Did you say it?
I love you.
I don’t ever wanna live without you.
You’ve changed my life.
Did you say it?
Vriendskappe, partytjies, Facebook… net so paar van die dinge waarby ek die laaste rukkie betrokke was in my vrye tyd.
Maandagaand is Yolanda Barnard se boek, Die ponies gallop, bekendgestel by FTV in Irene. Genoeg is al geskryf oor die paartie, wie daar was, hoe hulle gelyk het, wie het ge-network en wie het gesuip. Die hele storie het my so bietjie laat dink oor dinge soos Facebook, celebrities en vriendskappe.
Bekende mense, celebrities, sterre… noem hulle wat jy wil – is net doodgewone mense. Ek het dit daar weer gesien. Dis ‘n normale ou wat so paar liedjies kan tokkel en ‘n besonderse gawe gekry het. En dit uitleef. En van openbare mening afhanklik is vir sukses. En dis net daar waar die moeilikheid begin….
Ek is bewus daarvan dat baie mense, wanneer hulle ‘n celebrity ken, voel asof hulle amper dan ook iemand spesiaal is. Dit gebeur selfs op kleiner skaal tussen gewone mense, miskien veral in kleiner dorpies waar almal mekaar se doen en late ken. Die tannie wat met die dokter getroud is, die dominee se vrou, die prokureur se vrou, die burgemeester se vrou – hulle dink almal hulle het meer aansien as die werktuigkundige se vrou, die stoorman se vrou, die padskraper se vrou … mense gravitate na sukses, dis natuurlik. Sommige like om daarmee te spog, dis effe minder natuurlik.
Jy kry dieselfde beginsel met sangers, skrywers, digters en TV-persoonlikhede, want as jy iets van hulle weet, dan voel jy dalk so half asof jy ook belangrik is, asof jou lewe nou ook meer sinvol is.Hierdie is nie nuus nie, allermins!! Dis die rede hoekom Yolanda ‘n boek kan publiseer en dis ook die rede dat ek nie die boek wil lees nie. Ek kan persoonlik net nie minder omgee wie wat aan wie wanneer en hoe hard vir hoe lank gedoen het nie. Ek worry nie. Net soos ander mense nie minder kan worry watter rugbyspan die Super14 wen nie. Ons verskil en dit is oraait.
Beteken dit dat hierdie verskynsel eg is, die blote feit dat dit bestaan? Voel jy genuine beter as jy vir jou moegoe buddies by die local pub kan vertel dat jy al gebraai het saam met Zak van Niekerk, Robbie Wessels, Theuns Jordaan, Nicholis Louw? Miskien doen jy, maar dan sou ek sê jy het groter probleme as wat jy dalk besef. But that’s just me. Jy hoef nie my woord daarvoor te vat nie.
Wat my bring op die volgende ding waaroor ek wil uitvaar, Facebook.
Ek het nogal ‘n probleem met die wyse waarop Facebook vriendskappe kan ruïneer en/of goedkoop maak.Fok, huwelike is al verwoes oor wat aangaan op Facebook. Beteken dit dat FB die probleem is? Nope. As jy skei oor wat aangaan op FB dan het jou verhouding hulp gekort lank voor jy daar iemand ge-add het as ‘n “friend” en met hulle begin gesels het. Beteken dit dat julle werklik best buddies is wanneer iemand wel op jou friendslist verskyn? Nope. Dit beteken net jy ken hulle.
Ek voel soms half ongemaklik oor die hele FB storie. Dis amper soos visitekaartjies uitruil behalwe dat jy voortaan miskien irreterende status updates gaan moet lees oor die persoon: “Piet se maag is seer”, “Koos dink die Bokke het tos gespeel”, “Sannie voel afgeskeep”. Facebook het my al laat sug ja….
Aan die einde van die dag is celebrities mense soos ek en jy. As die dude rondloop met ‘n houding, fok hom. Who cares? Baie doodgewone mense doen dieselfde. Fok hulle ook. Ek was daar by Yolanda se paartie saam met vriende, ouens wat ek ken omdat ek hulle like en nie oor wie hulle is of oor wat hulle doen nie. Dood toevallig is hulle in die musiekbedryf en bekend. Hulle kon netsowel plumbers, rekenmeesters of 2de handse motorverkoopsmanne gewees het, ek gee nie om nie, want wat hulle doen maak hulle nie iemand besonders nie. Ek ken hulle en like hulle want hulle is nice mense, wie hulle dus as mense is, dis wat belangrik is. Hulle het ‘n job soos ek en jy. Hulle job is net in die openbare oog. Hulle werk tos ure. Hulle werk wanneer ek en jy sit en TV kyk. Ja oraait, hulle lê langs ‘n swembad wanneer ons werk, maar moet nou nie op die verkeerde deel van die storie fokus nie….
Waaroor dit eintlik gaan?
Maak op jou eie mind, lees tussen die lyne, interpreteer wat hier staan, dink daaroor en vat dan die volgende met jou saam:
- Vriendskap is spesiaal.
- Facebook is net Facebook.
- Celebrities is gewone mense.
- Sommige dinge is real, ander is nie.
Nou gaan bel iemand of loop na iemand en gee hulle ‘n drukkie en begin jou gesprek soos ek hierdie post begin het, want môre mag dit dalk te laat wees, mens weet nooit nie…
10 responses so far ↓
Griet // Julie 1, 2009 at 12:24 nm
((((DaMario))))) hier’s vir jou ‘n drukkie my vrind … jy’s biki ver … kan nie net oorstap nie.
ve’staan djy?
amolavita // Julie 1, 2009 at 8:38 nm
Jou waardes klink vir my heel reg.
Girl van die Suburbs // Julie 1, 2009 at 10:26 nm
Ek is ‘n groot fan van facebook maar ek stel perke. Jy kan soveel doen met hulle privacy settings en ek laat mense net sien wat ek wil he hulle moet sien. Nie almal kan my friends sien nie, my wallposts lees nie ens….
demoerin // Julie 2, 2009 at 7:31 vm
Amen oor die celebrities! Daar is niks wat my so irriteer soos iemand wat celebrity-befok is nie, nog erger die wat die groupy-kultuur aan die gang wil hou.
Konsentreer eerder op verhoudings met jou ware vriende en familie, as wat jy tyd mors oor iemand wat jy nie eers ken nie.
oopkop // Julie 2, 2009 at 11:49 vm
Ek het al die internet-celebrity Frank Botha ontmoet
Griet // Julie 2, 2009 at 12:06 nm
LOL!!! @ Oopkop!!
Ek dink DaMario ook al!!!
Die internet-sensasie … ta-da!! … ek sien as ‘n mens sy naam google, dan sê dit “die site is gesluit agv die feit dat dit nie betaal is nie”
oopsie …
Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld // Julie 3, 2009 at 7:28 vm
[...] die tyd van groupies is verby, blykbaar kom dit deesdae net in ‘n nuwe vorm voor – starstruck celebrity kenners. Ek het vir so en so ontmoet, en toe het hulle my aan so en so voorgestel. En dan is daar [...]
Karin // Julie 3, 2009 at 10:19 nm
“maar moet nou nie op die verkeerde deel van die storie fokus nie…”
LOL!
Rochelle // Julie 4, 2009 at 6:46 nm
O o o o … ek ken, ek ken… niemand worth braging about! lol FB is net n speel plek, as mens ding daar te erinstig op neem dan neem hulle die lewe vers te erinstig op!
BB // Julie 6, 2009 at 1:00 nm
LOL@ Oopkop!!! Ek het nog nie?!