Da Mario se gepraat…

Life revisited.

Julie 6, 2009 · 6 Kommentaar

Met al die mis wat vanoggend hier so dik oor Pretoria gehang het, het ek weer gesit en dink oppad werk toe: Is die lewe nie soms soos ‘n pad waarop jy ry op ‘n mistige oggend nie?  Jy het ‘n idee waarheen jy oppad is, maar die detail vorentoe is nie altyd so duidelik nie.

Ek dink mens moet hoop dat die pad wat jy loop, miskien jou reis na geluk, lank en vol avontuur is.  Dat jy kennis opdoen, iets leer, selfs al is daar hier en daar slaggate en skerp draaie.  Ek glo nie mens hoef bang te wees om die verkeerde besluite te maak nie, die verkeerde girls te ontmoet en dan dalk te date nie,  seer te kry in liefde nie.  Indien jou verwagtinge hoog en idialisties is, sal hierdie dinge in elk geval nie met jou gebeur nie.  Dit kan slegs gebeur indien jy die pyn in jou dra, jouself oopmaak daarvoor.

Is dit nie belangrik om gelukkig in jouself te wees nie, om soggens alleen te kan wakker word en te weet hoe fantasties jou lewe is nie?  Geniet die reis wat jy onderneem, geniet elke nuwe ervaring, gaan orals heen waarheen jy kan en ontmoet nuwe mense, leer by mense.  Ervaar sensuele dinge, ervaar raar dinge, put genot daaruit om dinge te sien, kyk weer met die oë van ‘n kind na die lewe.  Raak stil en besef wat is belangrik in jou lewe.

Moenie haastig wees in jou soektog na geluk nie, laat dit aanhou vir jare.  Moenie haastig wees om liefde te vind nie, dit vind jou soms op die mees onverwagse oomblikke.  Hou jou uiteindelike doel ingedagte, maar moenie dit blindelings najaag nie.  Dis beter om liefde te vind wanneer jy oud is, ryk aan al die ervaring wat jy opgedoen het in jou reis, sonder die verwagting van die jeug dat iemand anders jou lewe gaan vervolmaak.

Wees gelukkig, jou sielsgenoot het jou die reis gegee, nie die bestemming nie.  Sonder haar sou jy nooit op jou reis vertrek het nie, sy het niks om jou te bied meer as wat jy nie reeds het nie.  As jy haar dan minder as idiaal vind, besef dat sy jou nooit bedrieg het nie, want wys soos wat jy geraak het, met so baie lewenservaring, sal jy besef wat ‘n sielsgenoot werklik beteken.

Kategorië Sommer praat...

6 responses so far ↓

  • BB // Julie 6, 2009 at 1:04 nm

    One of the truest posts I’ve read in a long long time: “jou sielsgenoot het jou die reis gegee, nie die bestemming nie…” en as jy gelukkig genoeg is kom julle saam anderkant (by die ‘bestemming’) uit.
    Soooo belangrik om happiness within jouself te hê. Ek het al in die lewe ervaar dat as die fokus te veel op iemand anders is om my te vervul, ek veels te gereeld teleurgestel word, die lewe miskyk en mislewe – en soos jy sê: nie hulle skuld nie, maar dis makliker om iemand anders te blame daarvoor.

  • demoerin // Julie 7, 2009 at 2:47 nm

    Amen!

  • Girl van die Suburbs // Julie 7, 2009 at 6:05 nm

    Dit is so waar ‘Dis beter om liefde te vind wanneer jy oud is, ryk aan al die ervaring wat jy opgedoen het in jou reis, sonder die verwagting van die jeug dat iemand anders jou lewe gaan vervolmaak.’.

    Dit is egter ook moeilik om nie geluk by iemand te soek nie of dit te verwag nie.

  • demoerin // Julie 8, 2009 at 8:13 vm

    GVDS -sulke ware woorde. Maar ek dink wat wel help is die stille besef dat JY vir jou eie geluk verantwoordelik is, die ander persoon is net daar om daarin te deel.

  • skoenlappr // Julie 8, 2009 at 11:31 vm

    The purpose of life, after all, is to live it.

  • Emil // Julie 9, 2009 at 2:23 nm

    Mooi gestel, skoenlappr. Is so!

    Dis dalk wat ou Bob Dylan op sy nuwe CD probeer vertel!

Lewer Kommentaar