseaan
stille waters, diepe grond
onder draai die duiwel, ja onder draai die duiwel rond
Miskien is die liefde, net ‘n fantasie,
want dis nie alles maanskyn en rose nie
jy was vir ‘n rukkie, aan my sy
was jy net ‘n bietjie, net ‘n bietjie lief vir my?
Miskien is daar ‘n plekkie, vir ons twee saam
anderkant die berge, van die maan
en as die maan weer opkom, sal ek onthou
ek was vir ‘n rukkie, ook ‘n bietjie lief vir jou
Ja ek was ‘n rukkie, ook ‘n bietjie lief vir jou.
94 responses so far ↓
Wipneus! // August 13, 2008 at 11:07 am
Dis baie mooi en seer.
Ons gaan jou inskrywings mis, ek lees altyd lekker hier by jou. Ek hoop net ons gaan darem so nou en dan ietsie kan lees.
Mooi bly DM
Skoenlappr // August 13, 2008 at 11:18 am
wat is fout? hoekom gaan jy ophou met blog?
Celéste // August 13, 2008 at 11:26 am
Nou vir wat staan jy en trek ‘n Frank op jouself deur jou “comments” te sluit? Is jy bang vir die “punches” wat na jou kant toe gaan kom? En so by-the-way, as dit nie vir jou getroue ondersteuners was nie sou jy ook nie 2 jaar en amper 400 posts gehou het nie, hoor. Jou redes vir ophou is “lame” om die minste te sê en beslis nie jy nie en jy skuld ons!
So, professor – hoe’s daai?
Da Mario // August 13, 2008 at 11:29 am
Celéste…
LOL vir die “Frank” statement, ek bedoel nie om soos ou Botha te wees nie. Dis net dat dit nie ‘n onderwerp is wat oop is vir bespreking nie.
En ek het nie ‘n enkele rede gegee vir my besluit nie, behalwe oor die telefoon, so niks was “lame” nie!
Ek dink net die tyd vir my was hier en nou is dit verby.
Miskien eendag weer. Wie weet.
O ja, en dankie dat julle getroue ondersteuners my so gedra het die afgelope twee jaar. Maar my kuber-fame is vir eers verby!
Skoenlappr // August 13, 2008 at 11:36 am
ek dink daar’s ander redes wat Bat nie met ons wil deel nie.
en ‘n mens kan jou maar net indink …
DaMario, jy is my begin in die oggend en my koebaai in die aand. Ek lees nou nog van jou ou posts.
Is hierdie ‘n besluit wat jy ALLEEN geneem het???
Da Mario // August 13, 2008 at 12:24 pm
Ek het hom stoksiel alleen geneem ou Lapr’kie, sonder enige konsultasie van enige iemand.
Jenny // August 13, 2008 at 12:31 pm
Gosh, die blogwereld gaan nie weer dieselfde wees nie…
Ons gaan jou mis, dis gewis… (lol, hoe’s daai vir bad poetry!)
//me wishes dm does a ‘frankie’ again and changes his mind
demoerin // August 13, 2008 at 12:41 pm
En so gebeur die dinge ok maar! Lekker gelees vir die kort rukkie! Tot ‘n ander dag dan iewers in die blogosfeer!
Skoenlappr // August 13, 2008 at 1:27 pm
wat was jou beweegrede agter hierdie besluit? of wil jy nou biki meer privaat wees? wil jy nie meer jouself met ons deel nie?
of wdf is dit??
jy klink biki af …
liezl // August 13, 2008 at 2:57 pm
Jammer om dit te hoor, mag dit net goed gaan vorentoe.
boerinballingskap // August 13, 2008 at 3:10 pm
Dis ‘n effense abrupte besluit? Sommer so uit die bloute…
Sterkte, as jy sterkte nodig het. Laat dit mooiloop. Jy sal verseker gemis word.
Skoenlappr // August 13, 2008 at 3:44 pm
seg ek ook boerinballingskap. effens aburpt … understatement of the year.
daar is ‘n ass in die wasbak … (lees: slang in die gras)
Skoenlappr // August 13, 2008 at 3:45 pm
abrupt that is …
(aburpt LOL!!!!!)
oopkop // August 13, 2008 at 4:09 pm
Dis nie nice nie.
