Da Mario se gepraat…

Entries from Januarie 2009

Wishing upon a star…

Januarie 23, 2009 · 9 Kommentaar

Ek is al met tye goediglik deur ‘n spesiale vriendin gespot dat ek naamlik soms “Da Mario-speak” pleeg.  Lol, wat sy bedoel is dat ek soms vreemde maniere het om eenvoudige begrippe te kommunikeer en dat ek soms eenvoudige dinge nie werklik verstaan nie, want ek hoor dit nie op die manier wat iemand ‘n boodskap probeer oordra nie.
Die ding is, ons het elkeen ons eie verwysingsraamwerk, ons verstaan sommige dinge beter deur dit te relate na ons eie ervarings – en soms is ons sommer net hardkoppig. En dis okay, want die trick lê miskien daarin om daai snaaksighede van iemand anders te leer ken… en dan jou true love in die proses te ontdek…

‘n Stukkie uit die 2007 movie genaamd Stardust: (Tristan is sopas deur ‘n heks in ‘n muis verander en Yvaine weet nie hy kan haar steeds verstaan nie, so sy vertel hom van haar liefde vir hom…)

Yvaine: You know when I said I knew little about love? That wasn’t true. I know a lot about love. I’ve seen it. I’ve seen centuries and centuries of it, and it was the only thing that made watching your world bearable. All those wars. Pain and lies. Hate… It made me want to turn away and never look down again. But to see the way that mankind loves… You could search to the furthest reaches of the universe and never find anything more beautiful. So yes, I know that love is unconditional. But I also know it can be unpredictable, unexpected, uncontrollable, unbearable and strangely easy to mistake for loathing, and… What I’m trying to say, Tristan, is… I think I love you. My heart… It feels like my chest can barely contain it. Like it doesn’t belong to me any more. It belongs to you. And if you wanted it, I’d wish for nothing in exchange. No gifts. No goods. No demonstrations of devotion. Nothing but knowing you loved me too. Just your heart, in exchange for mine.

Simple.  Beautiful.  Liefde is nie iemand wat jou probeer verander nie, dis iemand wat jou aanvaar vir wie jy is.

Kategorië Sommer praat...

Love – a hopeless dream…

Januarie 23, 2009 · 4 Kommentaar

… but something to strive for…

love1

love2

Kategorië Sommer praat...

Life. Fuck…

Januarie 22, 2009 · 5 Kommentaar

Daar is niks so erg soos wanneer ‘n ander man jou vriendin/meisie/vrou bel en sy begin smile nie…

Kategorië Hot girls · Sommer praat...

Moving….

Januarie 17, 2009 · 8 Kommentaar

Nou ja, na meer as 2 jaar, oor die 6 500 comments, just about 450 posts en oor die 160 000 hits, fok dis baie, het ek besluit om bietjie te move. Ek gaan nie hierdie blog sluit of iets nie, net voortgaan op ‘n ander domein.  So binnekort sal daar nie meer nuwe posts hier verskyn nie, dinge sal net voortgaan iewers anders.  En meer spesifiek, dit sal voortgaan by damario.co.za.

Dit alles danksy die hulp en aanbod van Die Gestorwe Soldaat. Ons is nog besig om al die goeters op te stel, die site te registreer, toegang te organise en al daai ander banale hoop klein goedjies wat uitgesort moet word, meer as die helfte daarvan, soos in seker 95%,  laat ek in sy bekwame hande. Die rede is eenvoudig, ‘n ou kan geld maak.  Nou nie genoeg om jou job te los nie, maar wel… money for nothing right?  So why not?

Nou ja, soos die tyd aangaan sal ek julle op hoogte hou.  Intussen, enjoy die naweek!!

Kategorië Sommer praat...

Some secrets.

Januarie 12, 2009 · 7 Kommentaar

Hierdie gesien by Postsecret – amazing stuff…

love

wrong-girl

resolution

Kategorië Sommer praat...

Vrouens…

Januarie 11, 2009 · 9 Kommentaar

Vannaand se fliek  op M-Net het my WERKLIK herinner hoekom jy ‘n girl just about forever moet bonk en ALLES oor haar moet uitvind voor jy OOIT besluit om te trou!! Ek het myself omtrent simpel gelag vir al die onaangename verrassings wat daai arme dude gekry het met sy nuwe so-mal-soos-’n-haas bruidjie! Die fliek se naam was The Heartbreak Kid en ek het gedog… jip… daar is AL die redes hoekom ‘n ou VREESLIK versigtig moet wees!!

