Da Mario se gepraat…

Entries from Julie 2009

Oor vriendskap, verhoudings en beste vriende…

Julie 31, 2009 · 14 Kommentaar

Ek dink dit is belangrik dat ‘n mens se man of vrou ook jou beste vriend moet wees.

Ek is nie die tipe ou wat unhappy sal raak indien my vrou mansvriende het nie.  Ek sal selfs nie eens omgee indien sy byvoorbeeld saam met van hierdie vriende sou gaan koffie drink nie.  Dink daaroor, indien jy jou man of vrou nie eers kan vertrou om koffie te gaan drink saam met ‘n vriend nie, waarmee kan jy hulle vertrou?

(meer…)

Kategorië Sommer praat...

Gretha Wiid.

Julie 26, 2009 · 4 Kommentaar

So paar maande gelede sit ek en Karin eendag in ‘n Coffee Shop en gesels en sy noem dat sy en ‘n vriendin beplan om na een of ander ding of seminaar of iets te gaan.  Ek kan nie meer die presiese detail van ons gesprek onthou nie, maar die seminaar of ding het te make gehad met Gretha Wiid, of ten minste was sy ‘n spreker. (http://www.grethawiid.co.za/index.php). Ons het na die tyd gesels oor wat dit behels het en wat ek gehoor het was interessant, los gerus dus sommer ook kommentaar (sou jy wou) oor jou opinie van wat sy skryf op haar website.

Gedurende die seminaar het Karin klaarblyklik gereeld aan haar vriendin gestamp met die woorde: “Da Mario sê ook altyd so.”  Dit het my nogals laat smile, miskien is daar dus tog ‘n klein bietjie sense aan sommige van die gedagtes wat ek en Karin gereeld oor gesels!

Waaroor ek vandag wil skryf is min of meer in dieselfde trant:Wat is dit wat maak dat sommige mense ‘n vrees het om sekere dinge te wil verstaan? Hoekom weier sommige mans en vroue klaarblyklik om mekaar te probeer verstaan? Mans en vroue verskil ja, maar hoe beter jy jou huweliksmaat of vriendin of meisie of ou of boyfriend verstaan, hoe beter mos jou vermoë om potensieële probleme suksesvol die hoof te bied?! En buiten verhoudings, hoekom sal jy nie ook ander dinge in die lewe so goed as moontlik wil verstaan nie?

Dinge soos:
Hoekom is tieners by tye rebels, veral teenoor die mense wat die meeste omgee?
Hoekom het Bill Clinton “sexual relations” met Monica gehad?
Hoekom het Steve by verskeie vroue geslaap, dit tewyl hy getroud was?
Hoekom gebruik suksesvolle mans prostitute as dit ‘n loopbaan kan vernietig?
Is daar intelligente lewe op ander planete en wat sal dit vir die mens beteken?
Wat is dit wat mense dryf om groot risiko’s te loop wanneer hulle reeds sukesvol is?
Hoekom sal atlete dwelms gebruik wanneer hulle reeds briljant goed is?
Hoekom met ‘n valskerm uit ‘n vliegtuig spring as die vliegtuig nie stukkend is nie?

Hoekom wil mense soms nie risiko’s neem nie, hoekom wil mense nie allerhande goeters probeer verstaan nie? Hierdie vrae hierbo byvoorbeeld – ek vra hulle nie omdat ek werklik belangstel in Bill Clinton of Steve Hofmeyr se private lewens nie, nie omdat ek wil valskerm spring nie, nie omdat ek aliens wil ontdek of dwelms wil gebruik nie. Ek vra hierdie vrae want dalk kan die redes en optrede daaragter my help om myself te verbeter. “No problem is beyond solution”. Wetenskap is gegrond in hierdie beginsel en vir my is ‘n nodige stap van introspeksie die vermoë om te kan verstaan, want slegs dan kan ek myself verbeter, dan leer ek en deur dit verkry ek insig.

Ek is in wese iemand wat dinge wil verstaan.  Baie dinge, enige ding.  Vroue. Karre. Tools. Diere. Kinders.  Mense. Die beginsel om te kan sê “ek verstaan”, is egter nie gelykstaande aan my goedkeuring van of aan die onderwerp nie.  Ek wil inteendeel eerder daardie dinge wat ek NIE goedkeur nie, verstaan.  Ek wil nie oordeel sonder kennis nie.  Ek wil nie sê iets is verkeerd of simpel, al dink ek reeds in my hart so, sonder dat ek die moeite gedoen het om die anderkant van die saak te hoor nie.