Jaco // August 13, 2008 at 5:41 pm
Jy sal gemis word. Mooi loop ou grote
Pagoda32 // August 13, 2008 at 6:21 pm
Nee wat
Mens word nie net een oggend wakker en besluit dat jy jou blog sluit nie. Daar is altyd onderliggende redes. As jy dit vir ons verbeelding wil laat, so be it!
Voorspoed DM, ek sal jou possies ook mis.
Da Mario // August 13, 2008 at 8:07 pm
Ag ou Lapr’kie, op die ou einde maak die hoekoms en waaroms tog nie werklik saak nie.
Emil // August 13, 2008 at 8:15 pm
“Farewell the tranquil mind; farewell content!
Farewell the plumed troop and the big wars
That make ambition virtue!”
DGS // August 13, 2008 at 10:36 pm
WTF??!! Ek raak vir ‘n week weg, en die Afrikaanse blogosfeer raak mal. Sonder om aanstoot te gee aan enige ander blogger, maar ek reken jou en Johan Swarts as die groot geeste van Afrikaanse blogs. En nou pak jy op… Frokkit, ek gaan jou mis!
Thanks vir alles in die tyd wat ons kon saam blog. Ek het moer baie by jou geleer, en het veral die bekgeveggies (onthou jy nog?!) geniet.
Tot weersiens!
alta // August 13, 2008 at 11:10 pm
Nee man, wat nou?? Ek gaan jou baie mis in die blogging wêreld. Mag alles net goed gaan met jou!
Janine // August 13, 2008 at 11:16 pm
Aggenee, jy kan dit nie aan ons doen nie! Why Larry, why?
Comment nie baie nie, maar lees elke dag en my dag gaan net nie dieselfde wees sonder jou gegriffel nie!
Ek dink jy moet net ‘n kort breukie vat, dan gaan jy ons almal so mis dat jy eenvoudig net moet terugkom
meermin // August 14, 2008 at 7:19 am
Was ek nou geskok toe ek vanoggend hier lees van jy wil ook nou oppak en nie meer blog nie!! DM jy sal gemis word! Dalk loop ons mekaar weer een aand raak by O Hagans, wou gisteraand soontoe gaan … maar nou ja nie daar by uitgekom nie! Sterkte vorentoe.
Skoenlappr // August 14, 2008 at 9:09 am
“DM: Ag ou Lapr’kie, op die ou einde maak die hoekoms en waaroms tog nie werklik saak nie.
”
Hier’s fout mense … hier’s fout.
wil jy my nie mail en vertel wat fout is nie samblief?
Johan Swarts // August 14, 2008 at 9:38 am
Nee, hokaai, jy kan nie verdwyn nie. Jy’s nog nie by 200 000 hits nie!
Op ‘n ernstige noot – ek dink nie jy moet ophou nie, maar ek ken nie eintlik jou omstandighede nie, so dalk praat ek dinge wat ek glad nie weet nie. As jy regtig moet ophou, weet dat jy gemis sal word.
(@DGS – Jy laat my bloos, man!)
netjane // August 14, 2008 at 9:53 am
Wat? Wat? Wat? Ag crap man. Nee!
demoerin // August 14, 2008 at 10:43 am
Ja nee, watookal die rede of omstandighede. Solank jy happy is met jou besluit.
Skoenlappr // August 14, 2008 at 10:44 am
ek dink hy word gedwing … vrywillig verplig …
Flutterby // August 14, 2008 at 11:55 am
Hi DM
Ek dink jy is genoeg van jou eie mens nie gedwing te word in enige besluit nie, so moet jou nie te veel kwel oor almal se meddling comments nie, hopenlik word hulle eie lewens interesant genoeg dat hulle nie so graag in joune wil inmeng nie.
Lekker dag
René // August 14, 2008 at 12:09 pm
F(l)ok NEEEEEE!!!!! Ek wetie wat om te sê nie!
Flutterby – kan ek vir jou ‘n pierinkie melk aanbied…wag, voor ek iets verder sê en dalk INMENG!!
