Het mans ‘n onbewustelike onderling ooreengekome onafgespreekte erekode teenoor mekaar wat vrouens nie het nie?
Lees die onderstaande stukkie en vertel my gerus of jy al soorgelyke ervarings gehad het….
Ek het al baie kere met ‘n girl aan my sy iewers gestap en bitter min ouens (indien enige) sal ooit vir haar ogies maak terwyl ek in die omgewing (langs haar) is. Stap daardie einste meisie egter alleen rond, dan is die kanse baie goed dat sy heelwat meer aandag van ander ouens sal kry, want ek date mos net sexy girls. Selfs al gaan jy saam met haar uit, terwyl jy in die omgewing is sal ‘n ander ou nie sommer naderstap en ‘n geselsie met haar alleen aanknoop nie. Hy sal moontlik nader kom en eers jou groet en dan dalk so paar woorde met haar wissel – as hy dink sy is werklik besonders cute. (Wat weereens gereeld gebeur omdat ek net cute en sexy girls date.) Sodra jy egter natuurlik jou rug draai is jou girl fair game en sal daar dalk so paar manne soos honger aasvoëls op haar neersak vir ‘n geselsie voor jy terugkeer. Natuurlik net om ‘n selfoon nommer uit te ruil of so… maar hulle gaan dit nie sommer doen terwyl jy daar is nie.
Girls aan die anderkant blyk effe anders op te tree. Oor die algemeen blyk hulle nie ‘n blou duit om te gee vir hulle mede-vriendinne nie. Loop ek alleen rond in ‘n plek dan word ek meestal uitgelos. Het ek byvoorbeeld vir Jordan by my, dan hoef ek nie eers rond te kyk om te wonder met watter girl ek lus is om te gesels nie, die girls kom sommer vanself nader om te gesels. En of ek nou ‘n girlfriend by my het of nie, die ander girlies word nie afgesit deur ‘n mede-meisie se teenwoordigheid nie. As jy egter werklik aandag wil trek vanaf girls werk dit ook natuurlik heel goed om ‘n trouring te dra. Om die een of ander rede is girls meer geneigd om met jou te gesels as jy ‘n ring aan het….
“Fokken vroumense het nie gewetens nie!” sis ‘n vriendin nou anderdag. “Hulle sal jou boyfriend reg langs jou probeer verlei.”
So hier is my stukkie advies vir die dag: As jy sukkel om ‘n date te kry, gaan na ‘n weeshuis toe, neem ‘n kiddie uit vir die dag en tel vir jou dates op by die dosyne….. of dra ‘n ring.
18 responses so far ↓
netjane // September 29, 2008 at 10:54 vm
Wat my die meeste afpiss is as die girls uit ‘n ander kar, bo-oor my, met Liefie wat bestuur wil flirt.
Celéste // September 29, 2008 at 11:42 vm
Die man met die ring is soos ‘n gay vriend………
Dan is dit natuurlik ook so dat dit maar ook van vrou tot vrou afhang. Party is maar net die flirterige/goedkoop tipe wat nie omgee dat ‘n ander man aan ‘n ander vrou behoort nie.
nickeybotha // September 29, 2008 at 4:17 nm
Ek stem honderd persent saam. My man se ook dat n trouring, n kind of n klein hondjie die oulikste girlies se aandag trek en dan breek dit sy spoed wanneer die “sexy girltjie” vir hom oom se. Hehehehe siestog dit breek n man se ego
Krista // September 29, 2008 at 5:46 nm
Dis seker omdat die mans wonder: “wat soek die sexy girl met daai ou vel . . .”
hahahahaha!
liezl // September 29, 2008 at 8:43 nm
Jy praat nou die reine waarheid…
Die mans is seker bang hulle word aangerand?
BB // September 30, 2008 at 7:31 vm
Ek weet nie of jy regtig hierdie opinie wil hê nie but here goes anyway: (and yes it’s a generalization – so no offence intended) – it’s all to do with attitude and approachability / availability – if you ‘look’ it, you’ll get the attention. Girls (behalwe dalk onder die invloed van ‘n shooter of twee) sal so waar as wragtig nie die kans vat om moontlik hulle name met ‘n plank te slaan deur aan jou aandag te gee as jy nie ten minste naastenby LYK of jy gaan reageer nie.