En wat ookal aan die einde van die dag my oordeel is, is my saak.  Dit beteken nie dat ek nou oortuig is van jou punt net omdat ek verstaan wat dit is wat jy doen nie.

Maar indien iemand uit beginsel nie wil verstaan nie, nie wil luister nie, hoe kan hulle ooit respek verwag vir hulle opinie, hulle eng en geslote gedagtegang?  Hoe kan mense hulle posisie verdedig sonder insig?  Wat is dit wat hulle vrees?  Wat is dit wat my optede en begeerte om te leer vir hulle verkeerd maak?  Net omdat ek anders is, omdat ek dalk kan beïnvloed?  Net omdat ek nie bang is nie?  Watter risiko het sulke mense eendag geneem wat in hulle gesigte ontplof het, wat hulle maak besluit het om nie weer risiko’s te neem nie?  En waarom sal sulke mense dit op my van toepassing wil maak?

Ek leef nie in vrees nie.  Ek is nie bang ek gaan myself verloor wanneer ek my huweliksmaat of vriendin of sekere beginsels probeer verstaan nie.  Insig gaan my help, ek is nie bang ek gaan verkeerd oordeel nie.  Selfdoubt is soms ‘n goeie en nederige ding.

Die probleem daarmee is dat dit jou en ander mense nie juis help wanneer jy REG is nie.

Vroue raak soms emosioneel oor ‘n verkeerde aanname. Ons beplan soms ‘n hele oorlog (en wen hom reeds in ons koppe) – en dít gebaseer op aannames. As hy jou aanname verkeerd kan bewys, gaan hy jou ‘feitelike’ aanname én jou emosie van die tafel afvee. Maak doodseker jou wegtrekpunt (aanname) is korrek! – Gretha Wiid

Kategorië Current Affairs · Sommer praat...

Battle of the Bands

Julie 22, 2009 · 4 Kommentaar

Na al die tyd, is hierdie nie net nogsteeds ‘n geat song nie?!

Ek en Karin was gisteraand gou Carnival City toe om ons vriende van MURG te gaan ondersteun by die Klipdrift Battle of the Bands kompetisie.  Eerstens moet ek sê dat Wimpie ‘n great show aanmekaar gesit het, meer as 6 ure van musiek met 13 verskillende bands … brilliant stuff bra!  Die musiek was oor die algemeen baie goed, ek sal bereid wees om so paar van die ouens se musiek te koop, ander is ek baie bly dat ek hulle nie weer gou sal hoor nie!  Nie oor dit swak musiek is nie, net omdat dit nie my styl is nie, net oor ek dit nie verstaan nie.  Soos een van die beoordelaars opgemerk het, die groep sal baie goed doen in die studente kuierplekke in Potch… enough said… nie my smaak nie!

Gideon en die manne van MURG het baie goed gespeel en ons was trots om die branded t-hemde wat hy vir ons gegee het te dra, thanks vir daai ou maat, ek sal hom gereeld dra as ek gaan shopping doen! Die feit dat hulle nie deur is na die finals nie is vir my nogal jammer, hulle was in my beskeie opinie defnitief een van die 4 beste bands vir die aand, selfs al speel hulle nog net 5 maande saam as ‘n groep.  Aan die anderkant, ten minste twee van die ander groepe wat ek ook baie gelike het is ook nie deur na die final nie, so miskien is dit maar net dat my smaak en die judges se (akademiese) oordeel nie goed gesinkroniseerd is nie!  Either way, dit was ‘n moerse enjoyable aand, thanks aan almal wat dit help memorable maak het!!

Kategorië Sommer praat...

Street music.

Julie 20, 2009 · 2 Kommentaar

Today, while walking in the CBD of Pretoria, I saw a blind old man and a young boy playing a tune on the sidewalk.  The old man plugs his guitar into an old radio, the little guy next to him uses two plastic containers as drums, a metal plate with metal bottle caps as cymbals and hits them with two homemade drumsticks, carved from wood.  I was on my way to buy myself some lunch, but after recording them for a while, took the money out of my pocket and put it into a little bowl by their feet.  Seeing them play touched me, not sure why.  My son is about as old as the little guy playing the “drums”, he went to school today.  Perhaps I just wish that I could do something like this with my son, perhaps I’m just glad that he gets to go to school…

Kategorië Sommer praat...