Ek like nie van baai sê nie Da, so ek sê net tot weersiens!! Ek respekteer jou geweldig baie, so ek respekteer jou besluite ook – maak nie saak hoe verkeerd ek dink jy is nie! (Want dis dan mos inmeng jy sien) Pffffft
Anyhow – sterkte met die toekoms! As jy besluit om weer ‘n blog te begin sal ons jou met ope arms en harte ontvang!!
Love you mater!
Flutterby // August 14, 2008 at 12:17 pm
Daarsy Rene, van jou 3de paragraaf is mos nou ‘n mooi groete, maar as die skoen pas is mens maar geneig om ‘n ding so vreeslik persoonlik op te neem en dan is jou 1ste en 2de paragraaf dan van toepassing.
**Skaterlag**
Lekker dag, ek sal julle nie verder pla op hierdie blog nie.
Da Mario // August 14, 2008 at 1:05 pm
Dit was nou ‘n verrassing om jou hier te sien Flutterby… thanks vir die inloer.
Flutterby // August 14, 2008 at 1:27 pm
Plesier man, ek dag ek red jou van al die ridicule.
Flutterby // August 14, 2008 at 1:32 pm
Bygese, hier is darem ‘n paar nice mense hier.
Skoenlappr // August 14, 2008 at 2:02 pm
wdf?
Skoenlappr // August 14, 2008 at 2:12 pm
DaMario … iets is verkeerd hier … vroeer sou jy met ons gelag en geskerts het … nou klink jy half afsydig.
Ek het dit so ‘n rukkie terug begin agterkom …
Ogies // August 14, 2008 at 2:40 pm
Hi julle almal
Ek weet hoekom DM sy blog wil toemaak en sy verskoning verstaan ek in een opsig in die ander opsig dink ek net hy hanteer dinge verkeerd. Maar probeer by homself uitmaak hoe hy dit moet hanteer. Staan hom by, hy is nie homself nie en het julle nodig!!! Net dalkies kry julle dit reg om die ou Da Mario terug te kry… It’s worth trying
Jou liefde het hom heel gemaak. Hy is laf en hy dink soms voor hy dinge sê al is dit hoe onskuldig. Hy het jou lief en vir hom is daar net jy …. Ekt hom nog nooit so gelukkig gesien soos wat hy die afgelope rukkie was nie en ek gun hom dit met my hele hart. Hy verdien dit.
En nou’s my daad gedoen.
Ekke
x
Karin // August 14, 2008 at 2:43 pm
Haai Liefie
Hoekom dan nou so?? Ek lees dan so lekker hier …
In elk geval: gelukkig kan ek darem nog elke oggend met jou gesels, so ek hoef nie te groet nie.
skoenlappr // August 14, 2008 at 2:47 pm
Karin, jissie, ek het al begin wonder wanneer jy ogies kom gooi. Ek’s bly jy sit nog ‘n glimlag op ons Batman se gesig! En ek is bly julle is happy.
hoekom klink die ou so ongelukkig?
Jenny // August 14, 2008 at 2:51 pm
OK, i’ve had it!
Sê nou almal agter my aan “Moet seblief nie weggaan nie! AsseGROOTsamblief!”
René // August 14, 2008 at 3:15 pm
Ogies, dalk moet ek en jy gesels, want ek dring nie meer deur nie! No offence aan enige iemand en skuustog vir die tone wat onder my voete beland … ek is bekommerd oor my mater, hy is dalk happy in love, maar “something’s wrong”!! Ek hoor ook iets wat “anders” is in sy stem!
Ons gee net om vir jou Da!
Ons ken jou mos darem ook nie van gister af nie!
Karin // August 14, 2008 at 3:29 pm
René
Miskien moet jy vir Flutterby luister en besef daar’s ‘n tyd om te laat gaan. Partymaal is dit juis deur spasie toe te laat en te aanvaar dat almal mens nie altyd ‘n verduideliking verskuldig is nie, dat jy help.
Skoenlappr // August 14, 2008 at 3:35 pm
Karin, dis nie baie mooi nie?
Ons is bekommerd oor DaMario. Dis al.
