Da Mario se gepraat…

Gesiggie….

April 19, 2009 · 10 Kommentaar

Hierdie moet een van die most beautiful stukkies musiek wees wat ek nog gehoor het. Snaaks genoeg, dit was die geval vandat ek dit, seker die heel eerste keer, meer as 3 jaar gelede gehoor het… en eerste kere is om die een of ander rede net altyd anders…. net meer spesiaal, maak nie saak hoeveel “eerste kere” daar vir jou in jou lewe is nie.
Ek kon nog nooit my vinger presicely daarop sit nie, soos so baie ander dinge in my lewe, ek weet net dat hierdie vir my besonders is, dat dit tot my spreek, dat dit vir my iets sê… dis net beautiful in so baie, baie opsigte… en dat dit altyd die moeite werd is om te onthou.

Lief jou my sterretjie, my engeltjie… my gesiggie…

Gesiggie – Theuns Jordaan

Al vergeet jy my vir altyd
langs ‘n mylpaal op jou pad
onderstreep jy steeds die prentjies
in die hoeke van my hart…
Sloop die mure, die mure wat ek bou
en alles, alles binne
Gesiggie hoort aan jou…

Leg die kaart van liefde
al neem dit jou ‘n jaar
tot die mal-maak van ons briewe
en die oë op ons bedaar…
gou, Gesiggie skud my hand
as die lense vir ons loer
net ‘n oomblik Naamlooos
alhoewel jy in my boer….

Al vergeet jy my vir altyd
langs ‘n mylpaal op jou pad
onderstreep jy steeds die prentjies
in die hoeke van my hart…
Sloop, sloop die mure, die mure wat ek bou
en alles, alles binne
Gesiggie hoort aan jou…

Leg die kaart van liefde
al neem dit jou ‘n jaar
tot die mal-maak van ons briewe
en die oë op ons bedaar…
gou, Gesiggie skud my hand
as die lense vir ons loer
net ‘n oomblik Naamlooos
alhoewel jy in my boer….

Kategorië Hot girls · Sommer praat...
Tagged: , , , , , , , , , ,

10 responses so far ↓

Lewer Kommentaar