Da Mario se gepraat…

So bietjie oor verhoudings.

Junie 18, 2009 · 4 Kommentaar

Die storie van Oom Hendrik en Ant Bets was vir my ‘n baie interessante ene, so ook die verskeidenheid van reaksie wat ek daarop ontvang het. Inherent was dit vir my ‘n baie hartseer verhaal.

Dit het my verder laat dink aan so paar dinge betreffend verhoudings.  Obviously is vertroue, toewyding en eerlikheid so paar van die groter faktore waaraan voldoen moet word om ‘n suksesvolle verhouding te hê.  Hierdie faktore manifesteer hulleself op verskeie wyses binne ‘n verhouding, maar wanneer dit ervaar word is jy happy, indien nie, bekommerd en seer.

Die volgende vragies is universeel en ‘n maklike aanduiding, jy kan jouself daaraan meet.

- Kan jy effektief met jou man/vrou kommunikeer?
- Deel julle dieselfde morele beginsels en/of belangstellings?
- Voel jou man/vrou dat jy hulle waardeer?
- Is julle emosioneel verbind aanmekaar?
- Dink hulle jy is moody?
- Voel hulle dat ander aspekte van jou lewe bo hulle geprioritiseer word?

Ek is geen verhoudingskenner nie, maar ek weet dat wanneer jy graag iets vir jou man/vrou wil verduidelik, iets wat ‘n emosionele kwessie vir jou is, en hulle stel nie belang om te luister nie – dan het jy probleme. As jy nie in opregtheid en effektief met iemand kan gesels met die vertroue dat hulle jou sal hoor en nie sal veroordeel nie – dan het jy probleme.  As julle nie dinge kan deel nie, nie gewaardeer voel nie, nie emosioneel verbind voel nie – dan het jy probleme.

Die ironie is dat bittermin probleme nie opgelos kan word indien beide partye daardie begeerte het nie. En selfs binne die gesondword proses, mense moet bereid wees om te luister, afstand doen van hulle eie opinies en openlik sonder vrees kan kommunikeer oor wat fout gegaan het, hoekom dit gebeur het en wat gedoen kan word om dit reg te stel.

Anyways, daar is baie boeke beskikbaar oor hierdie tipe van onderwerp, baie inligting op die internet, die storie van Oom Hendrik en Ant Bets het my net weer so bietjie laat dink… wat is dit wat ons graag wil hê en hoe kan ons dit kry?  Die groot verskil tussen suksesvolle huwelike en onsuksesvolle huwelike is klaarblyklik die model wat gebruik word vir probleemoplossing. EN onthou, wanneer iemand iets verkeerd gedoen het aan jou, en jy wil dit ten spyte daarvan laat werk, dan gaan jy nodig hê om hulle op ‘n stadium te moet vergewe.  Of jy gaan genuine verloor….

Fokus op die positiewe en jou kop is deur, fokus op die negatiewe en jy het probleme. En indien jy my nie hieroor glo nie, glo gerus die ou by wie ek dit gehoor het (hahaha) en gaan lees die uittreksel oor suksesvolle huwelike.

http://truthaboutcheating.com/2008/09/03/excerpt-successful_marriages/

Kategorië Sommer praat...

4 responses so far ↓

  • Karin // Junie 18, 2009 at 1:02 nm

    Verder het die slim ou wat hierdie goed oorspronklik geskryf het, ook baie wyshede oor ‘Emotional Infidelity’, en hoe om dit nie te pleeg nie. Baie interessante leesstof.
    x

  • Dellie // Junie 18, 2009 at 1:03 nm

    Ek sal my eiertjie kom lê – moet nog eers bietjie dink oor die ene. :wink:

    Die storie oor Oom Hendrik en Ant Bets was vir my sad, maar ook mooi. Hy was so lief vir haar dat hy bereid was om ‘n groot deel van homself op te gee – maar hoe gelukkig was hy toe self op die ou end? Was dit die moeite werd?

  • Da Mario // Junie 18, 2009 at 1:16 nm

    Karin, lekker om jou weer hier te sien! Jy’t nie dalk vir ons ‘n link na die onderwerp nie?

  • Da Mario // Junie 18, 2009 at 1:27 nm

    Aah…. 3 minute se soek en hier’s ‘n link….

    http://love.ivillage.com/lnsproblems/lnscheating/0,,fmf6,00.html

    Ek skryf anderdag oor my gedagtes oor hierdie tien beginsels om emosionele ontrouheid te voorkom binne verhoudings.

Lewer Kommentaar