Ek dink nie dis reg van jou en Flutterby om ons oor die vingers te tik omdat ons omgee nie. Voorheen het dit nie vir hom gepla nie. Hoekom pla dit nou vir julle?
Sies vir jou DaMario !! … dat jy nou 2 girls kry om jou antwoorde te antwoord. Shame on you.
René // August 14, 2008 at 3:42 pm
Da Mario skuld MY GLAD nie ‘n verduideliking oor hoekom hy ophou blog nie – inteendeel, ek respekteer sy besluit!!
Ek ken hom goed en ek kan in sy stem hoor as daar iets fout is!
Dit bly SY besluit of hy vir my wil sê ek moet back-off of nie – en tot dusver het ek dit nog nie gehoor uit SY mond nie!
Niemand sal vir my sê ek mag nie omgee vir my vriende nie!
Flutterby // August 14, 2008 at 3:42 pm
Karin, uiteindelik, ek het al baie van jou gehoor. Hoop julle is happy saam.
Soos jy kan sien, het DM ‘n paar ouer-figure bygekry hier, moet asb nie dat dit jou pla net, ek dink dalk hulle wil hom self he.
Karin // August 14, 2008 at 3:42 pm
Skoenlappr
Mense is seker geregtig op privaatheid, nie waar nie? Niks lelik daaraan nie. Grense, dis al.
Flutterby // August 14, 2008 at 3:47 pm
Karin, as ek jy is, wees ek net versigtig vir kwaaitjie hierbo, sy raak erg opgewerk oor DM en verwys aanhoudend na haarself as “ons”
Flutterby // August 14, 2008 at 3:52 pm
Skies Skoenlapper, het nie bedoel om jou “oor die vingers te tik” nie. Ek dink net DM het genoeg van ‘n brein om ‘n besluit te maak en goeie rede daarvoor te he. Hy het seker sy redes, dis net nie nice dat almal so aangaan daaroor nie en ook sommer vir Karin die skuld gee, hoe dink jy moet sy voel.
Skoenlappr // August 14, 2008 at 3:57 pm
ag shame Flutterby, het DM laringitis dat hy jou as sy spokesperson aangestel het?
As DM genoeg van ‘n brein gehad het, sou hy nie toelaat dat hier so met sy vriende gepraat word op sy blog nie.
Wie gee jou die reg??
Skoenlappr // August 14, 2008 at 4:00 pm
DaMario sit jy nou en kyk na hierdie lelike dinge wat hier gebeur en gesê word??
Indien wel, hoe kan jy??
René // August 14, 2008 at 4:07 pm
/me soek gou haar bikini en ‘n plas modder…!
Flutterby – los dit nou – dit het mos nou absoluut boggerol met jou uit te waai!!
Da Mario was nog nooit op sy bek geval nie, so hy kan sekerlik vir homself praat!
Ek bly by my punt – NIEMAND sal vir my sê ek mag nie omgee vir my vriende nie! Kapish!!
Flutterby // August 14, 2008 at 4:08 pm
Hi skoenlapper, nie sy spokesperson nie, net sy prokereur en goeie vriendin.
Flutterby // August 14, 2008 at 4:10 pm
Hi Rene, bly julle is nog hier.
Lekker aandjie.
René // August 14, 2008 at 4:11 pm
Oooo frokkit – dit begin nou al soos FB klink!!! Hahahahaha!
Sonder benadeling van regte gesê natuurlik!!
Flutterby // August 14, 2008 at 4:12 pm
Bwahaha!
Da Mario // August 14, 2008 at 6:45 pm
Eish… julle girls het mekaar erg ge-grind vanmiddag.
Sorry ek loer nou eers weer in.
Julle weet, daar is soggens op Highveld Stereo ‘n advertensie. Dit gaan daaroor dat jou Pa en Ma dalk vir jou sal sê jy moet sus of so maak om suksesvol te wees, dat jou vriende vir jou iets anders sal sê en dat jy selfs iets anders sal leer op varsity. En dan sê hulle: “terwyl nie een hiervan verkeerd is nie, is ook nie een daarvan heeltemal korrek nie.”
