Dis miskien omtrent waar ek my Saterdag spandeer het, in ‘n twilight zone. En dit alles deur ‘n kinderpartytjie. Kennisse en ex-skoonfamilie en ou vriende van tot 2 of 3 jaar terug, mense wat ek lanklaas gesien het. Dit was vreemd, maar die gesels het gevloei. Dit was SO lekker. Ek het weer besef wat ek mis. En ek sou graag daaroor wou skryf, maar ek vind dat ek nie kan nie.
Ek kan dit nie artikuleer nie. Nie hier nie, nog nie. Dit is net amazing hoeveel tyd sommige dinge actually vat.
En ek en jy het gesels en ek het jou hiervan vertel, en ek wens jy was langs my om dit te deel. Ek het nodig om dit te deel. Sodat jy ten volle kan verstaan.
Categories: Sommer praat...
Ek is vandag by die huis. Jordan het masels en mag dus nie skool toe gaan nie. So ek en hy het ‘n onbeplande lang naweek.
Verder het ek nie nuus nie. Nie nou nie. Miskien later, maar ek glo nie ek sal dit dan mag deel nie. Dis die reëls. Maar miskien kan ek die reëls nog so effe buig, ek sal maar sien.
Either way, geniet julle naweek!!
Categories: Sommer praat...
Ek het vanoggend opgestaan en was om die een of ander rede glad nie in ‘n besonderse goeie bui nie. Anders as ander oggende het Jeremy en 94.7 my vanoggend oppad werk toe irreteer en ek het nie gehou van die musiek wat hulle speel nie. Daar was te veel mense te vroeg in die oggend ook oppad werk toe en hulle het na my sin hopeloos te stadig gery. Dis nie dat ek laat was vir ‘n meeting of so nie, ek wou hulle net nie in die omgewing gehad het nie. Buiten dit alles dink ek die son kom hopeloos te laat op en gaan ook hopeloos te vroeg onder. Dis nie winter-blues wat ek het nie. Ek like die winter. Ek like net nie vandag nie. Ek is sommer lus en klim terug in die bed, slaap so rukkie en klim dan met die ander voet uit die bed. Miskien werk dit….
Oraait, dan is daar seker so paar goedjies wat ek nog moet doen. Tags en sulke stuff… Ek skuld iemand iewers babafoto’s. Ek het hulle hier, sal kyk om dit te laat scan een of ander tyd en dit eendag post.
Jane het gewonder oor die girl se factsheet… hehehehe… sy is lank en volwasse, 32-26-30 en het lang hare en mooi ogies, ‘n wonderlike smile en skerp humorsin. Sy is slim, het ‘n goeie algemene kennis, deel baie van my belangstellings, mind nie dat ek voorheen getroud was nie en sy hou van kinders. Sy is ook oulik, saggeaard, mooi, sy is intelligent, sy is dierbaar en sy is gaaf, sy is mededeelsaam, sy is vriendelik en snaaks en sy is reguit en eerlik. En sy is liefdevol. Sy is sy. O ja, en sy lyk damn fine in ‘n jean… 
Emil het voorgestel ek kry N.P. van Wyk Louw se Wordende Naakt, ek het dit nog nooit gelees nie, maar dit klink vir my na ‘n uitstekende plan. Miskien kan ons so bietjie leeswerk doen… 
Knersis en Alta wou weet wat ek dink die belangrikste iets/iemand op aarde is. Mmmm… aaklige blêddie curve ball daai. Die belangrikste vir my is dalk eerlikheid. Met goed soos wysheid, geduld en liefde ‘n damn close second. In terme van wie… ek sou reken jou kinders is altyd daar, asook jou lewensmaat en familie en jou vriende ook in die bondel. Maar as jy daaroor dink, miskien moet jy vir jouself ook belangrik wees, anders is dit tipe van ‘n nuttelose oefening of hoe? Sonder JOUSELF teenwoordig, is daar tog nie sprake van enige iets anders nie… mmmm… wat was die? ‘n Trick question??
Dan is daar seker nog ander goeters wat ek ook een of ander tyd by moet uitkom, maar dit moet nou maar eers so rukkie wag. My mood is nou ook sommer beter, die blogging was nou nogal terapeuties, so ek voel darem meer lus vir smile as vroeër vanoggend.
Geniet die dag vrinne…
Categories: Sommer praat...
Kry’ie genoeg van jou’ie
Aanmekaar dis net jy,
Regtig egtig jy’s special…
In mekaar, ons verweef
Net ek e’ jy…
Categories: Sommer praat...