… oor wat jy doen …

Julie 19, 2009 · 12 Kommentaar

postsecret1

postsecret2

Hierdie vanaf PostSecret… miskien oor die belangrikheid daarvan om te dink oor dit wat jy doen…

Kategorië Sommer praat...

Life revisited.

Julie 6, 2009 · 6 Kommentaar

Met al die mis wat vanoggend hier so dik oor Pretoria gehang het, het ek weer gesit en dink oppad werk toe: Is die lewe nie soms soos ‘n pad waarop jy ry op ‘n mistige oggend nie?  Jy het ‘n idee waarheen jy oppad is, maar die detail vorentoe is nie altyd so duidelik nie.

Ek dink mens moet hoop dat die pad wat jy loop, miskien jou reis na geluk, lank en vol avontuur is.  Dat jy kennis opdoen, iets leer, selfs al is daar hier en daar slaggate en skerp draaie.  Ek glo nie mens hoef bang te wees om die verkeerde besluite te maak nie, die verkeerde girls te ontmoet en dan dalk te date nie,  seer te kry in liefde nie.  Indien jou verwagtinge hoog en idialisties is, sal hierdie dinge in elk geval nie met jou gebeur nie.  Dit kan slegs gebeur indien jy die pyn in jou dra, jouself oopmaak daarvoor.

Is dit nie belangrik om gelukkig in jouself te wees nie, om soggens alleen te kan wakker word en te weet hoe fantasties jou lewe is nie?  Geniet die reis wat jy onderneem, geniet elke nuwe ervaring, gaan orals heen waarheen jy kan en ontmoet nuwe mense, leer by mense.  Ervaar sensuele dinge, ervaar raar dinge, put genot daaruit om dinge te sien, kyk weer met die oë van ‘n kind na die lewe.  Raak stil en besef wat is belangrik in jou lewe.

Moenie haastig wees in jou soektog na geluk nie, laat dit aanhou vir jare.  Moenie haastig wees om liefde te vind nie, dit vind jou soms op die mees onverwagse oomblikke.  Hou jou uiteindelike doel ingedagte, maar moenie dit blindelings najaag nie.  Dis beter om liefde te vind wanneer jy oud is, ryk aan al die ervaring wat jy opgedoen het in jou reis, sonder die verwagting van die jeug dat iemand anders jou lewe gaan vervolmaak.

Wees gelukkig, jou sielsgenoot het jou die reis gegee, nie die bestemming nie.  Sonder haar sou jy nooit op jou reis vertrek het nie, sy het niks om jou te bied meer as wat jy nie reeds het nie.  As jy haar dan minder as idiaal vind, besef dat sy jou nooit bedrieg het nie, want wys soos wat jy geraak het, met so baie lewenservaring, sal jy besef wat ‘n sielsgenoot werklik beteken.

Kategorië Sommer praat...

‘n Speech op my Seepkissie.

Julie 1, 2009 · 10 Kommentaar

Did you say it?
I love you.
I don’t ever wanna live without you.
You’ve changed my life.
Did you say it?

Vriendskappe, partytjies, Facebook… net so paar van die dinge waarby ek die laaste rukkie betrokke was in my vrye tyd.

Maandagaand is Yolanda Barnard se boek, Die ponies gallop, bekendgestel by FTV in Irene.  Genoeg is al geskryf oor die paartie, wie daar was, hoe hulle gelyk het, wie het ge-network en wie het gesuip.   Die hele storie het my so bietjie laat dink oor dinge soos Facebook, celebrities en vriendskappe.

Bekende mense, celebrities, sterre… noem hulle wat jy wil – is net doodgewone mense.  Ek het dit daar weer gesien.  Dis ‘n normale ou wat so paar liedjies kan tokkel en ‘n besonderse gawe gekry het.  En dit uitleef.  En van openbare mening afhanklik is vir sukses.  En dis net daar waar die moeilikheid begin….