Die punt is ouens, ek het nie enige girl aangestel as my spokesperson nie en ek weet julle het, soos daai advertensie, net goeie bedoelinge op die hart.
Maar besef ouens, soos baie ander mense hier, dat ek ‘n besluit geneem het. Ogies dink ek is verkeerd en ek weet Karin dink ook so, maar ek het die besluit vir MY geneem. Want dit maak sin vir MY.
Ek voel geëerd dat julle nie wil hê ek moet gaan nie en ‘n comment soos DGS s’n laat my voel ek is oorhaastig, maar hoe besluit mens wanneer om uit te tree? Miskien is ek eendag terug en maak ‘n comeback waarop either Frank of Mike Tyson jaloers sal wees, maar vir tyd en wyl is ek eers klaar met blogging ouens.
Baie dankie vir al julle comments en al julle ondersteuning en al die hits, en ja Johan…. ek is seker lekker dom om op te hou voor daai magiese 200 000 hits, veral vir ‘n gewese statshoer soos ekke, maar werklik ouens en girls… vir eers is dit nou verby.
Ek hoop julle verstaan nou bietjie beter!
Groete,
DM
TristonJ // August 14, 2008 at 6:57 pm
ek sit terug en kyk hoe mense uit omgee mekaar met modder gooi en ek is waarlik geskok… ek kom se my se al n hele ruk lank nie meer hier nie… maar hier is my se…
DM geniet die lewe, met of sonder n blog, dit gee nie n duiwel om wie wat daar oor dink nie. As ons jou nie weer hier sien nie, sterkte en geluk is die beste en eenigste ding wat ek jou toewens…
Karin // August 14, 2008 at 9:46 pm
Ogies
Nice briefie – dankie.
duskant // August 14, 2008 at 10:52 pm
Wind uit my seile, ‘n hectic besluit van jou…
…en skielik voel dit vir my ons “jonges” staan sonder ‘n ongesproke blogmentor…
Ek gaan jou woorde hier mis, ek het verk baie by jou geleer – ook oor die lewe. Maar eendag koop ek vir jou ‘n bier iewers by ‘n barcounter hier in Petoors.
Mag dit goed gaan DM.
Flutterby // August 15, 2008 at 12:06 am
Wipneus, demoerin, Jenny, Liezl, Jaco, Emil, DGS, Alta, Janine, Meermin, boerinballingskap, Johan Swarts, Netjane, Ogies, Jenny, TristonJ, Duskant en Oopkop, enige persoon kan dankbaar wees om vriende soos julle te he.
DM, jy is baie lucky, die mense gee regtig om vir jou en respekteer jou wense en besluite. Die wereld kort meer sulke mense.
Baie sterkte met als.
DGS // August 15, 2008 at 2:46 am
Fifty bucks sê jy is terug – binnekort!
Wat ookal gebeur en wat jy ookal gaan doen – GEE DIT GAS! En stay true to yourself.
Ek salueer een van die grootste Afrikaanse bloggers!
DGS // August 15, 2008 at 2:48 am
PS: Flutterby-butterfly – jy het vir René vergeet!
René // August 15, 2008 at 8:23 am
Ek voel nie ek hoef vanoggend verskoning te maak vir my woorde van gister nie, maar ter wille van my eie gewete wil ek graag die volgende sê:
Karin – eerstens vir jou – ek is baie bly dat jy vir Da Mario gelukkig maak, ek stem saam met Ogies, hy verdien dit! Ek het nooit bedoel om op jou tone te trap nie – as ek het – ek is jammer daaroor! Alle sterkte vir julle toekoms saam!
Flutterby – jy is geregtig op jou opinie en ek respekteer dit!
Da Mario – ek vra verskoning vir die pierinkies melk wat ek uitgesit het – jy weet my bedoelings is opreg en dat ek baie respek het vir jou en vir ons vriendskap! Alle sterkte vir jou toekoms en ook vir jou en Karin!! Dankie dat ons ‘n stukkie van jou lewe hier saam op die blog kon deel.