Mens weet nie aldag met die girlies presies wat dit is wat jy werklik kry nie …

(…en as net EEN wise-ass girl hier comment dat ‘n girl ook nie weet wat sy kry nie, dan delete ek die comment!!)  :lol:

Kategorië Sommer praat...

Die mooiste ding…

Januarie 11, 2009 · 3 Kommentaar

….op 4 wiele….

As ek eendag groot en BAIE ryk is, soek ek so tipe van iets.  Wie sal nou worry oor jong, mooi blonds as jy hiermee kan rondry?!  :P

Kategorië Sommer praat...

Chasing…

Januarie 9, 2009 · 7 Kommentaar

“This thing with us, it’s finished. It’s over.”

Has sadder words ever been spoken?  I loved this show and apparently a new season will start this year.  I’m not going to miss a minute of it. It just speaks to me on so many levels…

“Chasing Cars”

We’ll do it all
Everything
On our own

We don’t need
Anything
Or anyone

If I lay here
If I just lay here
Would you lie with me and just forget the world?

I don’t quite know
How to say
How I feel

Those three words
Are said too much
They’re not enough

If I lay here
If I just lay here
Would you lie with me and just forget the world?

Forget what we’re told
Before we get too old
Show me a garden that’s bursting into life

Let’s waste time
Chasing cars
Around our heads

I need your grace
To remind me
To find my own

If I lay here
If I just lay here
Would you lie with me and just forget the world?

Forget what we’re told
Before we get too old
Show me a garden that’s bursting into life

All that I am
All that I ever was
Is here in your perfect eyes, they’re all I can see

I don’t know where
Confused about how as well
Just know that these things will never change for us at all

If I lay here
If I just lay here
Would you lie with me and just forget the world?

Kategorië Sommer praat...

10 dinge wat jy dalk nie weet nie.

Januarie 7, 2009 · 14 Kommentaar

Na aanleiding van ‘n artikel wat ek so paar maande gelede in die Cosmopolitan gelees het oor goeters wat mans jou as girl moontlik nie sal vertel nie, hier is my opgedateerde lysie wat, as gevolg van ervaring, baie meer akkuraat is as hulle s’n….

1.) Meer make-up en gedoende hare laat jou nie noodwendig aantrekliker lyk nie.
- maar as ons iewers heengaan, is dit lekker om jou af te show…

2.) Om die waarheid te sê, jy lyk op jou mooiste as jy soggens langs ons wakker word en jy is nog half deur die slaap…
- behalwe wanneer jy die vorige aand ‘n bottel Tequila op jou eie uitgedrink het
- jy al die garlicbrood voor slapenstyd opgeëet het

3.) Om te sê jy doen nie wasgoed, huiswerk of kosmaak nie laat jou nie lyk of klink na ‘n moderne onafhanklike vrou nie.  Jou 22-jarige boyfriend mag dalk dink dis cool, vir enige iemand ouer klink jy net na ‘n fokken lui vrou wat net goed genoeg is om tydelik te spyker.
- nee, selfs al het jy ‘n voltydse bediende, dis steeds nie cool nie
- jy hoef nooit daai dinge actually te doen nie, maar dit moet darem klink of jy kan….

4.) Ons luister meestal na wat jy sê.  ‘n Opsomming van die hoofpunte elke nou en dan sal egter baie nice wees.
- Net omdat ons dit hoor beteken nie ons gaan luister nie. Ons leer stadig. Soms leer ons nooit nie.

5.) Dis lekker as jy vir ons kosmaak.  Die feit dat dit nie aanvanklik soos ons Ma’s se kos smaak nie, maak nie werklik saak nie.  Dis baie belangrik dat jy darem probeer om iets eetbaars aanmekaar te slaan…

6.) Jou magie is sexy, of jy nou so dink of nie.

7.) Ons huil soms, nie net as iemand naby ons doodgaan nie.  Daai stuff in die romantiese movies, dis net soms hartseer jy weet?

8.) As jy blatant met ‘n laehals-hempie  rondloop gaan ons kyk.  Deal daarmee.  Nee, ons voel nie sleg as jy ons vang dat ons geloer het nie.
– ons dink nooit aan ander tieties wat ons gedurende die dag gesien het vir langer as 3 sekondes nadat ons dit gesien het nie. Joune is altyd die mooiste.