Ek dink dit het nou net eers begin. Ek dink jy het nou eers opgedaag. Ek dink jy is uiteindelik hier en ek dink ek is nie bang nie. Ek dink jou hand is op die deur. Ek dink jy is dapper genoeg om in te kom. Ek dink dis mooi, ek dink ek is rustig en ek dink ek is gereed. Ek dink jy is spesiaal, ek dink ons moet probeer, ek dink ek kan dit nodig hê, hierdie ding in my lewe. Ek dink ek is bang ek dink te veel maar ek dink dis iets waaraan ek dink ek iets kan doen.
Welkom hier…
Categories: Sommer praat...
Jippieee!! Die begin van ‘n kraakvars splinternuwe week!
Ek was laasweek bietjie siek, en die rekenaar het toe om die een of ander rede op ‘n stadium besluit om skielik nie meer die password te aanvaar van my blog nie. En aangesien ek nie lekker gevoel het nie was ek glad nie in die bui om te sukkel om passwords te reset en sulke dinge nie, maar vanoggend het ek dit toe gou gedoen.
So ek kan weer post!
Nie dat dit veel beteken nie, want ek het niks aardskuddends om kwyt te raak op die oomblik nie. Oraait, die pessimiste onder julle sal seker reken dat ek anyways nooit iets aardskuddends kwytraak nie en julle sal seker ‘n punt hê. So wat van ‘n opsomming…
Buiten dat ek siek was gedurende die week en Jordan die naweek weer lekker by my gekuier het, buiten vir Saterdagmiddag en aand toe hy na Cris toe is, was dit Saterdag Cris se verjaarsdag. Hulle het nogal ‘n groot paartie gehou (het ek die Sondagoggend opgelet aan die oorgeblewe bewysstukke) maar ek was nie daar nie. Het hom net gaan oplaai en weer gewaai. Wat kan beter wees as dit? Nie veel nie, veral nie as die res van my weekend highlights behels het om hoofsaaklik domestiv te wees nie. En die res… wel die res is nie vir openbare insae nie.
Nou ja, geniet julle week, ek is damn besig hier by die werk soos ek seker julle ook is! Check ya all later!
Categories: Sommer praat...
Ek’s afgeboek tot Vrydag. Ek voel soos ‘n hond, ek’s lekker siek. En die meds hou my nie juis wakker nie, en ek voel nie vreeslik slim nie. So ek het nie slimmighede om kwyt te raak nie. Ek gaan net slapies…
Catch ya all later!
Categories: Sommer praat...
Politiek is ‘n ding waarmee ek nou nie juis myself ophou nie. Die redes is baie, maar die mees belangrikste vir my is seker my totale gebrek aan respek vir politici.
Either way, ek lees soms dinge wat my laat wonder.
Soos byvoorbeeld die uitsprake van die Agbare Minister van Landbou tydens haar begrotingsrede in die Parlement om ‘n goeie voorbeeld te noem. Terwyl ek baie simpatiek staan teenoor die politieke redes vir die herverdeling van landbougrond in Suid-Afrika is dit tog ‘n kwessie waarin die ANC ongelukkig liederlik gefaal het. En na 14 jaar faal hulle steeds om praktiese en daadwerklike oplossings te vind vir ‘n bestaande probleem. Hulle pogings tot dusver was beswaarlik suksesvol en nou spring die Minister op die ou wa en… blameer Apartheid.
Volgens haar eie erkenning is dit nie swart boere se skuld dat hulle misluk nie, maar Apartheid se skuld. Jinne liewe Minister, jou regering het al ‘n hele generasie skoliere gelewer! Hoe lank wil jy mense iets leer voor hulle iets weet, hoe lank wil jy “skills transfer” voordat jou onbeholpe boere verstaan plante groei met water en dat jy sekere tye plant en sekere tye oes? Almal van hulle wat hulleself “boere” noem het ‘n lappie mielies voor sy hut gehad in die Transkei, hy het geploeg met ‘n donkie en water aangedra vanaf die rivier of gewag vir die rëen. Hulle kan boer. Die probleem is hulle wil nie kommersiëel boer nie. Want dan kan jy nie 75% van die dag op jou gat sit en kakpraat nie. Jy moet werk. Komaan Minister, daar is kinders op skool wat meer weet van boer as jy! En onthou nou, volgens die Minister is dit nie hulle skuld dat hulle nie kon skoolgaan en leer lees en skryf en wat nog alles nie. Dit was Apartheid se skuld. (Ignoreer maar vir eers die feit dat dit jou nie help om skole af te brand as jy iets wil leer nie.) Maar wat stel die Minister voor? Dat 80% van vrugbare landbougrond in onbekwame hande (haar eie erkenning) geplaas word? En wat gaan dan gebeur? Gaan ons kos en produkte invoer vanaf die buiteland? Wie gaan daarvoor betaal met watter geld? Wie gaan die onbekwame boere bekwaam maak? Wat gaan gebeur met voedselpryse as ons skielik 80% minder produseer?