We all like a bit of attention, we all like to be deemed attractive by the opposite sex, but I know for a fact that I get attention when I’m ‘open’ to it… If you get more than your ‘normal’ fair share of attention by other females when you’re girl’s around – you, my dear, are the one at fault – you are obviously not sending out signals that say – don’t need, don’t want, have no wish to be approached, thank you very much.
If you are truly focused on your girl – mentally and physically – I can promise you, that you will not get any unwanted attention – ever.
As jy ‘n kyk van waardering in jou rigting kan hanteer en waardeer sonder om ‘reageer’, behoort jou girl nie eens te weet dat jy ge’look’ is nie – and that’s the way to go.
TristonJ // September 30, 2008 at 7:54 vm
Moet se ek is met BB op die een… as jy nie gettable lyk nie gaan geen vrou by haar posetiewe aan jou lippe kom hang terwyl jy n girl by jou het of nie. En as ek so terug dink aan n aand in n bar op my eerste date nadat ek en my ex uitmekaar is… lui die duintjie van n man se erekode nou ook nie vir my so n 100% waar nie
demoerin // September 30, 2008 at 8:52 vm
Ag nee tannie BB, wat is “unwanted attention”. Daar is nie so ‘n ding nie. Die ding is hoe jy daarop reageer, vat jy dit net as ‘n pluimpie, of vat jy dit verder? Dis waar die verskil inkom. Kyk na die menu, maar eet by die huis.
Jenny // September 30, 2008 at 9:15 vm
Ja nee dmi, ek’s met jou op die een! nog nooit van iets soos ‘unwanted’ aandag gehoor nie! die meeste dinge hang maar af van hoe ‘n mens dit hanteer.
Da Mario // September 30, 2008 at 9:18 vm
Ek weet nie BB, hierdie is deur ‘n girl vir my vertel….
BB // September 30, 2008 at 9:19 vm
Nee man DMI – i never mentioned the word unwanted attention
Ek seg dan juis: “we all like a bit of attention”… en soos jy sê: hoe jy daarop reageer – lees weer my laaste sin, toe??
Hel, ek vat enige look van waardering as pluimpie, maar dis hoe ek daardie waardering van my uitstraal wat die ander persoon die go-ahead gee om dit verder te vat…
BB // September 30, 2008 at 9:26 vm
Ok ok i DID say unwanted attention!!
sorry!! what i meant was that kind of attention that would affect or upset your partner…. niks fout met subtiele attention nie.
Oh hel, Jenny, jy’s vrek lucky as jy nooit nooit van unwanted aandag gehoor het nie – ek het nogal in my lewe al serious unwanted attention beleef – teenoor my en so ook teenoor my partner – I know how to handle it… if my partner doesn’t he needs to learn how to – ek is nie daar om vir ‘n ander pop te sê: “He’s taken” – sy liggaamstaal moet daardie boodskap duidelik oordra.
semisoet // September 30, 2008 at 10:47 vm
ek ken van unwanted attention. Al gehoor van ‘n jealous ex-girlfriend? sy wil my liefie maar net nie uitlos nie. Dit vat baie effort om daaroor te worry heeltyd.
Jenny // September 30, 2008 at 11:26 vm
Whahahaha ja BB, jy’s reg! Miskien het ek myself weer heeltemal toetentaal verkeerd uitgedruk!
demoerin // Oktober 1, 2008 at 8:15 vm
OK, die unwanted is bietjie erger…amper soos bittereinder stalkers…hehehe.
happytheclam // Oktober 1, 2008 at 2:25 nm
Ai tog, DM klink my of die goose by wie jy die storie gehoor het baie slegte ondervindinge gehad het en of al die ander vrouens wat sy van praat regte tertjies is en verseker hard-up
Ek soek nie iemand se sloppy seconds nie, nie eers in die dae toe ek nog gedrink het nie.
meermin // Oktober 2, 2008 at 7:06 vm
Ha ha ha!
demoerin // Oktober 2, 2008 at 8:36 vm