Aan die res van die lesers … hier is ‘n nare ding besig om sy kop op uit te steek op die blogs wat ‘n bitter smaak in baie mense se monde los! Kan ons nie maar net soos in die verlede almal mekaar verdra en net lekker saam kuier nie!?
demoerin // August 15, 2008 at 8:57 am
Sê jy nou wat tanne het Rene! Ek wonner of blogging soos drugs is, hoe lank kan jy sonner dit klaarkom? Wonner maar net?
Ogies // August 15, 2008 at 8:57 am
Karin,
Plesier! Dit was opreg bedoel
Sterkte vir albei van julle!!
X
Flutterby // August 15, 2008 at 9:17 am
Hi DGS, ek antwoord maar jou vraag met stilte…lol.
Lekker dag vir almal van julle.
Joy // August 15, 2008 at 11:26 am
Shoe, ons is darem so skaflik… julle moet maar almal kerk toe gan 24/7.
Flutterby // August 15, 2008 at 11:27 am
Aangename kennis Joy!
Joy // August 15, 2008 at 11:29 am
Ag aangename kennis vir jou ook Missy Flutter… Flutter jy die kennise met jou vlerkies… ek smaak demoer in se nick!
Flutterby // August 15, 2008 at 11:30 am
Lol, ek is ook nuut hier.
Joy // August 15, 2008 at 11:33 am
Ag dis wonderbaarlik.
Joy // August 15, 2008 at 11:39 am
Flutterface.. kan jy ook my spokesperson wees asb.. ek het ‘n paar dinge op die hartjie…
Flutterby // August 15, 2008 at 11:41 am
Joy
Ek sal my dienste as prokureur verskaf, enige tyd, wat pla?
Joy // August 15, 2008 at 11:41 am
Jis nous jy nogals ‘n prok ook…. ek het ‘n paar sakies wat onder raps geneem moet word.. of onder jou vlerke… warrie donner gan hier aan.. julle maak al headline news… CNN!!!
skoenlappr // August 15, 2008 at 12:18 pm
Flutterby, miskien moet jy jou eie blog kry waar jy jou menings kan post, want jy gesels nou op jou “klient” se tyd en property.
Flutterby // August 15, 2008 at 12:41 pm
Sal so maak dankie skoenlapper, op my eie tyd, nie joune nie.
Joy // August 15, 2008 at 12:47 pm
shoe… jou ou viswyf…. skoenlapppppppppppr…. jou vlerke moet geknip word. My papegaai sin word die naweek gedoen kan ek jou inboek?
skoenlappr // August 15, 2008 at 12:53 pm
LOL!!
jissie Joy, vrygewig met die komplimente!
viswyf … LOL!!
ai hoe lekker lag ek nou vir die nuwelinge …
shame siestog frokkit!!
dankie! julle maak my dag! LOL
Flutterby // August 15, 2008 at 12:54 pm
Joy, soos ek gister agtergekom het, is dit maar in Skoenlappr se persoonlikheid om nasty te wees en soms agter mooi woorde te skuil, so ek sal ‘n blog kry oor so 2 dae, besoek my gerus.
Joy // August 15, 2008 at 12:56 pm
Oooo ek kannie wag vir besoekers ure nie.. WONDER of hulle my sal uitlaat….Weet jy nie hoe om fokkit te spell nie… skoennie? aai maraai kom ons lag te lui lekker saam op die vrydag.. jolige ou daggie… im a poet and i dont even knowit!
Flutterby // August 15, 2008 at 12:57 pm
Lol, totsiens al die mooi mense op hierdie blog.
skoenlappr // August 15, 2008 at 1:01 pm
Flutterby, weet jy … ons is eintlik ‘n oulike klompie hier bymekaar. Ons het almal ‘n devlish sin vir humor. DaMario ingesluit.
Hier kryt ons nie mekaar uit en noem mekaar name nie. Ons lag en skerts saam. ‘n Mens kan sien julle is nie so gekonfyt met die bloggerasies nie. Ons vergewe julle. En ek het werklik niks teen julle nie, want ek ken julle nie eens nie.
Maar wat my kwaad maak, is die feit dat julle as nuwelinge hier op ‘n ou bekende se site kom rondploeter en ons beledig. Dit staan my nie aan nie.
