‘n Baie spesiale en toevallig verskriklike sexy girl vertel my eendag dat dit vir haar absoluut amazing is hoe dit is dat ek hartseer lirieke as “ongelooflik beautiful” beskryf. Ek het vanoggend oppad werk toe weer hierdie liedjie op 94.7 se breakfast show gehoor en hy het heeldag in my kop rondgedwaal…
So is daar nog van julle wat dink hartseer lirieke is beautiful, of is ek die enigste mal fokker?
15 responses so far ↓
DGS // September 2, 2008 at 7:17 nm
Die lirieke is gorgeous… *sug* Daar’s beauty in pyn. Mens moet net baie mooi soek daarvoor, maar dit is daar.
Hel, hierdie song het my aan die korthare beet. Aan die een kant wil ‘n ou alles vir die mense by die huis gee, en dit beteken dat jy die lang ure moet insit. En juis dit maak dat dinge op die ou einde ‘n flop is. Waar’s die goue middeweg?
meermin // September 3, 2008 at 7:13 vm
Ek geniet ‘n mooi song!
Lekker dag.
Celéste // September 3, 2008 at 7:45 vm
Baie mooi song. Ek het eintlik vandag vir die eerste keer mooi na die woorde geluister. ‘n Mens is so geneig om te luister, maar nie te hoor nie.
Jasper // September 3, 2008 at 8:53 vm
As jy gese het Tori Amos se lirieke is beautifull sou ek gedink het jy is effens ongebalanseerd…
skoenlappr // September 3, 2008 at 9:06 vm
Ek kan nie die lirieke sien nie … (ja ja ja, my oë is oop en my donkerbril is af)
BB // September 3, 2008 at 10:04 vm
Well, ek’s dan beslis ook mal…
my mooiste lirieke het beslis almal ‘n streep hartseer of dan at least melancholie in… jip, jip – soos DGS sê: there’s beauty in pain.
skoenlappr // September 3, 2008 at 10:21 vm
beauty knows no pain …
Dellie // September 3, 2008 at 10:23 vm
Dis rerig ‘n baie mooi song. En ja, hartseer lirieke is vir my vreeslik mooi.
Janine // September 3, 2008 at 12:20 nm
Jip, stem saam jou DM!
netjane // September 3, 2008 at 12:54 nm
Ek se altyd die song “touch” my. Sommer net een of twee sinnetjies in ‘n song kan my so half depressed kry.
Linda v W // September 3, 2008 at 1:22 nm
Sien jou “onderhoud voerder” word uitgedaag om nog onderhoude te voer! Ai tog
skoenlappr // September 3, 2008 at 2:23 nm
want hy wil sy kant stel van dit waarvan jy hom “beskuldig” … LOL!!
happytheclam // September 3, 2008 at 3:04 nm
Soos Elton John sê “a sad song says so much”. .
Torn van Natalie Imbruglia (spelling) is een van die mooiste songs vir my.
skoenlappr // September 3, 2008 at 3:21 nm
Siende dat ek ‘n country song liefhebber is, is daar talle wat vir my mooi woorde het. Country songs se liedjies gaan gewoonlik oor dit wat gebeur het of iets wat seermaak. Dis baie meaningfull musiek en ek vee gedurig ‘n traan weg as ek na Alan Jackson, Randy Travis, Garth Brooks se musiek luister.
The River (Garth Brooks)
Hole in the wall (Alan Jackson)
Forever Amen (Randy Travis)
Luister gerus daarna.
semisoet // September 3, 2008 at 6:08 nm
Ek vind hartseer songs baie mooi! Dit is eerlik en wys emosie. Persoonlik verkies ek dit enige dag bo lirike soos; ek wil lekke lekke by jou kom le ek wil lekke lekke in jou oor kom se. Nou dit veroorsaak pyne op plekke..!