Het mans ‘n onbewustelike onderling ooreengekome onafgespreekte erekode teenoor mekaar wat vrouens nie het nie?
Lees die onderstaande stukkie en vertel my gerus of jy al soorgelyke ervarings gehad het….
Ek het al baie kere met ‘n girl aan my sy iewers gestap en bitter min ouens (indien enige) sal ooit vir haar ogies maak terwyl ek in die omgewing (langs haar) is. Stap daardie einste meisie egter alleen rond, dan is die kanse baie goed dat sy heelwat meer aandag van ander ouens sal kry, want ek date mos net sexy girls. Selfs al gaan jy saam met haar uit, terwyl jy in die omgewing is sal ‘n ander ou nie sommer naderstap en ‘n geselsie met haar alleen aanknoop nie. Hy sal moontlik nader kom en eers jou groet en dan dalk so paar woorde met haar wissel – as hy dink sy is werklik besonders cute. (Wat weereens gereeld gebeur omdat ek net cute en sexy girls date.) Sodra jy egter natuurlik jou rug draai is jou girl fair game en sal daar dalk so paar manne soos honger aasvoëls op haar neersak vir ‘n geselsie voor jy terugkeer. Natuurlik net om ‘n selfoon nommer uit te ruil of so… maar hulle gaan dit nie sommer doen terwyl jy daar is nie.
Girls aan die anderkant blyk effe anders op te tree. Oor die algemeen blyk hulle nie ‘n blou duit om te gee vir hulle mede-vriendinne nie. Loop ek alleen rond in ‘n plek dan word ek meestal uitgelos. Het ek byvoorbeeld vir Jordan by my, dan hoef ek nie eers rond te kyk om te wonder met watter girl ek lus is om te gesels nie, die girls kom sommer vanself nader om te gesels. En of ek nou ‘n girlfriend by my het of nie, die ander girlies word nie afgesit deur ‘n mede-meisie se teenwoordigheid nie. As jy egter werklik aandag wil trek vanaf girls werk dit ook natuurlik heel goed om ‘n trouring te dra. Om die een of ander rede is girls meer geneigd om met jou te gesels as jy ‘n ring aan het….
“Fokken vroumense het nie gewetens nie!” sis ‘n vriendin nou anderdag. “Hulle sal jou boyfriend reg langs jou probeer verlei.”
So hier is my stukkie advies vir die dag: As jy sukkel om ‘n date te kry, gaan na ‘n weeshuis toe, neem ‘n kiddie uit vir die dag en tel vir jou dates op by die dosyne….. of dra ‘n ring.