Maar andersins hou ek van julle spitsvondigheid,
/me swaai die wit vlaggie rond …
Joy // August 15, 2008 at 1:01 pm
Ag ou oulike skoennie… nuut of nie.. jy weetnie waarvan jy praat nie.. trek jou pantihouse aan… en trap in die pad… n skoenlapper is te mooi om homself met jou te vereenselwig.. shoe die afrikaans kom nou sterk deur.. anyhow… skoennie my liefste vlindertjie… spry jou vlerkies om hoog en moenie dat die son jou skroei nie.. Dont fly to high.. Flutterby… jy’s nie so bad nie hoor…. dont let a half winged demon get u down.. ek sal vir jou kom kuier op jou blog!
Joy // August 15, 2008 at 1:03 pm
Liewe hell is skoennie die dominee se kind?
Flutterby // August 15, 2008 at 1:04 pm
Sjoe die skynheiligheid, daar is daai mooi woordjies alweer, bye skoenlapper.
Joy // August 15, 2008 at 1:04 pm
Jys beslis nie oulik nie skoenie… far from it… ?? Ons gee rerig nie om wat jou kwaad maak nie.. jy sien sou jy nou in die pad stap en ‘n bus trap jou… shoe.. wishes wishes.. gan dit niks beteken nie.. geniet nou maar jou eie conversation.. im out of here!
Flutterby // August 15, 2008 at 1:05 pm
Nice to meet you Joy
skoenlappr // August 15, 2008 at 1:05 pm
duidelik het jou naam niks met jou persoonlikheid en die uitkyk op die lewe te doen nie
Joy // August 15, 2008 at 1:09 pm
hahahahahahahaahahahahaha ag dankie skoennie.. jys my hero… ek lewe voluit net vir mense soos jy… Sondag moet jy seker maak jy sit in die voorste bankie.. sodat jou pa jou kan seen…. jy’t veels te veel tyd op jou hande my kind…. Flutterby… kom ons stap die lange pad tesame.. crazyness was nog altyd pretencious se maatjie…. tick tick tick tock kaboom!
René // August 15, 2008 at 2:07 pm
Dis nou wragtag nie nodig om te gaan spot met “dominee se kinders” nie! Dis uiters swak smaak!!
Dis jammer dat ‘n legende soos Da Mario se blog so bevuil moes word op sy laaste dag van bestaan! Joy, jy behoort jou te skaam!
(En as jy my wil aanvat, kom doen dit op my eie blog asseblief!)
Da Mario // August 15, 2008 at 2:43 pm
Julle weet, ek het nog nooit comments delete nie. Nie eers as dit in swak smaak was nie.
Joy, jy kan jouself dus gelukkig ag dat ek soveel waarde heg aan die beginsel van ‘n openbare forum, die enigste nadeel is dat dit mense soos jy ook ‘n plekkie gee om sarkasties te wees…
demoerin // August 15, 2008 at 2:57 pm
Oh the Joy if Flutterby
Could only fly half as high
As Skoenlapprs can fly,
And our friend Damario
Could find a scenario
That exhibits a credo
Of never Demoerin.
Lekka naweek almal!
skoenlappr // August 15, 2008 at 3:16 pm
touché demoerin!! touché!
lekker naweek vir julle ook.
johannes coetzee // August 18, 2008 at 10:20 am
Aggenee…!
Daars nog net biekie meer as ‘n duisend dae oor tot die aanbreek van die Einde.. Ek het gedog ons gaan van tyd tot tyd nog lekka oor die Wederkoms op 21 Mei 2011 en die Einde van die wêreld op 21 Oktober 2011 chat.
Dankie virri “coverage” oor hierdie aller belangrike onderwerp.
Mag God jou ryklik seën en wel in die woorde van Num 6:24-26
2011-groete
happytheclam // August 18, 2008 at 3:49 pm
DM. . . N E E *trek hare klos-klos uit kop uit*
Snik- snik, ek gaan jou vreeslik mis *snuif*
Keep in touch ok? Nie weer 8 jaar verlore raak nie. Sterkte vorentoe, mag die voorspoed jou verveel.