9.) Ons is nooit 100% seker presies wat dit is wat ons gedoen het om so stunning girlfriend te kry nie.

10.) As jy ons nie gaan vertel wat dit is wat ons verkeerd gedoen het nie gaan ons nooit weet nie.  Nooit nie.
– Selfs al vertel jy ons, dis geen waarborg dat ons dit nie moontlik weer in die toekoms sal doen nie. No guarantees.

Nadat ek nou weer deur hierdie lysie gelees het is daar vir my geen duisterheid hoekom my verhoudingstatus is wat hy is nie! Geniet julle dag!!

Kategorië Sommer praat...

Nuwe Jaar…

Januarie 3, 2009 · 8 Kommentaar

Ek wens jy was ‘n doos.

Die einde van verhoudings is nooit lekker nie, maar gereeld wanneer verhoudings eindig het ek al gehoor dat iemand vertel hoe die ou of girl met wie hulle uitgegaan het, saam met wie hulle miskien selfs geslaap het, sal sê “Hy is so groot doos!” of “Fokkit sy’s ‘n slet!”.

Hey, ek verstaan dat mense soms rede het om so op te tree en daardie dinge te sê oor iemand anders,  ek bedoel miskien het hy saam met jou suster geslaap, miskien het sy in die bed gespring met jou beste vriend.  Dinge gebeur.  Wanneer die uiteindelike seer en pyn wat die einde van enige verhouding bring egter verby is, sal jy dalk vind dat hulle nie oor die algemeen slegte mense was nie.  Dat hulle nie verdien het om daardie laatnag-sms’e te ontvang nie, dat jy verkeerd was in jou veroordeling, dat dit beter sou gewees het as jy hulle nie in jou dronkenskap 4 uur in die oggend gebel het uit een of ander kroeg nie. Ek dink die oorgrote hoeveelheid mense is goeie mense.  Mense wat uitkyk vir hulleself en vir ander.

Ek moet erken, ek het al voorheen in my prille jeug in bogenoemde katagorie geval.  Soms was dit regverdigend, soms nie.  Meer gereeld het ek net eenvoudig nie omgegee nie, stilgebly en aanbeweeg.  Soms het ek wel omgegee en dan in elk geval aanbeweeg.  In my beskeie opinie is dit nodig om realisties na ‘n ding te kyk.  Sy was nie ‘n slegte girl nie.  Hy was nie ‘n slegte ou nie.  Julle was net nie reg vir mekaar nie.  En dit maak niemand besonders sleg nie.  Net omdat sy haarself wil beskerm teen seerkry, maak dit haar sleg?  Net omdat hy nie wil commit tot iemand wat hom nie aanvaar nie, maak dit hom sleg?

Natuurlik nie.  Ek besef wanneer jy seer het, is dit makliker om die idee dat die ander persoon sleg is te omhels. Die feit is, miskien wil jy nog saam met hulle wees en jy is eintlik kwaad omdat hulle nie werklik slegte mense is nie. Miskien is hulle eintlik goeie mense, miskien is hulle net mense.  Feit is, hulle is baie waarskynlik nie slegte mense nie.

Ek dink mens het soms net nodig om te aanvaar dat dit maak nie saak wat gebeur het nie, miskien was julle net nie reg vir mekaar nie. Ek dink dat mens nodig het om dit te aanvaar en dat mens nodig het om aan te beweeg.  Om iemand anders sleg te maak, gaan jou beslis nie meer aantreklik maak vir die volgende persoon wat jy gaan date nie.  So hoekom die volgende keer wat ‘n verhouding eindig, neem jy nie eers ‘n sekonde of twee nie?  Moet dit nie so persoonlik opvat nie en besef dat julle dalk net nie reg was vir mekaar nie. Jy het nie nodig om hulle name te noem nie, jy het nie nodig om hulle aan elke liewe foutjie wat hulle ooit gemaak het te herinner nie.  Beweeg net aan.  Hoor wat vir jou vertel word en beweeg aan.  Leer daaruit.  En beweeg aan.

Net miskien kan hulle jou nog later as ‘n mens respekteer, want jy is nie werklik ‘n doos nie.

Kategorië Sommer praat...