Laasweek het ek iewers ‘n post geskryf oor die verskillende dinge wat mans doen wanneer hulle girls los. In die comments op daardie post is daar toe so paar grapperige aanmerkings gemaak oor “dat om vir jou girl te sê ‘Kom ons doen ‘n threesome’ in die hoop dat sy jou sal los, dalk nie so goeie manier is om haar te oortuig om jou te los nie aangesien dit dalk nog altyd een van haar geheime begeertes was”. Dit het my oortuig om ‘n opvolg post te skryf oor threesomes. Nie omdat ek wou weet watter van my lesers stel belang om een met my te hê nie, maar om direk ‘n hipotetiese stelling te maak en reaksie daarop te verkry.
Nou, so paar intelligente lesers het dit verstaan en ‘n comment gelos, ander het soos hulle gatte gelees en my “grillerig” genoem.
Onthou asseblief… Ek sal nooit vir jou kwaad raak oor jou opinie nie, en anders as byvoorbeeld Frank Botha, delete ek nie comments van my blog af nie. Ek het my opinie oor sekere bloggers en alle lesers is natuurlik geregtig op hulle eie opinie! En ek waardeer dit dat jy dit hier in die openbaar met my kom deel, daar is niks mee verkeerd nie. Openbare forums is nie vir sissies nie, (en sorry Frank maar jy is so goeie voorbeeld ek moet jou net gebruik vir demonstrasie doeleindes), ek het allankal geleer om nie comments te persoonlik op te vat nie en besef dat maak nie saak wat ek skryf nie, iemand iewers sal daarvan hou en iemand iewers gaan nie daarvan hou nie. En dis okay…. ![]()
En jy die leser (plus Liezl, die omgekrapte commentator) is natuurlik ook welkom om my grillerig te vind, ek gaan nie in ‘n hoekie inmekaarsak en myself begin jammer kry nie. En dit sal ook nie veroorsaak dat ek ophou blog oor girls nie… ek hou van girls, as jy nie hou van wat ek skryf nie, lees volgende week weer, ek skryf oor ‘n wye verskeidenheid goeters!
Die probleem is dat mense soms ‘n oordeel uitspreek sonder dat hulle weet waarvan hulle praat, maar dis ‘n probleem met vreeslik baie mense, so moenie alleen voel as jy een is nie. En as jy van die ander posts lees, sal jy agterkom dat ek inderdaad dieper kan dink (weereens, volgens sommige lesers kan ek nie!), maar beteken dit dat ek moet ophou ligsinnige posts skryf oor meisies? Net omdat een of twee siele nie daarvan gaan hou nie? Natuurlik nie, dis tog my goeie reg! Soos dit jou reg is om te verskil en ek respekteer jou opinie. So probeer verstaan as ek iets tong in die kies skryf, dit sal my persepsie van jou intelligensie ook laat styg.
Ek noem immers in daardie presiese post dat ek nie threesomes sal goedkeur of soek nie, (sien daai swaarboompot-stelling wat ek maak), desnieteenstaande vind sy dit nodig om te daal tot snedige aanmerkings van ‘n persoonlike aard.
Daar is ‘n gesegde: “As jy stilbly sal mense net dink jy is dom, as jy jou mond oopmaak en iets sê dan weet almal hulle was reg.” Julle kommentaar word altyd waardeer en ek is dankbaar julle voel sterk genoeg oor die saak om ‘n opinie te lug. Doen gerus so voort! ![]()
Maar ek dink nogsteeds nie ek is grillerig nie….