Ek is bewus daarvan dat baie mense, wanneer hulle ‘n celebrity ken, voel asof hulle amper dan ook iemand spesiaal is.  Dit gebeur selfs op kleiner skaal tussen gewone mense, miskien veral in kleiner dorpies waar almal mekaar se doen en late ken.  Die tannie wat met die dokter getroud is, die dominee se vrou, die prokureur se vrou, die burgemeester se vrou – hulle dink almal hulle het meer aansien as die werktuigkundige se vrou, die stoorman se vrou, die padskraper se vrou …  mense gravitate na sukses, dis natuurlik. Sommige like om daarmee te spog, dis effe minder natuurlik.
Jy kry dieselfde beginsel met sangers, skrywers, digters en TV-persoonlikhede, want as jy iets van hulle weet, dan voel jy dalk so half asof jy ook belangrik is, asof jou lewe nou ook meer sinvol is.Hierdie is nie nuus nie, allermins!!  Dis die rede hoekom Yolanda ‘n boek kan publiseer en dis ook die rede dat ek nie die boek wil lees nie.  Ek kan persoonlik net nie minder omgee wie wat aan wie wanneer en hoe hard vir hoe lank gedoen het nie.  Ek worry nie.  Net soos ander mense nie minder kan worry watter rugbyspan die Super14 wen nie.  Ons verskil en dit is oraait.

Beteken dit dat hierdie verskynsel eg is, die blote feit dat dit bestaan?  Voel jy genuine beter as jy vir jou moegoe buddies by die local pub kan vertel dat jy al gebraai het saam met Zak van Niekerk, Robbie Wessels, Theuns Jordaan, Nicholis Louw? Miskien doen jy, maar dan sou ek sê jy het groter probleme as wat jy dalk besef. But that’s just me.  Jy hoef nie my woord daarvoor te vat nie.

Wat my bring op die volgende ding waaroor ek wil uitvaar, Facebook.
Ek het nogal ‘n probleem met die wyse waarop Facebook vriendskappe kan ruïneer en/of goedkoop maak.Fok, huwelike is al verwoes oor wat aangaan op Facebook.  Beteken dit dat FB die probleem is?  Nope.  As jy skei oor wat aangaan op FB dan het jou verhouding hulp gekort lank voor jy daar iemand ge-add het as ‘n “friend” en met hulle begin gesels het. Beteken dit dat julle werklik best buddies is wanneer iemand wel op jou friendslist verskyn? Nope. Dit beteken net jy ken hulle.
Ek voel soms half ongemaklik oor die hele FB storie.  Dis amper soos visitekaartjies uitruil behalwe dat jy voortaan miskien irreterende status updates gaan moet lees oor die persoon: “Piet se maag is seer”, “Koos dink die Bokke het tos gespeel”, “Sannie voel afgeskeep”. Facebook het my al laat sug ja….

Aan die einde van die dag is celebrities mense soos ek en jy.  As die dude rondloop met ‘n houding, fok hom.  Who cares?  Baie doodgewone mense doen dieselfde.  Fok hulle ook.  Ek was daar by Yolanda se paartie saam met vriende, ouens wat ek ken omdat ek hulle like en nie oor wie hulle is of oor wat hulle doen nie.  Dood toevallig is hulle in die musiekbedryf en bekend.  Hulle kon netsowel plumbers, rekenmeesters of 2de handse motorverkoopsmanne gewees het, ek gee nie om nie, want wat hulle doen maak hulle nie iemand besonders nie.  Ek ken hulle en like hulle want hulle is nice mense, wie hulle dus as mense is, dis wat belangrik is.  Hulle het ‘n job soos ek en jy.  Hulle job is net in die openbare oog.  Hulle werk tos ure.  Hulle werk wanneer ek en jy sit en TV kyk.  Ja oraait, hulle lê langs ‘n swembad wanneer ons werk, maar moet nou nie op die verkeerde deel van die storie fokus nie….

Waaroor dit eintlik gaan?

Maak op jou eie mind, lees tussen die lyne, interpreteer wat hier staan, dink daaroor en vat dan die volgende met jou saam:
- Vriendskap is spesiaal.
- Facebook is net Facebook.
- Celebrities is gewone mense.
- Sommige dinge is real, ander is nie.

Nou gaan bel iemand of loop na iemand en gee hulle ‘n drukkie en begin jou gesprek soos ek hierdie post begin het, want môre mag dit dalk te laat wees, mens weet nooit nie…

Kategorië Current Affairs · Sommer praat...