Ek is nou nie juis ‘n ou wat oorloop van simpatie vir ander mense nie. Of om meer akkuraat te wees, ek het heel gereeld nie juis simpatie vir boemelaars en so nie. Gister gebeur daar toe egter iets…
Ek loop toevallig gou kafee toe om ‘n Coke Zero te gaan koop en oppad terug kantoor toe vang iets my oog. ‘n Middeljarige blinde swart man kom van voor af aangestap, sy Kaizer Chiefs uitrusting lyk heel skoon, maar sy tekkies is vuil en die kouse oud. Hy het so selfgeprakseerde stok waarmee hy sy pad voel… en toe sien ek dit.
Sy ander hand is op ‘n seuntjie se skouer, ‘n seuntjie wat nie veel ouer as 7 of 8 kan wees nie, en hy help en lei die blinde man. Die seuntjie se klere is vuil en hy dra ‘n deurskynende plastieksakkie waarin daar ‘n lemoen en ‘n piesang is. En dit strike my dat hy nie skoolklere aanhet nie, want daar is ander skoolkinders in die omgewing en ewe skielik toe dink ek aan my eie seuns. En ek kry hom jammer… ek weet nie werklik hoekom nie, maar ek het gedink dat dit hartseer is. Nie jou klere te kan was nie, vuil te wees…. nie te kan speel en rond hardloop op die gras nie… jy loop met ‘n piesang en lemoen in die straat rond.
Wat word van die lewe, waarheen gaan alles?
13 responses so far ↓
Celéste // Augustus 27, 2008 at 9:56 vm
Dit wys ‘n mens net hoeveel keer jy met ‘n wit brood onder die arm kla. Sulke goed maak my altyd “sad” en in ‘n sekere mate bang ook, want soos die spreekwoord sê: “There, but for the grace of God, go I”.
DGS // Augustus 27, 2008 at 10:14 vm
Ek worstel hier met ‘n helse morele kwessie…
Hoekom Coke Zero????
Da Mario // Augustus 27, 2008 at 10:23 vm
DGS…
Twee redes….
Ek wou weet hoe dit smaak en die kafee het nie Pepsi Max gehad nie.
TristonJ // Augustus 27, 2008 at 12:03 nm
lol… jy kan so veel blgging los soos die res van die mensdom breathing kan los!
nickeybotha // Augustus 27, 2008 at 1:28 nm
Hoekom gee jy toe nie vir die seuntjie die coke zero nie? Dan het hy darem 3 items gehad…..
Da Mario // Augustus 27, 2008 at 2:20 nm
Lol Nickey, want dan het ek obviously nogsteeds nie geweet hoe Coke Zero proe nie…
René // Augustus 27, 2008 at 3:03 nm
Hahaha, ekskuus – ek moes nou lag vir Soldier se vraag – want dit was nou wrintiewaar presies die eerste gedagte wat by my opgekom het!
Maar meer ernstig nou — ek voel jammer vir die kids! Dis kinders wat nie gevra het om daar te wees nie! Kinders wie se ouers hul oorgegee het aan drank, drugs en losbandigheid en nou moet hul as onskuldige kinders, die bitter swaar las van hul “ouers” se onverantwoordelikheid dra!! Dit kan eenvoudig net NOOIT regverdig wees teenoor ENIGE kind nie!
Skoenlappr // Augustus 27, 2008 at 3:25 nm
Ek het vanmiddag die 2 seuntjies by die skool gaan haal … hulle het nie geweet ek kom nie, want gewoonlik ry hulle middae met ‘n saamry geleentheid.
Die blydskap op daardie 2 gesiggies was onbeskryflik!! En dit het my natuurlik baie hartseer gemaak … juis oor dit wat Da nou skryf …
Jenny // Augustus 27, 2008 at 3:45 nm
Maki saak of dit ‘n comeback is of nie, dis nogsteeds nice om jou raak te lees
!
Dis hartseer dat sulke klein onskuldige kindertjies so deur die lewe moet gaan. Laat my ook nogal sleg voel dat ‘n mens soms so met die witbrood onder die arm kan kla.
demoerin // Augustus 28, 2008 at 7:32 vm
Kan nie glo dat ‘n maarskappy Coke so kan verkrag nie
Dit is baie sad wat met die kinders aan die gebeur is. En meer en meer beland elke dag op straat, verwek deur ouers wat nie na hulle kan kyk nie. Dit is moer sad. Laat my altyd dink aan daai Richard Marx song: Children of the Night. Daar is ‘n reël wat so iets sê – When I die I will surely go to heaven, as I’ve done my time in hell.
Welkom nie terug nie (eps.ii)
happytheclam // Augustus 28, 2008 at 8:11 vm
Die arme stomme kind. Ek kry ook altyd jammerte in my hart vir sulke kinders en ek weet my kinders ook. Hulle het al meer as een keer as ons sulke kinders langs die pad kry hulle toebies uitgehaal en vir die kinders gegee. Dan huil my hart, want ek leer by hulle van menswees en omgee, regardless dat hulle dan sonder ‘n kou dingetjie moet regkom.
oopkop // Augustus 28, 2008 at 8:53 vm
Welcome back!
Johan Swarts // Augustus 31, 2008 at 3:59 nm
damn….nou moet ek al my vrae gaan heroorweeg!
ek bestel altyd coke light saam met macdonalds. dis belaglik, ek weet, maar dit laat my beter voel.