Da Mario se gepraat…

What’s up with this blogging-thing?!

September 2, 2009 · 3 Kommentaar

Een van die vrae wat amper altyd aan ‘n blogger gestel word deur mense wat nie self blog nie, is hoekom doen jy dit? So vandag vra ek die vraag aan myself: Hoekom blog mense?
Inherent is ‘n blog tog ‘n joernaal, iets wat jou persoonlikheid en belangstellings reflekteer en bedoel is om in die openbaar geplaas te word sodat lesers jou gedagtes kan deel. Dis ‘n dagboek wat veronderstel is om daagliks (of ten minste gereeld) opgedateer te word met gebeure, gedagtes, opinies, kommentaar op sosiale gebeure, skakels na interessante artikels en of gunsteling musiek, publikasie van fotos en gedagtewisselling tussen vriende.

In my opinie is daar dus ‘n verskeidenheid van redes hoekom iemand sal blog, afhangend van die soort blog wat jy bedryf.  Wanneer dit handel oor ‘n onderwerp, miskien vliegkuns of visvang, dan is die doel obvious.  Wanneer dit ‘n persoonlike blog is, wel… hoekom hoegenaamd blog?

‘n Paar gedagtes:
* Miskien word jy voorsien van ‘n noodsaaklike uitlaatklep, ‘n plek waar jy kan sê wat jy wil wanneer jy wil, sonder die vrees van persoonlike veroordeling.
* Miskien kan jy op jou blog (anoniem selfs) na hartelus kla oor sosiale onregverdighede, politieke onbekwaamheid of pesoonlike hartseer of verlange, sonder dat jy jou real world friends van hulle trollies af maak!
* Miskien is dit iemand se wyse om dinge te verwerk, oor hartseer te kom en aan te beweeg. Die feit dat dit twee jaar later nogsteeds op die www rondsweef beteken nie dat jy nie daaroor is nie, dit was dalk juis die wyse hoe jy wel oor iets gekom het!
* Miskien is dit ‘n nuttige plaasvervanger vir duur afsprake met sielkundiges, miskien moet jy eerder blog as om vir ure jou vriende uit die werk te hou deur met hulle te wil gesels oor jou selfsugtige needs?
* Miskien het jy nodig om jou gedagtes of gevoel te verstaan, hulle word immers beter verstaan en geformuleer wanneer jy hulle moet neerskryf of aan iemand moet verduidelik.
* Miskien wil jy doodeenvoudig ‘n internet celebrity word of spog met al jou beroemde vriende!
*Ja, daa is nog baie, vertel my gerus…

Vir sommige mense is blogging doodeenvoudig ‘n mors van tyd, soos tuinmaak en sport ‘n totale mors van tyd vir ander mense is. Wat ek egter wel agtergekom het is dat jy soms nie kan glo wat jy 6 maande of ‘n jaar gelede geskryf het nie. Jy kom agter hoeveel jy gegroei het, jy dink *wow*, het ek DIT geskryf?? Hoe deurmekaar/mal/simpel/slim/oulik moes ek nie gewees het nie?!

Om my argument met myself mee af te sluit: Daar is baie redes hoekom mense blog, maak dit werklik saak hoekom? In my opinie, nee dit doen nie. As dit nie jou blog is nie, moenie worry oor ander mense se motivering nie, jy gaan dit in elk geval nie verstaan nie. Het jy ooit nodig om blogging te verdedig? Nope… hoekom sal jy wil!? Sodat iemand jou kan vertel wat dit is wat jy EERDER met jou tyd moet doen? Sodat hulle jou kan vetel HOE jy eintlik dinge moet doen?
Hehehe, nee ek glo nie… aan die einde van die dag kan jy mos maar net jouself beter probeer verstaan… en as blogging daartoe bydra, wel … hoekom nie!?

Kategorië Sommer praat...

3 responses so far ↓

Lewer Kommentaar