Iemand wat meer van hierdie tipe dinge weet stuur vir my hierdie link.
Die Joost debat is makliker. Ons, ek en Joost, wil net uitvind WIE presies geld maak met hul siek voyeuristiese obsessie met ander se privaat lewens. Dom dansers en gefokte fiksheidinstrukteurs het nie die harspan om so iets saam te stel nie. Daar is altyd ‘n bose arbiter, soos Huisgenoot. Of Janine. Maar wat Joost, Amor of ENIGIEMAND anders doen vir ontspanning en coitus, traak my min. DIT is die punt. Die Bosparrapoesies, Yolanda “die Byl” Barnard, Gavin Pris, Janee van der Feifer en Esmare Wydemond het daardie obsessie met my doen en late. En dit is al wat ons wil weet. WIE IS HIERDIE HOLBOL MENSE sonder lewens? Ek ken my skoothondjies, en Joost het syne nou uitgevind. Ons het rede om te vier. God is goed en al daai goed.
Eureka 101: Wat Joost en ek doen met ons penisse het niks met JOU uit te waai nie. Maar die onwettighede wat daarop volg, die onverskilligheid, gevoelloosheid en veral roekeloosheid wat ons by ander wakker maak, het sommer ALLES met ons te doen. En ons maak dit nou ons besigheid. Mintag, dit gaan ‘n heerlike jaar wees.
Wel wel wel…. kan jy nou meer! Is dit nou Steve oor moraliteit?
Steve, wat jy met jou penis doen het net mooi ALLES te doen met sekere mense. Veral met die MANS wat getroud is met die los vroue wat jy ewe gewillig spyker. En indien hulle reaksie in jou eie woorde dan ALLES met jou te doen het, moet jy nie wonder oor al jou kak nie, daar is BAIE meer wat jou kant toe kan kom. Jy maak dit nou jou besigheid?? Oppas waaroor jy droom, jou jaar draai dalk nie so wonderlik uit as wat jy in jou geestesoog sien nie.
Jy sien, hoe dinge EINTLIK staan is as volg:
Indien jy genoegsame moraliteit gehad het sou jy uit beginsel getrou aan jou vrou gewees het. Jy sou nie jou naam na shows op bimbo’s se borste geteken het nie, jy sou nie ander vroue opge-chat het terwyl jy getroud is nie, jy sou die gevolge van jou dade opgeweeg het; gedink en dan gekies het tussen jou eie jagse gedrag en die belang van jou kinders wat by die huis sit en wag vir hulle Daddy om huis toe te kom. Dinge staan nie werklik soos jy uitmaak dat dit kamma staan nie.
Die PUNT is: Jou bek is darem ongelooflik groot vir iemand vir wie bitter min dinge kamtig traak. Jy is ‘n moerse doos en sal een doodgaan. Wel, ten minste sal jy as ‘n bekende doos doodgaan, in teenstelling natuurlik met die holbol mense van wie jy jou so desperaat probeer onderskei.
Wat ‘n fokken doos.