Kan die Minister vir een oomblik effe Noord kyk en vir die mense verduidelik hoekom Zimbabwe se grondhervormingsplan nie gewerk het nie? Of verteenwoordig dit wat in Zim gebeur vir haar sukses? Dit verteenwoordig welliswaar politieke sukses op die kort termyn want jy bereik jou onmiddellike doelwit, maar dit vernietig ‘n nasie en sy ekonomie en lei tot die val van die politieke hoofde. Gaan vra maar vir Bob. Hy kan net die mag hou as hy genoeg gewere het. En ook dit is ‘n kort termyn oplossing. Hy het lank gelede reeds sy gat gesien, die werklikheid begin nou eers net al harder praat. Of maak dit nie veel saak as Suid-Afrika ook so uitdraai nie omdat jy wat Minister is dan reeds jou oorsese bankrekeninge gevul het met die nodige hoeveelheid Dollars sodat wanneer die popo die fan stike jy op ‘n vliegtuig kan hop en kan gaan “adviseur” in ‘n ander (selfs dommer) Afrika land? Dink jy dat jy iewers welkom gaan wees? Behalwe miskien in Haiti….
Mens kan seker ook maar sê dat dit nie haar skuld is dat sy so onbekwame minister is nie, dis Apartheid se skuld. So wil iemand nie maar ‘n Minister aanstel wat NIE skole afgebrand het nie….
Categories: Sommer praat...
So hier’s dit Maandag.
En vanaand is die slot episode van Grey’s Anatomy. Ek voel sommer hoe die trane besig is om so stadig maar seker op te wel… maar vanaand sit ek my selfoon af, gryp ‘n pak chips en bak pop-corn en ‘n liter koeldrank of so en gaan absoluut net mooi flippen nêrens heen nie. Behalwe saam met my snacks snoesig onder ‘n kombers in. Ek wil/gaan die laaste episode van die reeks nie mis vir enige iets nie! So as jy ‘n super-sexy girl is, moenie eers daaraan dink om sonder klere by my huis op-pitch nie want jy sal dink ek is gay en jy sal voel jy het moontlik al jou sex-appeal verloor. (Oraait, nou nie dat hierdie juis ‘n algemene gebeurtenis is nie….
) Maar none the less… vanaand is dit ek en my TV. Ons het ‘n date. ‘n Serious date. Ek en die TV en snacks. En Grey’s. En ek voel nie eers ‘n bietjie skuldig nie. Okay? Okay.
Nou ja, die naweek was toe heel rustig terwyl ek dit ALLEEN saam met die kids spandeer het, geen groot gebeurtenisse om oor te rapporteer nie, ons het lekker gekuier en gespeel en Jordan is so slim soos die houtjie van die galg en (verbeel hy hom) ‘n meester op die gebied van pogings tot emosionele manipulasie. Sondae saam met my seuns behels baie gereeld ook TV en WWE so ek begin nou al actually agterkom wie is Triple-H en wie is Edge, ek ken nou vir John Cena en die Undertaker baie goed en ek weet Randy Orton en Batisda is gebou soos min, spierpaleise om mee rekening te hou. Verder is niemand amper swanger nie en die kids was happy en het al hulle kossies mooi geëet. Ek lei aan MSB en het sommer ook nog ‘n simpel verkoue iewers gekry en die huis lyk alweer asof ‘n orkaan die plek getref het, maar aangesien dit vanaand Grey’s is sal ek maar vir eers dit ignoreer en myself waarskynlik môreaand verwens. EK wou nie gisteraand te veel opruim nie want ek was eers besig met OWNED! op Facebook. O ja, as jy dalk wonder, ja ek het soms die geneigdheid om obsessive compulsive te wees oor goeters. Dit behels meestal ‘n girl in my lewe en haar besonderse kurwes, maar met die huidige omstandighede wat hulle is, (nee… moenie eers vra nie), is my obsessie op die oomblik om ‘n multi-miljoenêr op OWNED te raak. Mind you, ek is seker reeds een, maar soos die meeste ander dinge in die lewe is te veel van ‘n goeie ding absoluut briljant. Ek sê julle, as dit nie vir daardie application was nie het ek seker bittermin ooit op FB gekom. So die van julle wat hier lees en nie saam speel nie, jy is square okay. Hoop jy voel nou skuldig en kom join my…
Nou ja, hoop julle elkeen het een wonderlike week… wanneer is die volgende lang naweek nou weer?
Categories: Sommer praat...
For the girls. And women.

…is hierdie nou oulik?
Categories: Sommer praat...