Da Mario se gepraat…

Entries from Maart 2009

Deesdae… net jy.

Maart 30, 2009 · 7 Kommentaar

Jy…. daar eenkant, hier reg langs my…

Verbintenisse sonder bande, deel van my, maar sonder jou.

Ek kyk na jou met ander oë terwyl ek vir die wêreld wag om te verander…  op soek na iets kom ek agter dat daar niks is om te vind nie.  Wie is jy?  Waar was jy?  Jy lyk anders, nie die persoon wat ek geken het nie.
En steeds….
Dit voel soos nou die dag. Wat is dit waarvoor ek gewag het, gehad het, ervaar het? Was dit niks nie? Ek weet wie jy was. Het jou geken. Geweet waar jy was. Jy is dieselfde, ek het verander – aanbeweeg.
En steeds….
Die wêreld het verander sonder dat ek dit geweet het. Jy het aanbeweeg sonder om my te vertel.

Ragfyn draadjies, verbind in ewigheid sonder enige bande.

Net jy…

Kategorië Poetry · Sommer praat...

#482 – Letting go…

Maart 25, 2009 · 7 Kommentaar

What is dreams made of? How is love experienced? Is it true that if men were supposed to have soared with eagles, that we’d have had wings? When is freedom gained? When are people accepted? Can you only be a hero when you are afraid of dying? Can you only truely love when faced with the risk of losing somebody?

“(It’s Hard) Letting You Go”

It ain’t no fun lying down to sleep
And there ain’t no secrets left for me to keep
I wish the stars up in the sky
Would all just call in sick
And the clouds would take the moon out
On some one-way trip

I drove all night down streets that wouldn’t bend
But somehow they drove me back here once again
To the place I lost at love, and the place I lost my soul
I wish I’d just burn down this place that we called home
It would all have been so easy
If you’d only made me cry
And told me how you’re leaving me
To some organ grinder’s lullaby

It’s hard, so hard – it’s tearing out my heart
It’s hard letting you go

Now the sky, it shines a different kind of blue
And the neighbor’s dog don’t bark like he used to
Well – me, these days
I just miss you – it’s the nights that I go insane
Unless you’re coming back for me
That’s one thing I know that won’t change

It’s hard, so hard – it’s tearing out my heart
It’s hard letting you go

Now some tarot card shark said I’ll draw you a heart
And we’ll find you somebody else new
But I’ve made my last trip to those carnival lips
When I bet all that I had on you

It’s hard, it’s hard, it’s hard, so hard
It’s hard letting you go
It’s hard, so hard, it’s tearing out my heart
But it’s hard letting you go

Kategorië Sommer praat...

Elephants ARE scared of mice!!

Maart 12, 2009 · 7 Kommentaar

Kan jy dit nou glo dat olifante bang is vir muise? Glo dit nie? Gaan check die Mythbusters-video uit…

Kategorië Sommer praat...

Die belangrike dinge.

Maart 3, 2009 · 5 Kommentaar

Almal het waarskynlik maar hulle roetine.

Jy staan soggens op, bad of stort en kry miskien kids reg vir skool, miskien maak jy ontbyt, miskien gee jy gou jou troeteldiere kos en water, laai die kids af by die skool en trotseer spitstyd oppad werk toe.  Na werk is dit dalk kids oplaai, stop by die winkels, kosmaak, swembad skoonmaak, speel met die honde, speel met die kids, ry die kids rond, help met huiswerk, ekstra werk en bietjie TV kyk, skottelgoed was, bad of stort en later slaaptyd.

Nou doen dit nou vir ‘n jaar of twee lank en jy is lankal vasgevang in daardie roetine rondom jou huis, gesin, kinders en werk.  Mense is creatures of habbit.  Jy word maklik vasgevang in goed soos Facebook, nonsens aanvang op die Internet, blogging, blogs lees en ander tydrowende nuttelose aktiwiteite.  Al die dag tot dag dingetjies wat jy doen word vinnig ‘n gewoonte, en soos almal weet is nie alle gewoontes goed nie.

Wat doen jy werklik wat lekker en nuttig vir jou is?  Stokperdjies?  Spandeer jy tyd aan die dinge wat jy graag wil of het jy net tyd vir dit wat jy MOET doen?  Spandeer jy genoeg tyd saam met jou kinders aan die dinge wat vir HULLE belangrik is?  Gesels jy genoeg met jou vrou, date jy haar steeds al is julle al 10 jaar getroud?  Is jy dalk so besig by die werk dat jy al amper verbaas is dat jou eie hond nie vir jou blaf as jy eventually huis toe gaan nie?  Wat help ‘n vakansie werklik indien jy daarna net terugkeer van dit waaraan jy probeer ontvlug het?  Dis soms moeilik om verandering aan te bring en soms is dit werklik nodig.

Soms is dit nodig om te besef dat verandering actually iets goeds kan wees.

Kategorië Sommer praat...